Watkykjy nuus round-up. Week 35.

In Wat is nuus? deur Vent Venter1 Eiertjies

ANN7-persoon verdedig hul fokken kak kanaal
Raait, ons gaan sommer nou net aanvaar jy het al clips van die nuwe Suid-Afrikaanse “nuus”-kanaal ANN7 (405, DSTV) gesien. Of ons hoop ten minste so, want weens kopiereg-issues is die meeste van die hoogs vermaaklike (in terme van hoe ongoddelik, onkykbaar dit is) clips al van die joetjoeb af gehaal.

As jy nie het nie, fok, wees maar bly. Dis op alle vlakke ‘n ramp. Maar Sheena Deepnarain, een van die mense wat blykbaar daar “werk”, het ‘n moerse lang Facebook-post gemaak ter verdediging van die uitsendingsaborsie wat ANN7 is.

Jy kan die hele ding lees deur op die link hier onder te kliek, maar daar’s ‘n paar goed wat uitstaan. Hier’s een: “A lot of people who invest years of going to auditions, studying drama, journalism etc. turn to other careers, not because they want to but because they sadly have to.”

Nou, dis waar wat sy sê, maar dalk lê ANN7 se probleem dat hulle drama en joernalistiek aan mekaar gelyk stel (sommer met ‘n lekker vet fokken “etc.” daarby). Met werklik geen nydigheid nie gesê, dit wou voorkom in van daai clips of die nuusaanbieders nog nooit ‘n fokken koerant oopgemaak het nie. Die Australiese krieketkaptein het byvoorbeeld sommer met komplimente van ANN7 ‘n sex change ondergaan en “Michelle Clarke” geword (hy’s eintlik Michael, jy weet), sonder dat die aanbieder blykbaar enigsins gedink het dis vreemd. Dis wat gebeur as jy “etc.”-mense voor ‘n fokken kamera sit en hulle vra om te praat oor wat aangaan in die wêreld.

Ons by Watkykjy het talle vriende in die joernalistiek én die vermaakbedryf … ja, daar’s ongelukkig oral kak joernaliste, maar dié wat ons vriende is, besef dis poes harde werk waarin jy elke dag van voor af begin om jouself ordentlik op te voed voor jy ‘n woord skryf. Dieselfde geld natuurlik vir akteurs en aktrises … punt is, dis bloot nie dieselfde ding nie.

Wat’s daai mooi sêding uit Fight Club? “Sticking feathers up your butt does not make you a chicken.”

Skoenmaker, hou jou by jou lees … of in hierdie geval, eerder: by jou algehele gebrek aan lees. –  Channel24


Miley Cyrus skud haar boude by die VMA’s en die wêreld fok uit

Blablabla, OMG die verlies aan onskuld, dratie dratie, ensovoorts.
Dis nie fokken nuus nie. (Ons kyk met ‘n neerhalende frons in veral jul rigting terwyl ons dit sê, CNN).-  Die Internet

Tandarts wil John Lennon kloon
‘n Poesmal tandarts van Kanada het twee jaar gelede een van John Lennon se tande by ‘n veiling gekoop en hoop nou om dié legendariese musikant te kloon.

Die eerste vraag wat hier ontstaan is natuurlik hoekom de fok John Lennon se tand opgeveil is. Wel, blykbaar het hy dié vrotterige tand in die 60’s vir sy huishulp gegee (hoekom?!?!?!) en lang storie kort het die tandarts Michael Zuk dit vir net meer as $30 000 gekoop by ‘n veiling in 2011.

“To potentially say I had a small part in bringing back one of Rock's greatest stars would be mind-blowing,” het Zuk gesê.

Daar’s soveel fokken foute in daai gedagte, ons wil nie eens alles noem nie. Volstaan maar net daarby dat dit in die eerste plek nie “bringing back” is nie, maar cloning. Jissis, dokter Zuk. Maar kom ons veronderstel dit ís ‘n geval van “bringing back” … hier keer die man verantwoordelik vir “Imagine”, “Give peace a chance” ensovoorts terug uit die hiernamaals. “Het ek enigiets bereik met my tunes?” vra hy. Die wetenskaplikes scan so oor die headlines van onder meer Amerika wat Sirië moontlik gaan aanval weens die gebruik van saron gas in ‘n aanval op burgerlikes, wydverspreide onverdraagsaamheid tussen geloofsgroepe, enigiets wat in Suid-Afrika gebeur (en nié gebeur nie) …

“Uhm … wel, uh … hey, John, kyk wat het Miley Cyrus by die fokken VMA’s gedoen!” – The Examiner

Ugh
Dit was nou sommer ‘n fokken depressing roundup. Jammer. Hier’s ‘n befokte kortfilm wat ‘n ruk terug uitgekom het. As jy ‘n lekker verbeelding het en ook gesuffer het met poesboring onderwysers op skool, sal jy hierdie besonder lekker vind (kyk dit klaar).

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 35.

    Comments

    Gooi Comment