Watkykjy nuus round-up. Week 33.

In Wat is nuus? deur Vent Venter2 Eiertjies

Dronk vrou bitch-slap polisieperd
OK, omtrent die hele Watkykjy-span was die naweek by Oppikoppi, so laat ons nie die eerste klip gooi oor gedrag tydens dronkenskap nie. In fact, as hierdie storie by Oppi afgespeel het, sou dit waarskynlik leliker uitgedraai het (Griffin sou dalk iets met daai drum sticks kon aanvang).

Diane Harvey (48) het op ‘n sypaadjie in Houston, Texas, gesit met ‘n lekker vol beker bier in die hand, reeds bietjie gesuip. Toe ‘n polisiebeampte op ‘n perd verbykom en haar tune om dit leeg te maak, het sy in ‘n (in haar kop) poëtiese fok-jou-beweging verder daaraan gedrink, opgestaan en weggeloop. Die cop op die perd het tot voor haar gery om haar te keer. Sy’t toe gereken die mees logiese ding om te doen, is om die perd deur die gesig te bitch-slap. Die cop het nie gehuiwer om haar in hegtenis te neem nie.

Die perd is blykbaar getrain om nie te reageer as ‘n dronk, deurmekaar, kwaai vrou hom bitch-slap nie (fisiek of sielkundig).

Die perd is dus ‘n Afrikanerman van Somerset-Wes. Shame. – Chron

Robot met emosies verloor sy shit
Hey, jy, ramkat, dink twee keer voor jy jouself aan jou gunsteling-stripper voorstel as ‘n “love robot” wanneer jy daai tweerand-coin in haar broekie glip. As sy haar shit ken oor liefde en robotte, gaan sy sommer vinnig vir Boris roep om jou uit te smyt (jy’s welkom om jou line op Boris te probeer, kyk hoe werk dit uit en laat weet ons).

Navorsers by die Akimu Robotic Research Institute in Toshiba was nogal amped toe hulle ‘n robot, Kenji, vervaardig het wat in staat is tot menslike emosies, vernaam liefde. Hulle het hom met ‘n klein pop condition om die ding te cuddle en besorg te raak daaroor. Liefde is dus niks meer as goeie beplanning en manipulasie nie. High five, almal!

Dinge het egter, nes met regte egte mense, begin skeefloop toe sy “gevoelens” buite beheer geraak het. ‘n Vroulike navorser het in ‘n stadium baie tyd in Kenji se enclosure begin spandeer. Hy’t só lief vir haar geraak dat hy haar nie wou laat uitgaan nie – met sy groot robotlyf het hy in die pad van die deur gestaan en haar aggressief begin drukkies gee. Die vrou moes ander navorsers roep om die robot te kom afskakel weens sy klouerigheid.

Kenji is dus ‘n Afrikanermeisie van Pretoria. Shame.- Realitypod

Dealer vra cops om sy gesteelde dagga te vind
“911, state your emergency.”
“Ja, bru, my flippen dagga was swaai’d from my pozzie. I’d be lank stoked if you okes can find it for me, hey.”

Okay, dis nie heeltemal hoe dit gegaan het nie. Morgan Trapp (19) van Tennessee het ‘n klomp dagga, geld en ander shit in sy kluis gehad. Dié kluis is uit sy huis gesteel en hy’t die cops in kennis gestel. Die kluis is opgespoor en hulle’t hom laat weet om dit te kom kry by die polisiestasie. Gnarley.

Ongelukkig vir Trapp het iemand van die honde-eenheid gecheck daar’s iets verdag in die kluis. Hulle het Trapp gevra vir die kombinasie. Hy’t geskiem niks slegs kan hiervan kom nie en dit vir hulle gegee. Die cops het die kluis oopgemaak, omtrent ‘n halwe pond dagga gevind en Trapp in hegtenis geneem.

Hy is dus ‘n dom poes. Shame. – WGNS radio

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 33.

    Comments

    1. EKKE

      Maak nie n fok saak nie, ek stem saam met die stelling dat liefde net beplanning en manipilasie is en een of ander poes is tog n robot of puppet op die ou einde.

    Gooi Comment