Dit lyk na vleisvreter rugby die naweek

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Ons het Sondag so teen lunchtyd vir die eerstekeer onthou daar was ruggas aan die naweek. Check, by Koppi het ons nie juis oor die naweek se games geworry nie. Daar was net eenvoudig teveel dop, bands en tjerries om oor die Currie Cup te worry.

So gesels ek met die Witzenbergies se bass guitarist, sy naam is Gustav en hy is een van daai long suffering WP manne wat veel eerder gras sny as rugby kyk. Hy sê dit is beter vir sy bloeddruk en gemoedsrus om net die final score te check. Anyway, Gustav reken toe dat hy happy is dat sy span die Bulls op Nuweland geklop het. Ek was ook heel impressed want dit was my SuperBru pick en ek het juis met 'n semi rondgeloop toe ons besef het die Sharks het teen die Kwaste verloor. Ons was nie seker oor die scores nie en toe hy sy smartphone uitruk en check dit was 'n draw… ai daai look of dissapointment van 'n Province fan. At least het sy band 'n kaklekker jam session gehad en ons prys daai daai man wat die girl tydens Fokof se gig gevra het om te trou. Hy het somehow nog Jagermeister oorgehad en dit was mos nou net die medisyne om van 'n drie dag babelas ontslae te raak.

Raait, wat die naweek se aksie aanbetref is die Bokke se eerste Rugby Championship game dalk so bietjie meer belangrik. Ek's dik heavy bly dat ou Gurthro Steenkamp weer terug op sy pos is. Gutty is een van daai ouens wat sewentig soorte kak uit mense uit tackle. Dis asof hy ook as jong laaitie na 'n man soos Os opgekyk het. Welcome back bra, ons sien uit. Dan is generaal Du Preez ook in die mix. Nou ons weet nie altyd so mooi of manne regtig daar in Japan so hard jol nie, maar ons weet dat daar min manne in die game is wat hom so mooi kan lees soos die bra.
Al wat ek hoop is dat oom Heineken net seker maak dat ons boys nie teveel tyd in die dressing room saam met Bafana spandeer nie. Daai loser vibes is aansteeklik en kom ons face dit, Bafana sukkel om in 'n bordeel te score.

Dat die game 'n tribute vir Madiba is… goeie idee dalk, maar fokkit dit ruik heavy na 'n geldmaak scheme vir my en dit gaan dalk so bietjie tos wees as daai paviljoen nie mooi vol is nie. Soos die Kalahari orkes tune, blaas maar jou Vuvuzela vir Mandela.

Tyd om weer so bietjie 'n linkerbal uit te ruk en te maak of ons iets van hierdie game weet.
Join ons pool
http://www.superbru.com/curriecup/pool.php?p=11111468
Pool name: Duidelik
Pool code: fueldate

Vanaand
Sharks v Lions 17:05
Kortbroek: Sharks verloor nie sommer tweekeer op 'n slag by die huis nie. So ek gee hulle 'n wen met so 4.
Griff: Ek gaan nog so twee games wag voor ek weer zak op my Leetjies gooi. Die hart tune Lions maar die bietjie van my brein wat oor is na Oppistoffi reken die Sharks gaan hulle eet met so 12.

Blou Bulle v Kwaste 19:10
Kortbroek: Fok ek sal dit love as my Kwaste weer amok maak. Bulls tuis is 'n bitch though. Ek gaan maar vir die tuisspan met so 11
Griff: Ja wat. Die fokken Bulls. Hulle sal hom seker met so 22 vat.

Saterdag
Aussies v All Blacks 12:05
Kortbroek: All Blacks met so 8 want Aussie rugby maak my bietjies bietjies in my mond kots.
Griff: Net omdat Kaptein Korbroek about 90% van die tyd verkeerd is, gaan ek die Ozzies back virre wen met 4.

Bokke v Argentina 17:00
Kortbroek: Niks minder as 'n 15 punt wen sal aanvaarbaar wees nie. Kla gelag
Griff: Ek weet nie so mooi van 15 nie. Hulle sou jol in die Vrystaat jol. Ek skiem die Bokke gaan hom net-net vat, met so twee. Vleisvreters vs vleisvreters, ongelukkig nie in die Vleisstaat nie.Julle wil mos rondfok met venue change na FNB. Kyk hoe sit julle met 19k tickets uit 90k verkoop. Julle fokken leer nie.

Province v Cheetahs 19:10
Kortbroek: Die Spoedkatte kan heel moontlik kak maak, maar mense wat nie laasweek se game gekyk het nie moet seker maar die home team back… met so 3.
Griff: Fok WP. Ek vat hom andersom en back die Blikore met 3.

Suip hard as jy nog 'n lewer oor het na laasweek en soos hulle in die Kreef Hotel tune: "The calm thing is to remain important".

En as jy nie gaan suip nie, fokken braai ten minste iets raak. Soos wat Griff en die Wolmers gemaak het. Sommer op 'n fokken Maandag. En fokken sommer saam met die bra's van Deftones. Fokken naaiers. Griff is 'n poes.
chino-van-deftones-braai-saam-met-watkykjy

Kaptein KortbroekDit lyk na vleisvreter rugby die naweek

Gooi Comment