WoodCrock 9: Die Watkykjy Spring Party hierdie naweek!

In Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

Ons gooi 'n moerse Spring Party hierdie naweek by Die Melkery (join die Facebook event). Jy skiet ons R120 vir die hele naweek of R80 vir Saterdag (sommer by die entrance) om 'n paar piele bands te check. Sestien bands om meer spesifiek te wees.

Bring jou tentjie en kom slaap oor. Daar is meer as genoeg camping. Jy kan 'n vleisie ook kom tan want daar is genoeg braaiers, maar as jy nie smaak van moeite nie, sal daar lekker kos ook te koop wees. Pak sommer jou cooler ook in of koop dop by die bar. Die keuse is joune. Jy kan Vrydag sommer al van 11 uur die oggend daar uitslaan as jy wil. Fok werk. Lekker chill op die plaas en so paar doppe kap. Dis hoe mens dit doen.

Die line-up vir die naweek
Vrydag begin bands 19:00 afskop en van daar af laat ons met hom loop tot die DJs 02:00 oorvat.

  • Liela Groenewald
  • Saarkie
  • Cortina Whiplash
  • Soil 7t7
  • SON
  • JackValve
  • Cutting Jade

Saterdag skop ons 15:00 af en dis hoe dinge gaan wees tot die DJs om middernag oorvat:

  • Old Oak Trees
  • The Devils Ribs
  • Kabaal Klankbaan
  • The Farradays
  • Empire Of Desire
  • Panjo The Missing Tiger
  • Johnny & The Bomb
  • Feed The Wolf
  • The Gimmy Pigs

Sondag
Wie weet? So paar van die band members wat nog kan staan of kan praat sal so bietjie acoustic vibes buite in die kuier area gooi. Pak maar 'n blerry merrie mix of twee in. Jy gaan dit nodig kry.
woodcrock
Bring bietjie ekstra skille saam as jy wil, want daar gaan 'n vinyl fair ook wees waar jy vir jouself so paar skaars plate kan aanskaf. Die bra gaan sy kredietkaartmasjientjie ook saamvat vir julle fancy ouens met kredietkaarte. Ons laat ook so paar kief limited shirt print volgens orders, so jy sal vormpies sien wat jou vra vir jou details en jou size by die bar, sou jy een wil bestel.

Directions:
Dis pretty fokken maklik – vanaf Joburg of Pretoria klap jy die R21 en dan vat jy die R25 en draai Bronkhorstspruit se kant toe. Na 8km draai jy regs by die "B&J Engineering" sign en volg die Melkery signs. Dis so 20 minute buite Joburg of Pretoria.
GPS vibes:
-26.032280, 28.347516
-26° 1' 56.21", +28° 20' 51.06"

Score tickets:
Feed The Wolf gee drie double tickets weg. As jy wil wen is daar twee maklike stappe vir hulle om wenners te kies teen Vrydag:

1) Volg Feed The Wolf op Twitter
2) Vra hulle baie mooi vir tickets en include die Facebook link na die pary: https://www.facebook.com/events/506244876117800/

Iets oos hierdie kan maybe die trick doen:
"Hey @FTWfeedthewolf, score my tickets na hierdie Watkykjy party toe seblief! https://www.facebook.com/events/506244876117800/"

Sien julle outjies daar. Dit gaan een fokken lekker party wees!

griffinWoodCrock 9: Die Watkykjy Spring Party hierdie naweek!

Gooi Comment