Oppikoppi virgins, kom staan in ‘n netjiese ry hier voor my…

In Oppikoppi deur griffin6 Eiertjies

Staan regop en haal daai kloue uit jou sakke uit! Is jy besig om blerrie pinball te speel? Jy sal later alleentyd kry saam met daai outjie in die koue stort – hy gaan net baie vuiler wees.

Laat ons kyk wat het jy in jou kar se boot… Aah! ‘n Tent! Goeie werk. Hoop jy’t al die penne, pale, seile en shit onthou. Double check daai outjie voor jy fokof. Ek sien jy’t ‘n kampstoel ook. Mooi so. Bonuspunte as hy ‘n drinks holder aan die kant het. Jy gaan baie sit. En meeste van die tyd in jou kampplek. Hoe weet ek dit? Kyk al daai fokken drank wat jy ingepak het. Gooi die ys uit daai groot cooler – jy kan die klein 6 pack coolertjie volmaak vir wanneer jy klaar jou kamp opgeslaan het. Jy sal ys kan koop net voor Koppi se entrance, so moenie daaroor komkommer nie, pa se groot seun.

Is daai een van daai fancy thermal slaapsakke? Nice, man. Jy ken die trick né? Jy slaap kaal in hom. Jou lyf se hitte en die slaapsak sorg vir die res. As jou eiers teen jou blaas opkruip hier teen 4am het jy ‘n madjat slaapsak gekoop. Of dit of jy’s moontlik single. En dalk lelik. Binne en buite. Pak maar ‘n duvet ook in, hoor?

Zip daai tas oop laat ons sien wat jy gepak het… Nooit ou, daai is nie naastenby genoeg onnas nie. Jy het 4 stelle onderklere nodig. Een vir elke dag en ‘n extra enetjie vir daai onverwagse modderotter wat gaan prairiedog omdat jy dronk probeer kos braai het oor ‘n oop vuur. Vat maar eerder meer geldjies, ou vriend. Daar is baie kosstalletjies. Los die spuities vir die mense wat nie ore het nie.

Kom ons kyk wat is hier onder die handoek… Ek sien so paar lekker dik wolkouse… ‘n Dik baadjie… Fok ou, het jy net jeanpants ingepak? Jy weet dit raak kakwarm deur die dag? Gooi shorts en shirts in. Twee t-shirts sal doen – jy kan Oppikoppi shirts en allerhande bands se kak by die stalletjies koop. Nee, los daai plakkies! Jy gaan met dit stort, tensy jy ander marabse se voetkwale soek. Gooi net ‘n ekstra paar tekkies in die boot. You never know. Ek sien jy like van velkanker en doodbrand op ‘n hangover. Dis jou call, maar ek sal sunblock, ‘n cap en sonbrille inpak. Vat jou duurste sonbrille, want ek wag dat jy dit verloor. Ek soek juis ‘n lekker paar.

Maak oop daai badkamersakkie laat ons bietjie kokkenodge… Poes die sjampoe weg, poes die die seep weg en raak onstlae van daai zol. Dink jy die honde by die roadblock gaan dit nie ruik nie? Fokken aap. Nee, hou die shower gel. Dis al wat jy nodig het. Ja, haal die skeermes uit  – jy gaan nie vir ‘n maand weg nie. Waar is jou tooth paste en tandeborsel? O daarso onder twee pakke Essentiale. Hoofpynpille, pappie, waar is jou fokken hoofpynpille? Jy kort ook so paar sachets Rehydrate. O ja, en plak net ‘n stickertjie oor daai ‘supersmall’ op jou effies, tensy jy jou hand wil naai.

Hey, jy daar agter by die motorbike – jy gaan nie ‘n fok by Oppikoppi ingelaat word met ‘n bike nie. Reël ‘n lift saam met hierdie dom chick hier voor wat al haar duurste klere ingepak het. Dit lyk darem of sy ‘n kakhuis vol wet wipes en witgoud ingepak het. Organise net so bietjie ordentlike tunes vir haar. Jy gaan nie ver kom met Bump vol 47 nie. In fact, jy gaan glad nie kom nie.

OK, julle tarragopsies, for the most part lyk dit of julle redelik goed ingepak het vir Oppikoppi virgins, maar nie een van julle het ‘n bandanna of ‘n dust mask ingepak nie. Weet julle hoeveel stof maak 44 duisend voete wat tussen die stages dronk rond drentel? Fokken baie. O my siel, daar’s ryke stof! Maar dis jou keuse. Sommige mense vind swart longe en teersnot sexy en wil dan sommer broeknaai.

Hier is vir julle so paar general tips om die lewe makliker te maak:

  • Daar is nie kaartjies by die hek te koop nie.
  • Slaan jou tent op voor jy in die drank begin inklim soos ‘n Swartklipinwoner. Dis ‘n fokken mission om dit in die aand te doen, want dan het jy een van daai kopflitse nodig.
  • Wanneer jy jou kar gepark het, fokken los hom uit vir die res van die naweek. Love thy neighbour.
  • Karsleutel in boot toegeslaan. Bad. Karsleutel met lanyard om nek. Good. Spaarsleutel om buddy se nek. Eerste prys. Andersins: Hulk smash!!!
  • As jy besluit om musiek poeshard uit jou boot te speel, doen dit asseblief na 11am vir 4 ure op die eerste dag sodat jou kar se battery vrek en niemand jou help om dit te charge nie, want jou musiek is tos en jy’s ‘n doos.
  • Vat ‘n swartsak of drie saam om jou kak weg te gooi. Daai blikkies wat jy aan die bome se takke hang is about so snaaks soos Sunette Bridges se uitlatings. Onthou, dis iemand se actual plaas, nie jou fokken dumping grounds nie.
  • As jy vroeg wil huis toe gaan en al die bands wil mis, soek kak met enige staff van Oppikoppi of enige ander festivalganger. Los jou vuiste by die huis en drop daai houding.
  • Oppikoppi werk met ‘n cashless card system. Jy kan geld op jou Oppikoppi kaart laai vanaf jou credit card, maar laai elke dag net genoeg zak vir die dag, want jy gaan geswaai raak en jy gaan jou kaart wegfok een on ander tyd.
  • Harrass is nie twee woorde nie. Respekteer die gooses. Dis after all Women’s Day ook.
  • Kyk soveel bands as wat jou brein kan hanteer en neem soveel foto’s as wat jy SD kaarte saamgebring het. Oppikoppi is die grootste broeiplek vir memories in Suid-Afrika. Print so paar copies uit van die line-up of kry die Oppikoppi app vir jou smart phone.
  • En dan die groot goue reël: Moenie ‘n poes wees nie.

Ry veilig soontoe en terug. As jy te dronk is, hang bal en slaap dit af of kry iemand om kaptein te wees. Die Sun City pad is ‘n lekker een, so gee hom ‘n try. Wees geduldig, want daar gaan ‘n kakhuis vol mense na dieselfde jol toe.

Sien julle brasse by Oppikoppi Bewilderbeast. Dit gaan fokken groter as Zimbabwe se skuld wees. Nou toe, kry jou ry. Gaan breek daai Oppikoppi hymen…

(so paar foto’s van hierdie jaar se preparations)
oppikoppi1

oppikoppi2

oppikoppi3

oppikoppi4

oppikoppi5

oppikoppi6

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinOppikoppi virgins, kom staan in ‘n netjiese ry hier voor my…

Comments

  1. Bierboksomdiced

    Lekker Griff!! Die stuk moerse geniet! Enige tips vir 'n kreef virgin?

  2. Prof. Bokdrol

    Ek en Dr. Onk is na lang en intense debat dit eens dat ons dink ons haat julle gelukkige fokkers wat op pad is om julle aan meer as 'n halwe week se boheemse brassery oor te gee, terwyl die res van ons daagliks op die highway gaan sit op pad graft toe en terug met die reuk van laat-winter Gauteng veldbrand en taxi kazoz-gas in ons neusgate. Fok –  unlike die res van julle OppiKoppigangers is die enigste naai wat ek hierdie week gaan kry een van die company en/of SARS af deur my ore. Fokkers…enjoy!

  3. wilnetspyker

    Naweek Oppikoppi, gaan niks lekker wees sonder ou Jack Parrow wat in die tronk sit nie, ek kanseleer maar, nou is ou Jack Parrow nie meer ini vokken huis ni, hy is nou Jack Parrrow ini vokken tronkie.
    Wilnetspyker ek laaik poes woes, oor en uit.

  4. Prof. Bokdrol

    Terloops, dis nou 'n week later: ek hoop een van julle fokkers het onthou om vir bra Jack te gaan uitbail – of is hy nog steeds 'n eregas van Northam se poelieste? Ek hoor hy werk aan 'n nuwe song: "Whatever floats your boat…"

Gooi Comment