Hoekom fokken steel jy Iso se trailer met hulle gear?

In Aankondigings, Oppikoppi deur griffin18 Eiertjies

Ons is terug na Oppikoppi in so paar stukke met oor die dertigduisend foto’s en omtrent ‘n halwe terrabyte se videos wat ons geneem het. Daar moet so bietjie werk gedoen word nou, maar ons sal die befokte festival se highlights met julle deel sodra ons alles ge-process het.

Ongelukkig moet ons nou eers kak en kerm, want daar was ‘n poes of twee gewees.

Die band Iso het ‘n befokte gig gehad en afgesluit met ‘n moerse klomp confetti wat hulle oor die crowd uitgeskiet is met ‘n handgemaakte confetti canon. Iets wat kakbaie moeite verg vir fans se entertainment. Nou hierdie canons is gesteel by Oppikoppi. Saam met AL hulle ander equipment van omtrent R100k wat in hulle Venter trailer toegesluit was in die die artists area. Een of ander kont het die trailer gehaak en daarmee gefokof. Registrasienommer HPS848GP.
iso
Hier is ‘n lys van equipment wat gesteel is:

  • Wit Venter trailer (Registrasienommer HPS848GP)
  • Hand built confetti canons (irreplaceable)
  • Roland Keytar (white)
  • Fender Stratocaster Guitar (Black & White)
  • Al hulle guitar effects pedals: Boss Compression, Boss Blues Driver, Boss Tuner, Boss Distortion, Line6 Delay.
  • Sennheizer Wireless in ear-system
  • Sennhiezer Wireless guitar system
  • 3 x Shure in-ears
  • 2 behringer mixers
  • Bongo Bass Guitar
  • Mark Bass amp head
  • TC Electronics Voicelive touch
  • 2 fire extinguishers
  • Franco se university notes en al hulle cables. Please share!

Watter tipe van poes moet jy wees om iemand anders se stuff te vat? Dis hierdie ouens se lewens. Dis hulle fokken werk. Dit maak my die poes in as mense net shit steel en nie dink aan die gevolge of watter effek dit op ‘n ander persoon se lewe sal he nie.

Iso bied ‘n cash reward aan vir die veilige terugbring van hulle trailer en al hulle equipment. Hule het nie laat weet hoeveel die reward is nie, maar Watkykjy het rondgevra en tussen so paar van ons tjommies en lesers belowe ons om ‘n extra R4000 by te voeg indien die trailer terugbesorg word aan hulle met al die gear. Laat weet asseblief as jy iets weet. Dis ‘n heavy poes move.

O ja, so gepraat van – Kyk byvoorbeeld na hierdie naai ook. Hy’t branding van een van ons karre afgesteel. Die goed kos fokken geld. Ons gaan nie huil oor die R350 nie, maar bra, daai sign is nie fokken joune nie. Jy’t dit van ‘n kar af gesteel en iemand het daarvoor betaal. Daai iemand was nie jy nie. Ons gaan jou adres in die hande kry en jou kar se spieeltjies afsteel as jy nie ons branding terugbring nie. Dis mos lekker om van karre af te steel. En ons los jou foto op Watkykjy want jy en die ou wat Iso se kak gesteel het is dieselfde tipe kont. Steel is steel.
poesneus

Deel met jou tjommies!

    griffinHoekom fokken steel jy Iso se trailer met hulle gear?

    Comments

    1. rouan

      kak styl. Maar n random vraag.waar is vrydag se duik? Of het ek dit mis gekyk? Huh

    2. Author
      griffin

      Nee, jy’t nie misgekyk nie. Ons het te hard ge-Oppikoppi. Daai tipe ding gebeur maar eenkeer per jaar.

    3. Reinard

      Kyk ne… As ek so fuck-face in die hande kry, behoort ek vir hom baie skade te maak! Fokken zef dose. Dis Koppi, nie fok alles op nie. Hoere

    4. rouan

      ja daai tappet goed kom seker uit die middel van danville uit met n opel kadet of n uno

    5. EKKE

      Moenie die reward vir ou gee wat die goed terug bring nie, dis dalk die plan gewees om zak te wen. Gee dit eerder vir die man wat die skuldige poes se ballas in n bottel bring!!!!!!! 

    6. semi

      Fokken zeffer met sy koekiekrapper wat dink dis cool om ander mense se goed te vat. Sal like om te sien iemand anders hou sy girl se panty so bo hulle kop. …So tussen dom en poes dom.

      Ek hoop sy fokken chommies wys hom die page as hy dit dalk ni self gan raaklees ni.

    7. Prof. Bokdrol

      Dr. Onk wonder altyd as hy posters sien van een of ander lowlife met die opskrif "Wanted" hoekom de fok het die cops nie die poes in die eerste plek gehou toe hulle die foudie geneem het nie? Het die OppiKoppi fotograaf nie dalk gedink om vir Poesneus te gaan vra waar de fok kry hy daai branding en wie de fok het gesê hy kan dit vat nie? Either way hoop ons maar Poesneus het iewers by OppiKoppi op 'n plas piepie van 'n koedoekoei op hitte gaan sit, en toe hy later die aand uitpass in sy tent het die grootste marrafakka van 'n koedoebul in Limpompo hom vasgetrap en bietjie koedoebul man-love toegedien tot die son opkom. Fokker.

    8. bennie brandwurm

      …verkies om nie meer die koppi ding te doen nie. Die freelove en ubuntu vibes is iets van die verlede. Soos my goeie vriend Marnus eendag gese het…oppikoppi is deesdae n klomp matriek laaties wat in boom straat afhardloop en poes skree

    9. freakin_space

      ….poesneus is maar fokken onnodig vir iemand wat julle R85 werd magneet opgetel het bydi toilette by die koppi – wees bly die naai adverteer julle site* Groot jammer vidi manne wie se trailer gesteel was…dit meen nie julle kan kak praat vani random kind wie julle trots bo sy kop hou bydi grootse festival in Suid afrika…wats julle address sodat hy vir julle 'n nuwe magneet kan mail, want optel goed is vatgoed!

    10. Knortoffie

      Hey, Mr. Cobra, as jy jou website link, maak seker hy is klaar.

    11. Author
      griffin

      Daai branding het nie afgeval nie. Dis afgetrek. Dit het teen 200km/h op die kar bly sit, so moenie tos praat nie. Hy kan dit by Tings ‘n Times gaan drop vir die manager. Ek sal dit daar gaan optel.

    12. Willem Wikkelspies

      Net so vinnige vraag. Het ISO se trailer hulle naam op of is dit net plain wit? Ek skiem iemand gaan by die huis kom en wonder watdefok het ons gedrink, en waar de fok is ons tent?
      Nie dat ek vir een oomblik dink steel is goed nie. Maar wonder of iemand nie dalk die verkeerde venter loop haak het en gesleep het nie?

    13. Prof. Bokdrol

      Willem, beide ekselwers asook Dr. Onk reken die ding is so fokken weg soos die welsynsbeampte op 'n Vrydagaand teen maandeinde in Danville – of ten allerminste gee die mense wat die kak sien gebeur het soveel om soos wat ek sou as ek sien hoe poes die ZanuPF/EFF summit se booze cruise ferry oor die Vic Falls. Kamaaaaan…

    14. EKKE

      Prof, ek dink jy het n verkeerde vergelyking gebruik, want as daai rakkers oor die falls duik gaan n video defnitief die moeite werd wees, sodat mens jouself later weer kan nat pis soos jy lag.

    15. Prof. Bokdrol

      Mmm…jy is reg, Dr. Onk se grammatika is soms hondkak. Ek dink wat hy eintlik gisteraand bedoel het is dat iemand moes die fokkers tog gesien het die trailer haak en wegsleep en kon hulle dalk gestop het. Ennieway, solank die naaiers se karma hulle ry is ek happy.

    Gooi Comment