Verskoon my, daar vlieg ’n bees!

In Snotstories deur griffin2 Eiertjies

Ingestuur deur: Tannie Tongtoebroodjie


“Poes”. “Kont”. “Fok”. “Meid”.

Wat op aarde besiel my om ’n rubriek met hierdie woorde te begin? Het ek pas ’n Tourette-aanval gehad? Of dalk onlangs uit Orania ontsnap? Of miskien heeltemal te veel agter die boereworsgordyn gekuier waar hierdie soort taal selfs meer volop as brannas is? Is dit halftyd op Loftus?
Nee. Geeneen van die bogenoemde nie. Ek is bloot besig om heeltemal sosiaal aanvaarbaar die Nederlandse woorde vir “kat”, “gat”, “teel” en “jong meisie” op te noem. En dis nie my skuld nie, maar wel my plesier!

Baie Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners is vertroud met die feit dat woorde wat vir sommige van ons haas ondenkbaar is, vir die Nederlanders blote gesprekstaal is. Ek het dit eerstehands ervaar toe ek ná my studies vir byna twee jaar in die lae lande as au pair gewerk het en hierdie einste skelwoorde uit menige suigeling se mond hoor kom het. Dit maak nie saak hóé goed jy daarop voorbereid is dat ’n “kat” iets anders in Nederland genoem word nie, dit vang jou steeds onkant wanneer die tweejarige dogtertjie wat jy in ’n pram rondstoot kliphard skree dat daar ’n “viese poes” op die muur sit!

Terloops, ‘n vriend van my se ouma is Nederlands en eendag toe ek daar by hulle kuier in Kaapstad en almal om die vuur sit het die tannie summier op gestaan en begin poes skree/vloek van die deck af sodat die kat moes kom eet. Ons het onsself bekak, die bure het gedink sys heeltemal gefok in haar kop en daar ten aanskoue van almal “Poes, poes, poes, poes” die statige antie toe in die straat af. Jissis.

Behalwe vir die “jy is ’n leuke meid” (jy is ’n oulike meisie), “jou kont gaan styf word” (jou boude gaan seer wees van al die fietsry) en “ons fok hier met hoenders” (ons teel met hoenders) is daar egter nog ’n hele paar juweeltjies waarvan almal dalk nie bewus is nie en wat handig te pas sal kom indien jy jouself dalk eendag in Kaasland bevind. Ek deel graag!

  • Die woorde “verskoon my” beteken vir die Nederlanders letterlik “ruil my doek om”. Moet nooit vra om “verskoon te word” voor jy die etenstafel verlaat nie. Hulle sal vermoed die kos het nie lekker met jou akkordeer nie.
  • Die woorde “rukkie” en “drukkie” is taboe. ‘n “Drukkie” is iets wat jy doen wanneer jy hardlywig is en ‘n “rukkie” is iets wat jy doen wanneer jy ‘n man met behoeftes is wat uitmaak van velle klap. Moet ook nie dink ’n “aftrekplek” is ’n plek langs die pad waar jy lekker kan gaan sit en piekniek hou nie, want dit is nie. ’n “Aftrekplek” is waar behoeftige mans hul “rukkies” pleeg.
  • Alles in Nederland wat leef en beef word ’n “beest” genoem. Hetsy dit nou ‘n olifant, ‘n vis of ‘n gogga is. So wanneer ’n Nederlander iets sê soos “kyk, daar vlieg ’n beest” moet jy nie na ‘n wit en swart ding wat “moeeeeee” soek nie. Hulle verwys nie na ’n koei nie, maar waarskynlik na ‘n vlieg of ‘n voël. As jy regtig ’n koei sien is dit dalk tyd om minder space cakes te vreet of aaptwak te klap by die local coffee shop.
  • Die woord “mos” bestaan nie in Nederlands nie. Dit bestaan ook nie in Afrikaans nie. Moet dit nie gebruik nie.
  • As jy mense vir die eerste keer ontmoet is dit gebruiklik om hulle met die hand te groet, maar bewaar jou siel as jy hulle weer sien, want dan is dit tyd vir soengroet. Darem nie op die mond nie wat jou gelukkig in staat stel om gross ou ooms se tong-gimnastiek te ontsnap, maar nietemin. Elke persoon moet drie keer op die wang gesoen word. As jy dus 20 mense by ‘n partytjie ken moet jy elkeen van hulle drie keer soen. You do the math. Die hele aand is net een lang soen-orgie van hallous en koebaaie.
  • “Pindakaas” is die Nederlandse woord vir “grondboontjiebotter”, want ’n “pinda” is ’n neut. Ek was vir maande onder die indruk dit is  “pandakaas”. Ek was vir ‘n lang ruk (oops) baie deurmekaar en het gewonder of ’n mens kaas van Panda-melk kan maak. Pandabotter…wat de fok? Ek wonder steeds.
  • Moenie die woord “neuk” gebruik nie, want dit het dieselfde betekenis as daai Afrikaanse woord wat met “n” begin en met “aai” eindig. Ja, “naai”, Japie. Naai. As jy ooit vir jou kind in die openbaar sê “as jy nie nou ophou nie gaan ek jou neuk” dan sal jy van bloedskande verdink word.
  • “Keuken” is kombuis. Altyd lekker om te “neuken in de keuken” aangesien dit rym en butternut fokken lank vat om sag te kook.
  • Die Nederlandse woord vir “vuurhoutjies” is “lucifers”. SATAAN!
  • Ten tye van my verblyf was daar ’n Knorr advertensie op TV wat “eg” Afrikaanse woorde soos “pletterpet” (bouhelm), “amperbroekie” (deurtrekker) en “hysbakkie” (hysbak) bevat het. Die Nederlanders het hulle slap gelag vir veral “hysbakkie” en die woord uit volle bors gebrul wanneer ookal ek of enige ander Suid-Afrikaner of enigiemand van die Afrika-kontinent in die omgewing was. Wees dus daarop voorbereid dat al 17 miljoen Nederlanders beweer hulle kan “Zuid-Afrikaans” praat op grond van die woord “hysbakkie”.  As hy of sy boonop die woord “baie” ken het jy ’n kenner beet. En “baie hysbakkies” is die woorde van ’n linguis!
  • Nou die dag in die Gardens Centre in Kaapstad hoor ek hoe een kaaskop vir ’n ander een sê hy gaan maar “gewoon met de hysbakkie” na die onderste verdieping.

Dit was byna nodig om my amperbroekie te verskoon.
Zoen Mijn Kont, poes

griffinVerskoon my, daar vlieg ’n bees!

Comments

  1. Ronald

    Ek was n paar jaar terug ook in Nederland en by n campsite het my vrou n kennisgewing gesien in die badkamer dat hulle sal verkies dat vroue nie hulle "maandverbande" in die toilet gooi nie.

  2. AltydOnderweg

    "Waar is poes" op Youtube sluit mooi hierby aan.

Gooi Comment