To live is to die, ook bekend as Standerd 9 in Vereeniging

In Snotstories deur Chopper Charlie18 Eiertjies

Kyk, standerd nege is nie speletjies nie. Weet nie of dit al verander het nie, maar in my tyd het almal getune standerd nege is die ene om voor te watch. Die Bakkies Botha van standerds. Die ene wat jou eina maak. Die ene wat jou skelm in die skrum bykom. Matriek is blykbaar 'n breeze na jy standerd nege oorleef het, tune die ouer kinders ons destyds. Blykbaar.

Nou standerd nege in Vereeniging is ook extra special, soos jy maar kan imagine. Al die seuns raak mos lekker dik rammetjie uitnek met al die polsende hormone en natuurlik staan die dooslike hoërskool onnies (basically almal insecure en aggressiewe Apartheidsera etterblapse) nie 'n fok daarvoor nie. Soos een poes getune het: 'Ek is nie bang om hof toe te gaan nie. Ek het by 'n swart skool gewerk, ek slaan middeldeur!' Klas. Altyd klas in Vereeniging.

Om nog brake fluid by die chloor te gooi, was ek in standerd nege te midde van puberteit. Lekker pizza op die wange, stem soos 'n hiëna met 'n verkoue, growth spurts oornag en skuim spurts teen my lakens, sommer ook oornag. Kry vir jou ou puisiegevreet. Verduidelik daai vir Ma… Lekker fokken blind.

En dan nog die metal… Jy sien, ek het al van standerd vyf af geflirt met 'n 'Appetite for Destruction' maar hier standerd nege rond toe trek ons al by Slayer, Carcass, Death, Sepultura, asook Metallica pre-Black Album. En dis onder andere waaroor hierdie ou staaltjie gaan.

Die metal. Daai wonderlike sexy, donker dame met die baie tattoos wat ons zef laaities in V'town geselskap gehou het deur die storm-en-drang van ons tienerjare. Daai onstuitbare krag wat ons saamgesnoer het as die 'Satanistiese kliek' wat swart klere en Docs Lentedag toe dra en Anarchy signs teen die pawiljoene uitgekrap het met passers. Die einste metal wat 'ons lewe verwoes het' volgens een eks-vriend toe ons nie as prefek gekies is nie. Goeie tye.

En so was dit dan ook dat die metal my winkende loopbaan as publieke spreker keelaf gesny het. Soos 'n kat s'n by regte Sataniste se braai (gewoonlik in Sasolburg of Oos-Londen). So 'n belowende en sprankelende toekoms in die donker kiem van negatiwiteit gesmoor. Ek verduidelik…

Na klein Chopper die eerste keer in Graad 1 'n sertifkaat (met 'n A+ nogal!) in die Vereeniging Stadskouburg gewen het vir 'n kak rympie oor Batman en Robin, was hy maar altyd betrokke in die publieke sprekerskringe. Moeilik om te glo, maar dié klein kokkelol het daarvan gehou om kak te praat en voor op die wa te wees. Kan jy dit fokken glo?

Klap ek toe hoërskool en try uit vir die Redenaarsaande. Word dadelik gekies, sommer Engels en Afrikaans, en wen pryse en kak. Big fuckin' deal. Kak pryse. Altyd. Maak naam as die klein outjie wat so snaaks is en lekker met homself spot. (In standerd 7 het ek byvoorbeeld myself met John Rambo vergelyk. Tannies het gepoep van die lag. Dit was fokken legit.)

As permanent fixture op die Redenaarsaand elke jaar was daar dus geen kwessie of ek sou deelneem in Standerd 9 nie. Ek is mos die klein, snaakse outjie wat ouers laat kraai van die lag. Mos. Maar dit was voor die metal, sien.

Want daai donker dag toe staan ek op in die Standerd 9 Engelse klas om my speech voor te dra (wat sou bepaal of ek deurgaan vir Redenaars). 'n Blote formaliteit. Gewoonlik. Maar nie dié dag nie. O nee.

Met 'n somber stem kondig ek my speech se naam aan: 'To live is to die…' en wag so 20 sekondes vir die losers in my klas om te besef ek fokken speel nie. Ook die juffrou. Hierdie kak is fokken serious. Julle sal luister.

(Nou vir dié wat nie weet nie, 'To live is to die' is die naam van 'n Metallica tune van die album '…And Justice For All' af. Dit gaan basically oor hoe disillusioned die skrywer is met die lewe en wens hy was eerder fokken vrek. Die mede-skrywer van die liedjie, Cliff Burton, was Metallica se bassist tot hy self gevrek het in 'n toerbusongeluk net voor die album. Profetiese kak. Ek post die woorde hier onder vir julle. Dis baie metal.

    When a man lies, he murders some part of the world.
    These are the pale deaths which men miscall their lives.
    All this I cannot bear to witness any longer.
    Cannot the Kingdom of Salvation take me home?)

Na my dramatiese opening launch ek toe in 'n 15 minute downward spiral of death and depression in. In retrospek dink ek my hormone, die metal invloed en die Vereeniging faktor het perfek gekombineer om 'n toekomsblik so swart soos Metallica se volgende album – die Black Album – te verf. Fokken alles swart. Pikfokkenswart.

In kort het my speech gegaan oor die futiliteit van die lewe. Ons word gebore om dood te gaan en doen ons bes om bietjie pret te hê, maar dis doelloos en misguided. 'n Mors van fokken tyd. Jy kan net sowel jouself vrekmaak, dit gaan anway gebeur. Heavy diep. Heavy goth. Heavy metal. En heavy skokkend vir Vereeniging Hoërskool in die vroeë nineties.

(Veral 'n Vereeniging wat onlangs deur daai loser Rodney Seale besoek is om te preek oor die evils van rock en roll. Daai's 'n storie vir 'n ander dag…)

Ek sluit toe ook af met 'n quote uit die Metallica tune uit (hoe dan nou anders?): 'All this I cannot bear to witness any longer. Cannot the kingdom of salvation take me home? To live… is to die…'

*kriek-kriek-kriek*

Ek onthou nog die oopmond babergesiggies van Standerd 9/1 en die simpel juffrou se geskokte stilte. Dit, en die merkbare afgryse en naakte vrees op haar gesig. Dis asof die klaskamer 'n begraafplaas buite is en ons almal is geklee in swart en ons staan en huil onder swart sambrele terwyl dit liggies om ons reën. Oor die lewe. Wat in die kis lê. So jonk, so dood. Tragies.

*kriek-kriek-kriek… stoelpoot trek skril oor vloer*

Ek gaan sit toe maar terwyl my klasmaats ewe skielik moet deal met die swart hond van selfhaat en die donker wolke van depressie. Vat so fokkers! Kry vir julle. Lekker Standerd 9. Once.

Die juffrou besluit sommer op die spot hierdie kak sal nie deug nie en reken onmiddellik my speech is te morbied vir die gees van die Redenaarsaande. Maar omdat ek so goed speech is sy bereid om my te laat deelneem mits ek my speech oor iets anders maak, jy weet, iets lig en humoristies. Soos my vakansie of iets poes.

Hiervan was daar natuurlik geen sprake nie. 'To live is to die…' was myns insiens my crowning achievement, die beste ding wat ek nog ooit gedoen het. Kon die naaiers nie sien hoe briljant dit is nie?

En so skop die klein small-town marabsie wat metal luister vas teen die Establishment vir sy oortuigings en verbeur sy kans om simpel mammas en pappas te laat lag tot die flou tee by hulle neusgate uitspuit by die Redenaarsaand.

Ai die metal darem…

Hier is Metallica se 'To live is to die' live:

En hier is die liedjie op klavier. Dis omtrent hoe goed my Standerd 9 speech was in vergelyking met die oorspronklike liedjie.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieTo live is to die, ook bekend as Standerd 9 in Vereeniging

    Comments

    1. Kaptein Kortbroek

      Fok, hieride blog kort 'n like button wat ek mens faktap kan druk.

    2. Mossel

      Legit song. As ek daar was sou ek opstaan en hande klap, maar ongelukkig was ek pasgebore in die vroee nineties. Metal. Once.

    3. EKKE

      En nou is die Tek ook nog op Vereeniging hoer afgepak, wonder hoe morbied die onderwysers en sonderwysers nou is?

    4. Mamparra

      You come here to die?? No, I come here yesterday!!

    5. Kaaskrul

      Ek soek ook die like button….. Ek is n Vuildriehoeker….en more so n Sasolburger…. nou wil ek weet na al die jare nog steeds…. waar de fok het die sataniste uitgehang in Sasolburg? Vir my is dot soos die elusive unicorn…almal weet van hom maar niemand het hom nog gesien nie…. lol…good memories…thanks!

    6. Minora

      As 'n individu wat self in die negentigs in Vereeniging grootgeword het met 'n jonger boetie wat al wat 'n redenaarskompetisie gewen het, sit ek en wens jou juffrou het jou die geleentheid gegee om voor die ouers die toespraak te lewer.  Ek onthou die eindelose toesprake oor die morele verval van die samelewing – dekadensie was die groot woord wat die sprekers daarvoor gebruik het.  Ek onthou die teleurstelling elke keer as ek hoor my klein boetie het weer gewen want dit het beteken hy is deur na die streek/landsfinaal toe wat net nog 'n aand van marteling beteken het.
      As hulle net ouens soos jy kon laat praat sou ons eerlike toesprake gehoor het, nie kinders wat bloot die gedagtes wat hulle ouers op 'n stukkie papier neergeskryf het op klein kaartjies oorgeskryf het en gememoriseer het nie.  Dit sou definitief meer toeskouers gelok het en die aande vir mense soos ek, wat deur ouers gedwing is om my klein boetie te ondersteun, meer draaglik gemaak het.  Ek wens ek kon die preutse mense by die redenaarsaande se gesigte sien na so 'n toespraak!

    7. Jagter

      Ha. As 'n oud boorling van Sasolburg kan ek nogals relate. Ons het so elke nou en dan Vereeniging toe gegaan vir so bietjie kultuur.
       
       

    8. Chopper Charlie

      Dis vir my lekker dat oud-Vuildriehoekers hier in Watkykistan kom uitspan. Damduikers unite!

    9. Jagter

      Wat was die deal gewees met daai deur die kak onnies?
      Ek vermoed daar was een of ander apartheid regerings program waar hulle al die fokkers van die grensoorlog wat te erg bomskok of bosbefok was om in the regte wêreld aan te pas na die onderwys kollege toe gestuur het.
      Lanklaas in die geskiedenis was daar 'n groep mense wat meer uniform poesagresief,dom,ignorant,disipline befok en deur die kak, maar tog met welige snorre was.
      In vandag se dae sou 90% van my  hoërskool onnies in 'n gestig opgesluit gewees het. Of in die tronk.  En hulle was nogals verlig in vergelyking met die laerskool klomp. Ek dink die regte rejects was laerskool toe.
      Of dalk was dit maar 'n vaaldriehoek ding. 

    10. Chopper Charlie

      Ek hoor jou Jagter. Ons een Houtwerk onnie het byvoorbeeld sy Fox Terrier puppy met 'n R4 by die koshuis doodgeskiet na die dingetjie sy been gebreek het. 100% fucked up shit.

    11. valie

      ja, die goeie ou dae van metal. was self in die laat  90s in die tek. toe dit nog so called manne was. nou is daar net Bieber look-alikes. 

    12. EKKE

      Ou Valie die tek is nie meer nie. Fis nou n swart akademiese skool.

    13. Root

      'n skool pel  van my het by ons reunie gese: "Hoe laat jy ou Nel (onderwyser) huil?"
      "Wys hom jou pay cheque" Haha

    14. Lizelle

      ek onthou…. die stilte, skok en weemoed! Legend gewees!!

    15. Lindie van Zyl

      KAK SNAAKS!!!! EK KAN NIE GLO EK HET DIE OPSKUDDING IN STANDARD 9 GEMIS NIE!!!! NET ‘N PAAR KLASSE DAARVANDAAN IN 9/4 HET ONS GEVREK VAN VERVELING….

    Gooi Comment