Watkykjy nuus round-up. Week 31.

In Wat is nuus? deur Vent Venter2 Eiertjies

Kont van ‘n seemeeu steel krimpie se valstande
Ons vergeet soms dat diere ook dose kan wees. Kyk, in hierdie geval het ‘n seemeeu hom besonder doosagtig gedra – julle maak uit van die beginsel van “don’t bite the hand that feeds you”, né? Wel, hierdie seemeeu het dit beide verag en besluit om ‘n fucked-up twist te doen daarmee … deur die persoon wat hom voed se tande te steel. Jirre, next level.

Renee A’Bear (92) woon al agt jaar lank in ‘n ouetehuis in Bexhill, Engeland, en dit gee haar innerlike vreugde om buite te sit en die seemeeue te voer. Sy’t haar valstande op ‘n tafeltjie langs haar neergesit en dis toe dat die fokken voël neerstryk en daai tanne vir homself neem. Toe hy op die dak van die tehuis gaan sit het, is hy egter blykbaar oorweldig deur ‘n skuldgevoel en het die tande daar gelos, waar iemand dit met behulp van ‘n leër gaan optel het.

Ons by Watkykjy dink hierdie is ‘n goeie motivering vir massa-uitroeiing van seemeeue in Kaapstad. Daai goed vat jou swaarverdiende ghost pop sommer uit jou hand by die Waterfront. Ons weet jy lees hierdie, mevrou Zille. Take note. –  Bexhill Observer

Paartjie strip tydens bakleiery, verwar almal
Nou ja, die meeste van ons was al in daardie ondraaglike situasie waar ‘n paartjie in jou teenwoordigheid baklei. Die meeste van die tyd wil jy PK’s uitdeel en die mense tune om op te hou om hulle soos fokken sandput-vyande te gedra, maar soms is dit nogal vermaaklik. Soos wanneer hulle tot op hul basvelle strip terwyl hulle op mekaar skree. In die middel van die dag. In die middel van die fokken straat.

In die Guangdong-provinsie in China het Jiang Dayu foto’s uit sy kar geneem van hoe ‘n paartjie op die sypaadjie aan die baklei raak en mettertyd na die middel van die pad beweeg. Die man het eerste van sy klere ontslae geraak, maar het goddank sy broek aangehou. Die vrou het egter elke draad klere uitgetrek en weggesmyt, met toetende karre wat hulle óf aanmoedig óf ontmoedig, ons is nie seker oor die jagsheidsvlakke van die gemiddelde Chinese motorbestuurder nie. Die paartjie het mettertyd ‘n drukkie gedeel en weggeloop, steeds sonder hul klere.

‘n Mens kan net spekuleer oor hoe daai argument gegaan het …
Man: “I must avenge my father’s death!”
Vrou: “Kyk my bates!”
Man: “Haaayyyuugen!”
Vrou: “My tepels het telekinetiese magte! Ek noem dit graag tepelikinetiese magte!”
Man: “Jurre, cool.”
*Drukkie* – Huffington Post
2706083e

Kak bestuurder pis op polisiebeampte
As jy in hegtenis geneem sou word omdat jy soos ‘n drol bestuur en nie ‘n lisensie het nie, wat sou jou beste moontlike optrede wees? Spin ‘n storie dat jou lisensie onlangs saam met jou beursie gesteel is? Pleit maar skuldig en vat die pak? Trek jou broek af by die tronk en pis op die vloer, ‘n X-ray machine en ‘n polisiebeampte?

As jy die laaste opsie gekies het, is jou naam Raymond E. Lawhorn (34) van Florida. Lawhorn het onlangs sonder ‘n lisensie gery in Gainesville en onder meer ‘n sypaadjie, ‘n middelman en amper ‘n polisievoertuig getref. Hy is natuurlik afgetrek en in hegtenis geneem. By die tronk het hy geweier om geboei te word en argeloos in bogenoemde rigtings begin urineer.

Hy word nou sommer ook aangekla van die aanranding van ‘n polisiebeampte.

Hierdie storie laat ‘n mens bietjie dink aan Nickelback – tegnies is dit seker rock ‘n roll, maar dis fokken stupid, rigtingloos, infantiel en as jy ‘n chick ontmoet wat dink dis cool, moet jy wegbly. F-minus, Raymond.   –  Gainesville Sun

Mal aanhanger val rofstoeister aan
Aah, waar’s die dae van Bret “Hitman” Hart, Big Daddy Cool, Stone Cold Steve Austin … ten minste is The Undertaker nog in die game, dink ons? Daai manne het ons laat gló rofstoei is fokken real, my bra, en daai dramas en intriges was way beter as Egoli s’n. Soos met die Paashaas, Vader Krismis en Ware Liefde moet jy egter jou geloof in sekere dinge ontgroei. Ons weet nou al die WWE-vibes is alles beplan en losweg gechoreografeer.

Soms gebeur die onvoorgeskrewe egter mos maar. Van die WWE-ouens is in Suid-Afrika vir ‘n wêreldwye toer. Toe hulle nou die dag in Kaapstad was, het hierdie gebeur: https://www.youtube.com/watch?v=ofPKXHGKJbk (tos video)

Terwyl Randy Orton, soos die ouens maar doen, in die kryt rondgestap en so nou en dan sy arms in die lug gegooi het voor sy “stryd”, het een of ander fan (of dan, dalk, juis nie ‘n fan nie) in die kryt gespring en hom so tussen die bene probeer slat.

Dit lyk nie te rof nie, maar die WWE het in ‘n verklaring gesê:  "WWE.com has learned that Randy Orton was violently attacked by an audience member during a SmackDown World Tour Live Event in Cape Town, South Africa, this evening (Tuesday). Footage of the attack was captured by a WWE fan and posted to YouTube, and shows the perpetrator striking Orton from behind. The matter is currently under investigation by the local authorities, and the South African fan is being held in jail pending criminal charges. The extent of Orton's injuries are unknown at this time."

Ja-nee, fokken rof. Al wie rowwer is, is Engelse sokkerspelers, soos hierdie ou:

News24

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 31.

    Comments

    1. Jimmy

      Goeie fok, maar sokkerspelers en rofstoeiers is 'n klomp pissies.

    Gooi Comment