Watkykjy nuus round-up. Week 34.

In Wat is nuus? deur Vent Venter1 Eiertjies

Herro, ek’s ‘n fokken reeu, woef woef!
‘n Chinese dieretuin het die afgelope week tydelik gesluit nadat dit aan die lig gekom het dat hulle verskeie diere valslik as, wel, ander diere vertoon het.
 
Hoe het dit op die lappe gekom?
 
Die fokken leeu het begin blaf terwyl mense rondom sy hok gestaan het.
 
sunette racist bridgesDie hond, wat nes talle Afrikaanse popsterre opgedollie is om soos iets te lyk wat dit nie is nie en uitgestal is vir finansiële gewin, was in der waarheid ‘n Tibettaanse bulbyter.
 
Die dieretuin het ook twee bewerrotte as slange voorgehou en ‘n witjakkals in ‘n luiperd se hok gehou.
 
Die arme goed is seker nou fucked-up van die eksistensiële angs en noodwendige identiteitskrisisse … maar gelukkig is ons redelik seker diere is nie in staat tot sulke emosies nie.
 
Nes talle Afrikaanse popsterre. – Die Burger
leeu hond
 
Dapper, dom doos druk vurk in piel op, oorleef
Almal weet seksuele bevrediging is vir die meeste Australiërs net so ver soos die naaste dipbak, maar een Aussie was nie hiermee tevrede nie …
 
‘n Verslag is vandeesmaand in die International Journal of Surgery Cases gepubliseer oor ‘n Australiese man wat ‘n vurk vier duim by sy urethra (vir die Biologie-plukkers, dis die pypie waar die pis en kom en shit uitkom … OK wag, nie shit nie, tensy jy nogal ‘n fokken heavy probleem het) opgedruk het vir seksuele doeleindes. Dis net meer as 10 sentimeter. Uhm, eina!?
 
Obviously het die ou probleme opgetel en is hy hospitaal toe. Die dokters kon wonder bo wonder die ding uithaal.
 
Die nuusberig meld goddank nie of hulle die vurk vir hom teruggegee het, of wat hulle daarmee gedoen het nie. In fact, ons kan nie dink dat enigiets veilig is in daai ou se omgewing nie. Nie eens talle Afrikaanse popsterre nie.
 
Hmmm … (Vryf ken en tuur planberamend die verte in) – Huffington Post
ou vurkpiel
 
Beezow Doo-Doo Zopittybop-Bop-Bop weer in hegtenis
Kyk, dis heel verstaanbaar dat sommige mense hul name wettig wil verander. Sê nou maar jou psycho ouers het jou iets gedoop soos Adolfhitler, Poessilia of Johan. Nee man, mens moet mos kan wegkom daarvan.
Jeffrey Drew Wilschke het in 2011 vir een of ander rede besluit sy naam is kak en hy wil dit laat verander. Wat was sy keuse? Wel, onder “naam” op sy ID staan daar nou Beezow Doo-Doo Zopittybop-Bop-Bop.
Jy kan kliek op die link hier onder as jy wil sien, hy het een of ander stupid verduideliking daarvoor, ons gaan nie daai misplaced hippie-kak hier plaas nie. Buitendien vermoed ons hy channel net vir Bill Cosby of iets fokken weird soos dit en ons wil nie met heksery speel nie.
Anyway, hy’s verlede maand weer in hegtenis geneem nadat hy in 2012 ook in die zop was oor dagga en ‘n versteekte wapen.
Ai, die Beezow Doo-Doo Zopittybop-Bop-Bop van ons, darem. – Huffington Post
stupid fokken hippies
 
Man tweet vir weed, verloor sy werk
As jy hierdie post lees, aanvaar ons jy weet min of meer hoe die internet werk. Wel, hoe om dit, like, aan te sit, ten minste. Min of meer almal kan dit doen … behalwe natuurlik die meeste suckers in arm, derdewêreld-lande. Hahahaha! Poese.
 
Nee jirre, nou voel ek sleg oor daai joke … anyway, blykbaar snap party mense nie dat Twitter ‘n openbare platform is nie. Soos in, as jy iets daar post, kan mense dit sien. Almal wat wil. Dink aan Twitter as die stoep by die drankwinkel in die hoofstraat van ‘n klein, fucked-up dorp.
 
Een ou wat dié konsep nie heeltemal kleinkry nie, was ‘n mechanic van Toronto, Kanada. Hy’t getweet: “Any dealers in Vaughan wanna make a 20sac chop? Come to Keele/Langstaff Mr Lube, need a spliff or two to help me last this open to close (shift).”
 
‘n Skerp polisieman het die tweet gecheck en reply: “Awesome! Can we come too?”
 
‘n Kort gesprek het gevolg. Die polisie het blykbaar besluit dit sal ‘n bietjie van ‘n mors van hul tyd wees om ‘n lokval vir dié idiot te stel en het eerder net sy baas in kennis gestel van die situasie. Die baas het nie gehuiwer om hom te fire nie.
 
OK, ons kan nie met sekerheid sê of die SAPD al van Twitter gehoor het nie, maar speel dit maar veilig, julle. Werk is skaars. Drugs nie. Die samelewing is fantasties. – IOL
dumb ass

Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 34.

Comments

  1. BokBal

    By ons op skool was 'n ou genaamd Poepol van der Merwe. Met sy 1ste paycheck het hy sy naam laat verander. Hy sê die gespottery het oornag in die niet in verdwyn.
     
    As iemand vir Poepol Louw ken, sê vir hom ek stuur groete.

Gooi Comment