Ruggas vs Oppikoppi.

In Oppikoppi, Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

So fok rugby die naweek, ons gaan gou so bietjie Koppi toe, en shit.

Okay, join dalk solank ons pool en maak ‘n paar picks:
http://www.superbru.com/curriecup/pool.php?p=11111468
Pool name: Duidelik  Pool code: fueldate

Terwyl ons daar is, moerse congrats aan Super Jacques wat Duidelik met ‘n score van 125.75 sowat 496 van julle se gatte geskop het. Flaff, die tjerrie van Vrystaat is tweede met ‘n balhaarbreedte op 125.25 – ouens, daai is fokken toit.

Super Jacques het die manne gered en, unlike die span wat hy support, was hy heel solid hier teen die einde van die seisoen. Play-off rugby pappa. Bad luck vir die Cheetah boys en girls wat bykans die heel seisoen gedominate het.

Nee donner, dit was soos gister die Super Rugby final, more begin die Currie Cup en oormore die Championships. Imagine hoe moertoe die average slot se lyf teen die tyd wees. So paar jaar terug kon ons nog sê gooi die laaities in, maar hulle jol deesdae either Varsity of Vodacom Cup.

Seriously Sanzar, ek kyk veel eerder ‘n titaniese stryd tussen die Griewkas en Sharks in Durbs (3uur kick-off) voor ek ‘n nog ‘n Waratahs Rebels rondplons moet verduur. Ironies genoeg behoort die Poubloues ‘n groter skare te trek sou die Sharks in Kimberley pitch. Bring eerder die Pumas en Luiperds terug, of maak ‘n plekkie vir die Kings wat nog al die pad in die eerste divisie rondtos. Julle Sanzar outjies met die duur karre en min harre…

So gepraat van bleskoppe, jy al gecheck hoe verlig jou Lions tjommas is. Hulle het mos gaan ver wen teen die Kings. Fok tog, dit was nou vir jou ‘n weird experience op Ellispark. Buiten die feit dat ek heeltyd “Koppi” instede van “Lions” geskree het – een bra het geskiem hy gaan vir die Kings skree toe skiem hy gou dis beter om te sharrafuckup voor hy gepoes word – was dit mal om te check hoe doen dudes ‘n victory lap nadat hulle verloor het. Die maskot het even ‘n laminated sign in sy hand gehad wat iets soos “the free ride is over” getune het. Daai game was so toit soos ons pool.

Voor die game het DJ Deurikak vir ons Rocky motivational speech clips ten minste tien keer maak luister. Moerse windgat vibes. Final score: Die Kings en Lions het hulle fans actually gedrop deur tuis te verloor.

Luister niemand meer vir Naas “You have to back the home team” Botha nie? Dis soos Super Rugby vir dumb-asses.

Nietemin, dit was ‘n solid warm-up vir wat die naweek dalk voorlê. Die fans op Ellispark is ‘n special klomp. Daai manne met die old-school Xerox truie wat al 20 miljoen keer gewas is en die tjerries van Boksburg met rokkies wat tot winterslippe kan lei. Dit was lekker om weer in Jozi ruggas te kyk en die feit dat die Lions verloor het, well honestly… dit het dit presies soos ‘n gewone Super Rugby gevoel.

Ek hoop en bid die Lions trek ‘n Cheetahs move en maak hulle fans bietjie trots met ‘n paar solid oorwinnings in games wat saak maak. Games soos byvoorbeeld die naweek teen die Spoedkatte.

Hier is ons rappie picks en die bands wat by Koppi roll.
Vrydag
7.10 Gangs of Ballet se set op die James Philips Main Stage
Sharks v Griekwas
Korbroek: Dalk wen Griekwas met so 5. Ek sal dit like.
Griff: Ek is klaar by Oppikopi, ek gee nie ‘n fok om nie.

Saterdag 3uur – presies wanneer die Anti Retro Virals op Wesley’s Dome Stage Jam
Lions v Cheetahs
Kortbroek: PVR vir my die een want dit mag dalk net awesome wees. Cheetahs met 16 van die bestes.
Griff: Ek PVR fokol rugby die naweek nie. Fok rugby, dis Oppikoppi.

Saterdag 5uur – so saam Red Huxley Unplugged oppi Ray-Ban Top Stage
WP v Bulls
Kortbroek: Province met so 12. Want Chopper Charlie kyk vir julle.
Griff: Ek kan jou nie fokken hoor nie!

Ek hoop die bal bounce befok in jou favour die naweek. Onthou Deftones is nie vir klein kinders se oortjies bedoel nie. Oppi-fokken-Koppi!
lions

Hierdie post is 2 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 24,792 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Kaptein KortbroekRuggas vs Oppikoppi.

Comments

  1. Stekel

    Oom Kortbroek
    Julle het nou lekker gesuip die naweek. Back to business. Het julle n SuperBru pool vir die 4 Nations?

Gooi Comment