Oppikoppi Bewilderbeast. Fokken never again!

In Oppikoppi deur griffin3 Eiertjies

Ja, jy't fokken reg gelees, jou marabs. Fokken never again! As jy nie daar was nie, het jy fokken uitgemis vir altyd tot in ewigheid vir die res van jou lewe, amen, want Bewilderbeast is overs kedovers. Sure, jy kan kan volgende jaar Oppikoppi toe gaan, maar tot dan gaan jy jou kniegies omhels in die stort terwyl koue water oor jou rug stroom en 'n traan oor jou wang biggel en jy saggies vir jouself "Al was ek nie daar nie – ek weet dit is waar" neurie. Ja, jy wil mos nie lusiter nie. Wat is daai langs jou kop? Potplante?

As jy by Oppikoppi was en hierdie kan lees, beteken dit dat jy nog lewe en dat jy hopelik van ons survival tips gebruik gemaak het om die naweek te oorleef. Daar is een reël wat onsself maar altyd breek: Gaan fokken superlarge op aand nul, die aand voor Oppikoppi, by Oppikopi. Les geleer, maar les ook nie geleer nie. Oppikoppi is nou maar net een van daai plekke wat jy onbewustelik met rubberams aanpak. As jy weer sien draai daai arm en dis hoek toe met die arme lewer en wat oor is van jou inhibisies.

Dit voel asof ons hierdie jaar elke liewe persoon by Oppikoppi afgeneem het, so jy mag jouself dalk raaksien in hierdie action packed video wat min of meer die hele festival opsom. Special thanks aan al die marabsies wat tydens ons wildkyk session deur District 9 bier met ons geshare het, Rot van Black Cat Bones wat ons scout was op die Mordor trips en Kuber Koos wat om die hele Oppikoppi met 'n GoPro gedraf het en "Run, Forest, RUN!" van julle prawns af moes verduur. Oh, the shame!

Hier so so paar general foto's deur ons fotograaf, Henry Engelbrecht. In fact, al die foto's verder hieronder is ook deur hom geneem.

Laagtepunte van Donderdag – dag nul se moerse hangover wat kom geraas maak het binne die brein. Onthou maats, as jy moet lewerpille, bruistablette en ander kak vat omdat jy 'n hangover kry terwyl jy drink – en jy voel beter na die pille – hou op fokken drink!

So paar persoonlike highlights van die Donderdag was Vana and The Oh So Serious, Black Cat Bones (hulle het poesbaie en heeltyd en orals gespeel), en Fokofpolisiekar (baie geluk dat jy jou foon weggepoes het op dag een, Francois. Pappa is baie trots op jou. Geldjie vir jou.)

Van julle kon maybe nie die Donderdag al daar wees nie, so hier is darem so paar memories van jou non-memories:

Vrydag se highlights het Shadowclub, Bittereinder en Jack Parow ingesluit. Shadowclub sal maar altyd 'n favourite bly. Behalwe van hulle eie kickass tunes (ek meen fok, ons het een vir die Oppikoppi video gebruik) was daai Nirvana cover top klas gewees. Jirre.

Jack "hoeveel-keer-kan-ek-'poes'-skree-in-een-sin" Parow se "die polisie het my gevang" stunt kon hy dalk beter afgepull het, maar die bra bly 'n crowd pleaser en ek was naby genoeg aan daai fokken warm cherries om hulle met 'n piel of twee te smeer. Plaas ek het.  Die crowd het gelyk of hulle so paar kilogram Ritalin makeer, so niks fout daarmee nie. Bons, moederfokkers! Rufio Vegas se debut tune aan die einde van die set was verbasend ook nie te kak gewees nie.

Fokkit, en toe steamroll Saterdag bo-oor almal met extra diesel. As jy nie half-fucked was nie sou jy bands soos The Faradays geniet het (hulle debut by die boonste bar), Feed The Wolf wat fokken hard geskud het by die James Philips stage, Shortstraw (wat in'n rubberbootjie oor die crowd gesurf het), Mango Groove (daai tannie het nog so paar moves oor in haar en die kids het dit erg geniet) en The Narrow wat fokken tight geraas gemaak het soos dit hoort. Ek is nog in two minds oor Yellowcard. Dis asof hulle 'n mix is tussen Glee en punk. Of sommer net glunk. At least het ek nie opgegooi nie wat 'n miracle is, so dit tel seker vir iets.  Bygesê, ek het die oggend begin met 'n solid Kreef Hotel brekkie waarna ek direk oorgeslaan het na allerhande soorte drank wat ek nie kan onthou nie, teen brunch 'n pak Rennies met 'n bottel Gaviscon afgesluk en laatmiddag 'n gigantic bord sushi geniet, komplimente van Kreef Hotel. Die party in my maag was amper groter as die fokken party op die plaas. RRRRrrrt!

O ja, en toe kom smelt Deftones almal se gesigte van hulle beenstrukture af. Ek wens my arms was huge. Like acid tipe huge. Ek wil Oppikoppi 'n moerse drukkie gee…

Was jy daar? Wat was jou hihglights? Tune sommer in die comments.

Deel met jou tjommies!
griffinOppikoppi Bewilderbeast. Fokken never again!

Comments

  1. Bierboks

    Heuwels en Koos Kombuis se Vet Vrou!!! Het my stem hees gesing!! Wou 'n moerse klomp ander acts kyk, maar weens my passed the fuck out op 'n kamp stoel het ek 'n klomp gemis. RockforLife!
     

  2. OppiJirre

    My vriende het saterdag ‘n laken, ‘n guitar strap en plakkies uitgeruk. My aangetrek soos Jesus! Nog fokken nooit in my 24 jaar het ek so baie aandag gekry en was ek in so baie fotos van mense wat ek nie ken en nooit weer sal sien nie!:O die middag was ek ontvoer, op ‘n Land Rover se dak gesit en hulle het die hele oppi so met Jesus op die dak rondgery. O en free bier! Was fokken greatness!:D

  3. LongPig

    Goeie werk ouens. Puik video en fotos. Ek verlang al klaar na Oppi. Dit was absoluut awesome. Kannie wag vir volgende jaar nie. Sien julle kerels by die Kreef hotel!

Gooi Comment