Al wat die naweek tel is Lions vs WP!

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

So ek kan al amper September se skuim in my mond proe en vanaand, vir die eerstekeer die jaar, jol Griff se Lions teen Chopper se defending champion Province.

Onder normale omstandighede kon so game tot about twee ton tweets lei. Maar nie vanaand nie.

Griff gaan noddefok die game kyk nie. Hy gooi mos party met so paar piele bands en gaan dalk so bietjie besig wees.

Kanse is ook goed dat Chopper iewers daar onder "the gaze of table mountain" 'n single malt of twee in sy keel gaan af bliksem. Tog skiem ek die Kapenaar mag dalk meer van 'n ogie gooi want sy boytjies het nog nie verloor nie.

So van verloor gepraat, ek het fokken lanklaas iets van die horing brigade gehoor. Daar was Woensdag 'n roudiens iewers tussen Valhalla en Danville maar net 62 mense het opgedaag nadat 23 Lions laasweek op Beloftes horings soos rhino poachers getrim het. Daai was nou vir jou 'n slagting en ek moet my humble pie eet want ek het ook geskiem die Lions is verkak.

O ja en hey Province, lyk my julle game plan is dalk die rede hoekom Jantjies nie so lekker kon jol nie. Aweh die bra met die zefste Currie Cup hairdo, aweh!

Dan vir my 70 sent oor die Bok game wat dik heavy op 'n Bulls game plan gejol is, boys 'n wen is 'n wen is 'n wen, maar games soos daai maak my worry dat die Kiwis en (ek kak in my broek) die Aussies ons met 'n slap piel teen die oor gaan poes.

Komaan boys, ons weet julle kan beter en well played Jano, jy het daai bench soos 'n legend warm gehou.

 Okay ek raak nou lus vir brannas so genoeg kakpraat. Kom ons pick gou vir SuperBru. My bakkie is gelaai met brannas, bier en slaai.

Lions v Province 19:10
Kortbroek: Lions met so 9 want sommer
Griff: Hierdie een behoort heelwat harder vir die Lions te wees as daai game teen die Smurfs, so ek skiem Lion nogsteeds met 'n wen, maar nie baie ver nie. Kom ons tune met so 9. LAAAAAAAAAIJUUUUUUUUUUNS! Ek sal maar Twatter dophou virrie scores.

Saterdag:
Spoedkatte v Kwaste 15:00

Kortbroek: Spoedkatte gaan probably in die Currie Cup final jol, so ek gee hulle 'n wen met 6.
Griff: Naas die Lions is hierdie twee teams my ander twee favourite teams, so dit maak nie regtig saak wie wen nie. Ek dink nie dit gaan 'n maklike game wees nie, maar die Cheetahs behoort hierdie dalk met so 12 te vat na hulle 'n gemors regmaak in die tweede helfte.

Sharks v Bulls 17:05
Kortbroek: Sharks met so 89 want die Bulls lyk maar fokken useless.
Griff: Ek wil ook gaan vir Sharks met 89 want die Bulls is fokken useless, maar in reality is daar dalk so paar PKs in die badkamer uitgedeel om die Blou Trille wakker te klap, so kom ons gaan vir Sharks met 18.

 Check julle by Woodcrock9 en onthou om jou kak attitude by die huis te los. Check die Facebook event uit. Daar is 'n hamper of twee wat weggeee word vir 'n gelukige punter
woodcrock-shirt

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekAl wat die naweek tel is Lions vs WP!

    Comments

    1. Chopper Charlie

      Kanse is goed dat Chopper 'n deel van die game sal catch. Kak ene want die WP is my eerste maar die Lions my tweede team. WP is heavy kak dié jaar maar dalk tog met so 4 voor op die einde, skiem ek. Dank Vader Jantjies is nou nie meer ons s'n nie.

    Gooi Comment