iso band

Help ISO om nuwe gear te kry.

In Oppikoppi deur griffin3 Eiertjies

Soos ons julle Maandag vertel het, is al ISO se gear by Oppikoppi gesteel. 'n Hele Venter trailer vol gear. Dis nogsteeds nie opgespoor nie en die konte is nogsteeds nie vasgestrek nie.

Help asseblief die band met donations sodat hulle nuwe instrumente kan koop. Hulle was nie verseker nie en al hulle brood en botter is in een kak move van hulle af weggevat.

Elke klein bietjie sal help, so looi so paar Randela's wat jy ekstra oorhet of vreet eenkeer minder hierdie week take-aways en help 'n paar goeie ouens uit. Deel hierdie gerus met die Twitter of Facebook button onder die post. As julle die ouens wil uithelp, stuur asseblief 'n e-mail na management@isochronous.net en hulle sal hulle bank details met jou share. Ek het vir Richard gevra om ons te update soos die zak inkom. Die ouens is regtig kniediep in die kak so enige hulp word baie waardeer. Ons sal self ook R1k donate.

Check hoe gelukkig lyk die ouens in hierdie foto – dis die laaste keer wat hulle daai instrument vasgehou het om mense te entertain. By Oppikoppi.
iso band

Check ook sommer hulle nuutste music video, Heaven:

Deel met jou tjommies!

    griffinHelp ISO om nuwe gear te kry.

    Comments

    1. Chris G

      Cool. Donating my share. But a question arises. Why was all this equipment not insured? 

    2. rouan

      jip insurance? Veral as jy weet jyt n awesome gig by n plek waar gesuipte,dagga gerookte tossers jou shit sal steel.

    3. bokballasmetstroop

      Ja dis nie baie slim om jou lewe in 'n trailer te sluit en te fokkof om te gaan suip nie. Oppi moes darem hulle shit biekie oppas

    Gooi Comment