Watkykjy nuus round-up. Week 30.

In Wat is nuus? deur Vent Venter3 Eiertjies

As ‘n mens so kyk na social networks sou ‘n mens sweer net twee goed het die afgelope maand gebeur: Kurt Darren was in ‘n ongeluk en die royal fokken baba is gebore.

Wat dié twee stories betref … ons by Watkykjy is nie groot op klein wesentjies wat nog niks vir die wêreld beteken het wat nou op voorblaaie pronk nie. En die stories oor Will en Kate se kid is ook boring.

Hier is die regte fokken nuus:

Cops vreet ‘per ongeluk’ space cakes aan diens
Te midde van ‘n uitstekend georganiseerde en weldeurdagte drug awareness campaign by hul polisiestasie in Durban het ‘n klomp cops space cakes gevreet en fokken spook-hoog geraak.

saps-daggaNege beamptes het die muffins wat ‘n kollega met haar verjaardag ingebring het verorber en blykbaar later heavy begin hallusineer en paranoïes raak.

Hulle is hospitaal toe geneem en sover ons kan vasstel word die storie nog ondersoek. Ons’t nie baie hard probeer vasstel nie. Ons verslaggewer op die toneel glo daarin om die voorbeeld van die wetstoepassers te volg en het die pienk olifant opgesaal met die koms van Genghis Khan wat praat in Margaret Thatcher se stem en geboorte skenk aan ‘n tweekoppige Magnus Malan, jissis kyk hierdie patroontjies op my hand, ek ry sommer ‘n fokken eenwiel deur die Uniegebou en kom argeloos in die fontein van ewigdurende jeug. – IOL

Dude laat 63 kg-ballas uitsny, nou kwaad oor klein piel
klein pielGewoonlik is die uitdrukking “Jirre, daai ou het groot ballas” ‘n opmerking van goedkeuring oor die betrokke ou se dapperheid of iets. Ons weet nie hoe dapper Wesley Warren Jr van Amerka was nie (seker op die skaal van ‘n Blou Bul-cheerleader op Loftus in die tiet gooi met ‘n Disa-blom), maar sy ballas het weens ‘n deformity gegroei tot dit so swaar soos ‘n baba-seekoei was.

Uiteindelik kon hy ‘n operasie ontvang om van hierdie monstrosities ontslae te raak. Maar nou is hy die bliksem in oor die operasie daartoe gelei het dat sy generaal ge-demote is tot boetebessie.

Sien, sy totterman is nou maar sowat twee en ‘n half sentimeter lank. Maar hey, hy beplan om sy ballas op e-bay te verkoop, so dalk kry hy genoeg geld om designer gholfhemde te koop, asook ‘n Hummer met ‘n personalized nommerplaat. Dis mos hoe die ander ouens dit handle … – The Sun

Inbreker loop lyk raak, gil soos klein meisie, word gebust
‘n Inbreker in Nieu-Seeland het lekker rustig in ‘n huis rondgesluip op soek na botter en ‘n skaap (ons raai maar dis wat mense in Nieu-Seeland wil steel) toe hy per ongeluk teen ‘n lyk wat daar in die gang gehang het, gestamp het. Blykbaar het die inwoner ‘n paar uur vroeër homself opgehang.

Die inbreker het gereageer soos enige gesoute misdadiger sou in ‘n onverwagse situasie: Hy’t só erg gegil dat die bure gedink het daar’s domestic violence aan die gang en die polisie gebel het. O wag, dit het gebeur, maar hy’t sommer self ook die cops gebel. Jissis bra.

Selfs die polisie voel so jammer vir sy gebrek aan misdaadvaardigheid dat hulle hom nie eens gaan aankla nie. Dis soos om as umpire ‘n o/13 E-span bouler se blatante no-balls maar te ignoreer – die arme fokken kind huil tog reeds. – New Zealand Herald
hang uit

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 30.

    Comments

    1. BokBal

      Die inbreker het seker 'n All Black-jirsie aangehad en met sy beste Richie McCaw-look: "Haai meneer ek het kortpad deur die ou se gang gevat op pad bar toe, toe ……. " Die polieste het toe seker 'n rooikaart en 'n strafskop teen die hanger gegee.
      .
      Ons tawwe inbrekers so daai hanger nog verder dood gemoer het.
       
       

    2. PK

      Ek sou vir my 'n leer baatjie laat maak as dit my ballas was…

    3. DC Grimm

      Dis nogal funny dat die station commander die te sê gehad het:
      “I also just want to say that if there were narcotics involved I believe that the officers who consumed them did not do it intentionally because some of them are our credible members,” he said.
      Net *some*.

    Gooi Comment