‘We’ve always wanted to do something heavy and something melodic and something crazy together’ – Wat Kyk Jy? interview Conduit

In Watkykjy Interviews deur Chopper Charlie3 Eiertjies

Dit voel gepas dat ek met Conduit chat backstage by die Assembly, dieselfde club waar hulle my die eerste keer impress het as opening band vir Fokofpolisiekar. Soundcheck vir die aand is gedoen en die band is op hulle gemak, alhoewel hulle bassist Vlam eers weg is vir 'n rukkie, blykbaar om 'n dop te kry. Die man se prioriteite is duidelik reg.
1
Behalwe vir Vlam, bestaan die band verder uit Natalie op vocals, Matt op dromme en Steve op kitaar – almal al vir lank involved in die Kaapse music scene en in verskeie bands soos Labyrinth, Spindle Sect (nou in die UK) en Witness to Wolves.

Volgens Natalie: "The thing is we've all been around each other for years and we've all been speaking about doing music together at some point. We've always wanted to do something heavy and something melodic and something crazy together because we've always been on the same wavelength."
2
En daai something heavy, melodic en crazy is duidelik Conduit – 'n four-piece heavy rock band met traces van alternative metal, progressive rock en befokte melodic overtones. Alhoewel hulle bands soos Tool, Deftones, The Mars Volta, Marilyn Manson, Khoma, My Ruin en Nine Inch Nails credit as inspirasie is hulle sound distinctly hulle eie en jy moet hulle eintlik live beleef om dit ten volle te ervaar.

Sê Matt: "What I really love about the band is that since we all got together to jam, none of us had any preconceived ideas or any songs in mind to do." Natalie stem saam: "It's just jamming. We just jam it up. Come up with stuff on the spot and if it sounds good, we keep working on it."
7
(Hierdie manier van liedjieskryf laat my onwillekeurig dink aan my onlangse Deftones interview, omdat dit ook die manier is waarop hulle skryf. Toevallig is die Deftones ook al vriende van forever af – baie soos Conduit. En dis 'n lekker manier om weer te spog oor my Deftones interview.)

Die Conduit klank is beslis anders as "gewone" Suid-Afrikaanse rock (of metal, God forbid) en beslis nie iets wat jy op fokken 5fm sal hoor nie. Ek wonder hardop of hulle bekommerd is oor commercial appeal en goed soos radio airplay.
6
Steve skiem: "It's not something that we consciously think about. The way I've always attacked any song is if I listen to the song on the radio or if someone played it to me, would I like it? And if I don't like it, I wouldn't want to play it." Eerbare intensies in 'n taai musiekbedryf.

Dis duidelik dat Conduit diep ernstig is oor die musiekskeppingsproses in die mees organiese, natuurlike en eerlike manier moontlik. Hulle keer telkens terug na hierdie onderwerp, hulle lag kliphard oor my voorstel dat hulle "baie technical" is en stel voor hulle word gedryf deur gevoel eerder as tegniek en hulle almal het gewone werke, juis omdat hulle nie wil hê dat die musiek net oor die geld moet begin gaan nie.

Natalie: "It comes through in our performance and you can see that we absolutely love what we're doing. We just want to play these songs the way they were written, the intention behind them, and we just love to play together. I can't think of any band before where I've felt this synergy. All of these guys bring something so special to what we do. We just keep on pushing one another and being a good support system. That's what I love the most and I think that sincerity comes out. People want to feel a part of that shit, you know."
3
Beslis. Soveel so dat die legendary musician en producer Theo Crous aangebied het om 'n paar songs vir hulle te produce by sy Belville studio. Dit na hy hulle net een keer gesien speel het. 'n Moerse kompliment vir 'n band wat maar omtrent 'n jaar aan die gang is. En wel verdiend, moet ek bysê.

Dié recording proses kan nog 'n rukkie vat though, en ons praat tien-teen-een van 'n 2014 release. Intussen is die groep besig om van hulle live shows te dokumenteer en daar is sprake van 'n live DVD. Fans word ook aangemoedig om hulle eie foto's en clips vir die band aan te stuur. Om dit te doen, moet jy actually jou gat lig, ophou kak soos Sewende Laan kyk en Conduit kom support waar hulle speel.

Volgens Matt: "That's what it comes down to. Us performing music that we wrote. You wanna hear us, come fucking see us!"

Dis juis hulle live performance waarop ek verlief geraak het. Dit trek jou in, klap jou teen die bors en vul jou kop met allerande wonderlike en vreemde gevoelens. Aangeblaas deur 'n energieke en intense delivery op die verhoog. Dis nie 'n act nie, hierdie dudes is 'n goeie geleier van gees. Aldus die groep se naam.
5
Natalie beskryf dit as volg: "When I perform the lyrics I feel I need to perform them at the intensity that they were created in my head. And the only way that I can do that is through expression, through my whole body and my voice."

Vir haar is dit PJ Harvey wat haar laat kliek het dis wat sy wil doen, veral haar beheer oor haar stem en die gehoor. Vir guitarist Steve was dit eerstens Twisted Sister se 'I Wanna Rock' (lekker dude!) en daarna 'n Lithium show (onthou hulle?) in Kaapstad. Vlam se eerste instrument weer, was 'n viool ('It sucked cock") alhoewel hy eerder 'n maatjie se elektriese kitaar sal onthou as die eintlike inspirasie om musiek te pursue. Matt speel al van skool af in punk bands. Legit.
4
Teen dié tyd is my mond heavy droog en ek verwens Vlam dat hy nie vir ons almal drinks gekry het nie. Blerrie bassists. Anyway, ek skiet 'n laaste vraag (Het hulle music training?) en dis die einste Vlam wat dinge opwrap.

"No, we're all self taught. It's for the love of the music. We might have been better musicians with tuition but the soul of the music would have been lost."

En daarmee kan niemand wat Conduit al gehoor het stry nie. Ons breek vir drinks…

(Foto's deur die Image Engineer)

Deel met jou tjommies!

    Chopper Charlie‘We’ve always wanted to do something heavy and something melodic and something crazy together’ – Wat Kyk Jy? interview Conduit

    Comments

    1. fief

      is daar enige plek waar ons hulle demos kan luister? hulle klink nogal soos n interessante band…..

    2. Chopper Charlie

      Yo dude, check hulle Facebook page uit. Daar's YouTube video's van 'n vorige show maar dit doen nie 100% justice aan hulle sound nie. Awesome live band.

    Gooi Comment