Ref, ref, hoe laat is dit?

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Fokkit, ek was lus om in my rok te kak oor die refs wat ons vanjaar in beide Super Rugby en Currie Cup net bly rondfok het, maar kom ons los daai een vir 'n ander dag. My bloeddruk sal dit nie vir 350 woorde hou nie.

Ek wil wel vir ou refbaas Andre Watson 'n pluimpie gee dat sy troepe daai sot van 'n vyf slot by die Bulls uitgewys het nadat hy sy beste Bakkies impersonation laasweek teen die Kwaste gelewer het. Dit maak my so bly as daar 'n bietjie justice vir blatante vuilspel is. Dat daar nie 'n rooi (of ten minste 'n geekaart) uitgeruk is tydens die game nie wek heavy kommer aan die kant.

O wag, ek sit die pot mis. Niemand is uitgewys nie, want dit gaan mos oor die span met die meeste zak en die beste laywers. Fok die replays en footage wat beskikbaar is. Julle laat my wonder of iemand nie voor die game besluit wie moet wen nie. Gelukkig het ou Hatting lank vir die Lions gejol so hy sukkel om shots in 'n nat waslap te bliksem.

Op daai punt, congrats Super Sport, julle begin dik heavy SABC vibes gooi. As die game 80 minute aangehou het is dit 99% van die tyd klaar, nie halftyd soos ons hier moes sien nie.
Check vir StupidSport, lyk of iemand job by ANNA7 soek.
stupid sport fail

At least weet julle nou ons let so nou en dan om in die klas. Let's face it, die enigste rede hoekom ek (en hier is ek noddefok alleen nie) 'n kakhuis vol geld aan DSTV betaal is om sport te kan check, so fokus bietjie boys.

Net so voor ons weer linkerbal vir die naweek se games uitruk wil ek net 'n friendly warning aan my mede Bok ondersteuners rig: ouens ons het nou wel meer as 70 punte op die bord gesit, maar ek is steeds nie so seker ons kan al aan sukses teen die Kiwi's begin dink nie. Tot voor daai eerste geelkaart wat die Pumas afgestaan het, het ons nie soos die tweedebeste span in die wêreld gelyk nie. Inteendeel, ek wonder hoe dinge sou lyk as ons eerste drie nie deur die ref gescore is nie. Ons lyk goed as ons op die voorvoet kom, maar ek worry as die pressure op ons is. Dan moet ek ook vir die eerste keer in 'n lang tyd met Snake White saamstem oor die kwessie van spelers wat oorsee jol en dan Boktrui kry. Donner, dit was lekker om Fourie du Preez weer in aksie te sien, tog kan hierdie oopdeur beleid tot groot kak lei.

Okay piele, hier is ons humble picks vir die naweek se ruggas. En onthou, volgende week gooi ek en Griff live R-rated Rugby Commentary by WoodCrock 9 so sorg dat julle daar is. Dalk paas ek voor dit uit, maar at least is daar piele bands.

Right. Hiers hy nou.

Vrydag
Cheetahs v Sharks 19:10
Kortbroek: Cheetahs met so ses van die bestes want Trevor is fokken honger
Griff: Ek gaan 'n skeptiese oorwinning van 3 waag vir die Cheetahs

Saterdag
All Blacks v Ozzies 09:35
Kortbroek: Maklik so 20 punte vir die All Blacks, want donner die Ozzies like van swaard sluk
Griff: Ek gaan hierdie een vir die All Blacks gee met so 12

Kwaste v WP 15:00
Kortbroek: Eerste home game vir die Kwaste so ek skiem hulle kan hom wen. Met so drie.
Griff:  Ditto!

Bulle v Lions 17:05
Kortbroek: Bulle met so 10, dalk meer want hulle was kak lucky om die Kwaste te beat laas week.
Griff: Fok my SuperBru, dis in elk geval gefok. Ek weet die Bulls gaan met omtrent 12 wen, maar ek gaan die Lions back met 6.

Bokke v Pumas 21:10
Kortbroek: As ons regtig so goed is soos ons skiem ons is behoort ons met ten minste 15 te wen. Onthou boys dis 'n away game en ons skrum nie die keer vir Madiba nie.
Griff: Elke keer as ek die Bokke back met 'n moerse score kak ek af, so kom on gaan vir Bokke met 9 punte.

As jy nog nie het nie, like bietjie die Kortbroek Vleisbroek page. https://www.facebook.com/kapteinkortbroek
Lekker ruggas en elke ding.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekRef, ref, hoe laat is dit?

    Gooi Comment