One night in Swerve City: Deftones live in Kaapstad

In Oppikoppi, Watkykjy Reviews deur Chopper Charlie3 Eiertjies

Dis maybe ‘n goeie idee om ook ons interview met Chino Moreno en Abe Cunningham van die Deftones te lees as jy dit nog nie gedoen het nie. Kry hom hierso.

Hierdie jaar kon ek nie Oppikoppi toe gaan nie. Wat ‘n poes hartseer orde van sake is, maar die silver lining in die stormweerswolke hier was dat Deftones ook ‘n Kaapse draai kom maak het.

En dit was fokken beautiful.

Vanaf die doos heavy opening bars van die eerste tune, ‘Rocket Skates’ was dit duidelik dat die Deftones hier is vir een ding. En dis nie om fokken prisoners te vat nie. Fok daai vibes china. Dié boys is lus.
Chino is ‘n briljante entertainer of note wat kliphard die pas aangee. Hy spring, dans, klap hande, kniel, hardloop, doen snaakse dansies en lei van voor af. ‘n Ware kapteinsbeurt. Dit lyk of hy hulle tunes net so fokken baie geniet soos die fans. Teen die einde is hy papnat gesweet, hemp is oop maar hy smile net so hard soos die kitare jou brein snotklap.

Drummer Abe Cunningham weer, is ‘n blur van hare, bene, arms en stokke agter die dromme, die V12 enjin agter die band. Nog meer hare en ‘n groter headbanger is guitarist Stephen Carpenter terwyl basspeler Sergio Vega saam met Chino die hele stage cover deur te bounce, spring, hardloop en groove. Dié man staan nie juis stil vir fokkol nie. Lekker.

Tydens ons interview met die band vroeër, het hulle klem daarop gelê dat hulle gaan try om ‘n goeie balans van al hulle songs te jol en hulle is manne van hulle woord besef ek so halfpad deur die set. Selfs die eerste album kry heelwat airtime. En dit maak vir Chopper se swart hartjie baie gelukkig.

Die verwagte populêre keuses en singles soos ‘Be Quiet And Drive (Far Away)’, ‘My Own Summer (Shove It)’, ‘Knife Party’, ‘You’ve Seen The Butcher’ en ‘Swerve City’ word expertly afgewissel met rustiger tracks soos ‘Entombed’, Sextape’ en ‘Digital Bath’ (‘n persoonlike gunsteling). En dit werk fokken goed live, danksy ook aan DJ en keyboardist Frank Delgado. Subliem.

Maar nie te veel rustige tracks nie, want dit IS ‘n fokken metal gig julle bliksems! So die stilte word telkens gebruik deur heavy hitters soos ‘Elite’, ‘Diamond Eyes’ en ‘Engine No. 9’. Mens try so half ‘n goeie balans vind tussen kyk en mal headbang, maar later maak dit nie meer saak nie.

My nek is al kakseer toe die ouens uitkom vir ‘n encore van twee tracks van hulle eerste album af. Ons is heel bly oor die eerste track ‘Root’ maar toe hulle met die opening bars van ‘7 Words’ begin, verloor al hoeveel duisend mense ook al daar was hulle kak gelyktydig. “Suck! Suck! Suck! Suck! Suck…” en ons spring en sing en swing en skree en sweet saam met Chino en die boys.

Dankie Deftones. ‘n Duisend donderende dankies. Dit was nou fokken gees gewees. Big time.

(Foto’s deur die Image Engineer https://www.facebook.com/ImageEngineer)

Deftone LIVE 8 Watkykjy

Deftones LIVE 1 watkykjy

Deftones LIVE 2 watkykjy

Deftones LIVE 4 Watkykjy

Deftones LIVE 5 Watkykjy

Deftones LIVE 6 watkykjy

Deftones LIVE 7 watkykjy

Deftones LIVE 9 watkykjy

Deftones LIVE 10 Watkykjy

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieOne night in Swerve City: Deftones live in Kaapstad

    Comments

    1. def(initief)tone

      Poes-mal is nie eens die regte byvoeglikenaamwoord vir die Deftones nie…

    Gooi Comment