Ons laaste twee uitblinkertjies vir Oppikoppi!

In Aankondigings, Oppikoppi deur griffin2 Eiertjies

Baie geluk aan ons laaste twee wennertjies hieronder wat elkeen ‘n single ticket score na Oppikoppi. Pappa is baie trots op julle. Hou julle e-mails dop.

Dis dan die laaste tickets wat ons vir hierdie jaar weggee. Daar was twaalf in totaal gewees. Jy check hoe maklik dit was? Spyt jy’t dit nie ‘n go gegee nie? Dis OK, jy kan nogsteeds tickets koop vir Koppi (dink ek?), maar jy beter spring voor dit te  fokken laat is…

Die wenners:

My 10 Oppikoppi ItemsLuam

  1. Weber: Sonder ‘n braaier gaan jy jou geld uitpis by die kos stalletjies. So dit is defnitief ‘n beter alternatief om jou eie vleis te braai en meer geld te hê vir die Jose Cuervo en Windhoek tente.
  2. Boots: Goeie beskerming teen dorings, kots, enige skerp voorwerpe en urine net om ‘n paar goed te noem.
  3. Flits: Ideale item om uit te maak waar jy moet slaap, wie in jou tent beland het, hoe jou vleis om die kole lyk en hoe sterk jy jou dop gooi.
  4. Vleis: Mens moet kos in jou lyf kry vir verskeie redes. Al is dit om ‘n hangover te nurse of net om ‘n laag te bou vir die volgende bottel Klipdrift. Punt is, kos is belangrik en vleis is bo aan die lys.
  5. Drank: En fokken baie daarvan!!!
  6. Parka: As dit die ouens in die Tweede Wêreldoorlog kon warm hou in Rusland kan dit sekerlik ‘n mens warm genoeg hou in Northam. Dit raak koud en dis kak om koud te kry as jy gesuip is.
  7. Grandpa: Een van die beste goed om ‘n kopseer uit te sort.
  8. Musiek: ‘n Moet as jy by jou tent kuier of deur ry fees toe. Min goed so kak soos om te drink sonder om musiek te kan hoor nie.
  9. All-in-One knipmes: Die ding is moerse prakties, maak nie saak wat die situasie is nie.
  10. Kondome: Need I say more?

Oppikoppi Items

A Girl’s Guide to Oppikoppi – Dania

Nie net gaan ek Oppikoppi toe vir die musiek en die party nie, maar ook om man te soek!! My belangrikste items is as volg:

Boots, om my voete mooi skoon te hou vir in geval ‘n man styf langs my wil inkruip.
‘n Haarborsel om my hare altyd sag en sonder koeke te hou – hare is immers een van die eerste dinge wat ‘n man raaksien aan ‘n vrou!
Body Spray, want teen dag 2 wil ek nie soos ‘n swamp donkie ruik nie.
Baby wipes om die nodige liggaamsdele altyd vars te hou vir ingeval ek ‘n gelukkie kry!
Wyn om die party aan die gang te kry, water vir die volgende dag, en natuurlik ‘n sonbril om die vorige aand se skade weg te steek.
Die mussie is nie net vir die koue nie, maar om te “peacock”- dit trek aandag! ‘n Prop soos die blomme – want baby, eks ‘n bloeisel!”
So gee asseblief vir die girl ‘n kaartjie. Haar toekoms en liefdelewe hang daarvan af!
oppi

Deel met jou tjommies!

    griffinOns laaste twee uitblinkertjies vir Oppikoppi!

    Comments

    1. Poes bedroef

      Gee sommer vir die girl my email adres, dan kan sy maar oppikoffie skip.

    2. karnallie

      NEE NEE NEE, jy braai nooit gevriesde wors nie!!!!!!

    Gooi Comment