Wen ‘n epic roadtrip vir jou en die Oaks!

Na ons onlangse mission op in Afrika en met Oppikoppi vlak om die draai, het ons gedink dit sal kief wees om 'n lekker vet roadtrip weg te gee op Watkykjy omdat roadtrips heavy gees is. ‘n Man moet kan wegbreek. Mens kan nie net altyd graft nie. Ongelukkig kos die tipe van goeters zak, so ons het bietjie gaan bakhand staan om vir julle geldjies te kry vir hierdie mission.

Die mense by BACARDI Oakheart was moerse gaaf gewees om vir ons so paar Randela’s te skiet. Net so. Check, maybe kort jy ‘n holiday en jy’t klaar daai road trippie beplan. Al wat jy nou nog kort is ‘n R8 500 lassie by jou budget. Ons maak daai las.
oakheart_epic_roadtrip_post
Die prys:
R8 500 towards jou epic roadtrip, danksy BACARDI Oakheart
Plus R1 200 se epic tunes vir die trip op CD = Goeie fokken tye.
 
Hoe om in te skryf:
Moer maklik. Stuur vir ons 'n epic foto van 'n roadtrip saam met ‘n kort beskrywing waarop jy was na griffin@watkykjy.co.za, verkieslik ene van jou en jou pelle saam. Belangrik dat dit gees wys, so nie net 'n selfie van jou met 'n tas voor jou Tazz nie oppad V-Town toe nie. Blerrie nool.
 
Reëls:

  1. Die kompetisie is slegs geldig vir Suid-Afrikaanse burgers ouer as 18 jaar.
  2. 'n Foto van jou (of jy en jou vriende) moet ingestuur word as inskrywing vir die kompetisie. Dit moet jy in die foto wees. Ons sal vra vir ID proof om te check as ons wonder.
  3. Jou foto mag nie "drink en bestuur" bevorder nie. Ook nie mense wat so gesuip is dat hulle kots of hulself beseer of so iets nie. Hou dit skoon(erig).
  4. 'n Maksimum van een inskrywing per zefter, maar assefokkenblief gee net jou beste.
  5. Begindatum is 7 Augustus 2013. Sluitingsdatum is Maandag 9 September 2013 om 18:00.
  6. Finaliste en wenners sal deur Watkykjy en BACARDI Oakheart gekies word. Ons beslissing is finaal. Daar is net een wenner.
  7. Die prysgeld sal deur BACARDI Oakheart of hulle agentskap aangewend word om jou vakansiekoste (vir die roadtrip) te help dek, nie jou huis te betaal of 'n blerrie Xbox te koop nie. Die prys is nie verhandelbaar vir 'n kontantuitebetaling nie. Vergeet dit.
  8. Jou roadtrip (of vakansie) moet eenmalig gevat word, voor einde Desember 2013 of dit word verbeur.
  9. BACARDI Oakheart of Watkykjy kan nie verantwoordelik gehou word vir enige iets wat op jou roadtrip gebeur nie. Kyk mooi na jouself.
  10. As jy wen, stem jy in om nice foto's te vat van jou roadtrippie en dit vir BACARDI Oakheart en Watkykjy.co.za beskikbaar te stel vir promosionele doeleindes.
  11. BACARDI Oakheart behou die reg voor om die kompetisie terug te trek indien redelike omstandighede buite hul beheer dit vereis.


BACARDI Oakheart is 'n moerse lekker spiced rum wat oop loop saam met Coke. Hulle roep hom "Oak & Coke" en hy's smoky, smooth en soet met so vanilla klankie. Try hom, jy sal nie spyt wees nie.
www.facebook.com/bacardi
www.twitter.com/thebacardibat

Deel met jou tjommies!
Gefile in kompetisie. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

5 Comments

  1. yashupal
    Posted August 7, 2013 at 1:31 pm | Permalink

    kif

  2. Tshangela Siphosethu
    Posted August 7, 2013 at 2:42 pm | Permalink

    One of the sweetest Barcadi ever….Its so nice…more especially with the lady’s company.

  3. Stekel
    Posted August 8, 2013 at 3:16 am | Permalink

    Dit klink Be-fok. Maar wat is n Bacardi roadtrip sonder Bacardi? Gooi hulle darm n paar botties ook in die deal?

  4. Ron
    Posted August 13, 2013 at 9:15 am | Permalink

    Moet die roadtrip heeltyd in SA se borders wees? Kan dit bv gebruik word vir n trip Mozam toe einde van die jaar?

  5. griffin
    Posted August 14, 2013 at 12:12 pm | Permalink

    Aan Stekel: Yes, die BACARDI Oaks reken hulle sal 'n paar bottels Oakheart ingooi vir uitspantyd tydens die trippie.

    Aan Ron: Jy is welkom om Mozam toe te travel met die geld. Maar jy sal eers moet wen nê?

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>