Wanneer Metal bietjies blues op homself trek: Crimson House Blues

In Kief musiek deur griffin2 Eiertjies

Crimson House Blues is 'n band wat deur twee metal-heads van Namibia aanmekaargeslaan is. 

Arno van Zyl het agtergekom dat hy smaak van banjo pluk vir die eerste keer en Riaan Smit is nie skaam om spoeg op 'n harmonica te laat spat nie. Hulle het Christoph de Chevonnes Vrugt agter die dromme gegooi en Jacques Jansen Van Rensburg 'n bass in die kloue gestop. Die rhythm section was heeltemal anders as ander blues bands omdat punk en metal eintlik die manne se kos is.

Hulle het hulle debut album “Smoke, dust in Whiskey” in 2012 uitgestuur en werk nou aan 'n nuwe album wat in Augustus sal uitkom. Ons is fokken bly ons het op hierdie musiek afgekom. Dis soos Tom Waits metal, as mens hierdie volgens metal sou moes klassifiseer. Of maybe Clutch blues. Whatever jy dit wil noem, dis fokken uitstekend. Check vir jouself:

Deel met jou tjommies!

    griffinWanneer Metal bietjies blues op homself trek: Crimson House Blues

    Comments

    Gooi Comment