Volkspeler gaan jou breek soos ’n bitch

In Watkykjy Reviews deur Taliep Katgriep5 Eiertjies

Check, ek lees mos nou die dag in RaSport weer hoe moer goed dit gaan met Afrikaanse musiek. Verkoop glo soos soetkoek, tune Arnold Coleske. Maar toe check ek eers wie is die blare van wie hy praat en verloor onmiddellik my semi. Permanent, bra. Want dis net Theuns Jordaan, Jay en Lianie, Bobby van Jaarsveld en fokken Juanita du Plessis van voor tot agter. Hulle sing vir kak maar rol in die zak. Jissis fok.

Nou dit maak my die hoppende fok in want nou skiem die hele wêreld weer Afrikaanse mense is almal ’n klomp zef dose wat net sokkietreffers gooi en wat reken ou Theuns Jordaan is “diep”. Fokkit,  daar is potholes in my  straat wat dieper as daai nool is.

Nou ja, mens kan seker nie veel daaraan doen wanneer jou volk in ’n hoerhuis verander het nie. Mens kan net ter wille van jou eie saligheid en geestestoestand ouens ondersteun wat actually die naam “kunstenaar” verdien, al sit hulle nie gedurig en piele vleg met Martin Bester op DKNT nie.

So ontdek ek toe mos nou die dag die industrial rock band Volkspeler. Ek het eers geskiem ek is deur die kak omdat ek nog nooit van hulle gehoor het nie, maar toe hoor ek hulle kom oorspronklik van Bloemfontein. Dit verduidelik toe baie, want ek was op varsity laas een keer op Bloem en daarvan kan ek anyway fokkol onthou.

Check, dis nie sokkie vibes nie. Die frontman en liriekskrywer Johan Jack Smith is ’n man wat nie doekies omdraai nie. Met lirieke soos “Jy’t ’n mooi paar bene, hoe gereeld maak jy hulle oop?” en  “Soos Adriaan Vlok gaan ons nie jou voete was nie. En soos ons broers gaan ons nie sterf soos troepe op staatsmatrasse nie. Ons gaan jou breek soos `n bitch,” gaan jy sommer vinnig agterkom jy wag verniet vir die ou om te begin jodel of iets.

Dis songs het soort van ’n electro/pop/industrial/rock/metal/rap/fokken gatskop vibe en is nie regtig soos iets wat ek al ooit gehoor het nie. Nie in die Moedertaal nie, anyway. So slim ou tune nou die dag die lirieke is “primale psigologiese sadomasochisme teen 120 bpm”. Ek hoop ek het dit reg gespel en ek weet nie ’n tos wat dit beteken nie. Ek skiem maar net dis kiefpiele. Once, bra.

Hulle video vir die tune Metamorfeer het onlangs op MK begin wys, maar nou is MK ook in sy poes in, so as jy dit gemis het, checkit hier:

Volkspeler werk tans saam met Paul Riekert aan hul derde CD, Honger Hond, en as dit enigsins so goed is soos hul laaste een, Dekonstruktiewe Denke in Distorsie, dan skiem ek hier kom ’n ding. Check bietjie wat tune Rolling Stone oor daai plaat: “…half Battery 9 and half Sisters of Mercy: the tempo up, the lyrics dark. Yes, you can dance to this brand of Bloemfontein-based electro-rock; yes, the lyrics provide food for thought; no, there’s not a single commercial radio station in the country playing this sort of thing.”
En dis die kak. Dis hoekom jy nie ’n fok van hulle weet nie. Maar daai kak stop hier en nou.

Volkspeler gaan Vrydag 5 Julie so van seweuur af bietjie kak maak in Johannesburg by Amuse Café in Linden. Gooi bietjie vir Dirck ’n lyn op 084 555 5252 vir kaartjies. Jy kan hulle ook in Augustus by Oppikoppi gaan uitcheck. In die meantime kan jy hulle bietjie gaan kak tune op hulle Facebook page en Johann het spesiaal ’n video aanmekaar geslaan vir hulle nuwe single, Die Pornografiese Rolprentster. Checkit.
So al gaan jy hulle nie binnekort by Skouspel check nie, is dit okay want jy is hopelik te cool vir daai vibes en dis anyway fokken moeilik om daar zol te score.
Kom val eerder in by Amuse Café die 5de. Jy sal nie spyt wees nie, bra.

Taliep KatgriepVolkspeler gaan jou breek soos ’n bitch

Comments

  1. einafok!

    Kiefpiele! Ons sal die jol vol maak. 

  2. fief

    fok dit, dit klink vir my baie soos juanita en bobby en theuns jordaan wat n ogry gehad het, en dit is die resultaat daarvan

  3. ob

    Lekker smitthaa… hoog tyd dat jy gehoor word…

  4. ob

    Die beste ding wat met afrikaans gebeur het in die laaste 10 jaar en net 4 comments, luister so bietjie na die ander tracks, rak pakker is kens.  Die ou man is die baas en spook en diesel bandiet is baie persoonlik en awesome Steve, ons mis jou boeta… 

Gooi Comment