ONICT A1 PRINT updated

One Night in Cape Town. Vir die Kapenaars wat Koppi mis.

In Kompetisie deur griffin6 Eiertjies

Ek sukkel om julle Capies so lekker te verstaan. Julle doen alles moerse last-minute. Check, Suid-Afrika doen in general alles last-minute, maar julle ouens vat die koek. Ek het dit met Metallica ook gesien in die Kaap toe ek daar was. Like julle meer van oumenstruitjies aantrek en Scrabble jol met 'n papsak rooiwyn of wat is die plak? Spandeer jy jou zak op plantjies wat in voëlhokkies groei?

Nee fok man, kom bietjie by!

Oppikoppi is dalk te ver vir jou om te travel maar hulle het nou die beste deel van Koppi op julle doorsteps kom neersit: One Night In Cape Town.

Daar is so paar ekstra limited tickets beskikbaar gemaak op plankton.mobi en jy kan hierdie international acts kokkenodge:

8 Augustus 2013
Grand Arena, GrandWest Casino
Golden Circle: R550
General Standing: R450
General Seating: R300

Die line up is Deftones, Yellowcard en Manchester Orchestra. Keer my of ek besmeer my! Ons gooi vir jou hieronder so 'n tune van elkeen om jou memory so bietjie te jog.
ONICT A1 PRINT updated
Ons gee ook twee hampers weg hier op Watkykjy en die twee wenners score elk:
1 x Simple Math, Manchester Orchestra Album
2 x General Standing Tickets vir ONICT
1 x Meet & greet met Manchester Orchestra

So jy kry nie net tickets nie, jy kry sommer ook 'n fokken CD en 'n meet en greet met 'n piele international band! Whawhawheewhaa!

Al wat jy moet doen is om die volgende te tweet:
"Yo, @watkykjy en @hilltoplive! Stuur my #ONICT toe! Gee my tickets, 'n CD en daai meet en greet met Manchester Orchestra. Thanks, ouens!"

  • As jy #ONICT vergeet in jou Tweett, is jy in jou moer in. Die hash tag sal getrack word en ons sal twee random wenners kies deur elke entry 'n nommer te gee en dan op Random.org 'n random nommer te kies.
  • Jy het tyd tot hierdie Vrydag 14:00.
  • Obviously moet jy in die Kaap wees.

Deftones:
Deftones

Yellow Card:
Yellowcard_376 MAIN PHOTO[3]small

Manchester Orchestra (Jy kan hulle ontmoet in Kaapstad en hulle CD wen)
Manchester Orchestra

Wen hierdie CD saam met jou tickets en meet & greet:

manchester-orchestra-simple-math-single-cover

Deel met jou tjommies!
griffinOne Night in Cape Town. Vir die Kapenaars wat Koppi mis.

Comments

  1. Michael santana

    Ek is eintlik a soutie. Maar ek is fokken MAL oor die website. En meer mal oor Manchester Orchestra, maar net n bietjie. Ek wil af my kop wees as ek kan die ouens van Manchester sien.

  2. Jo Poos

    Waddefok het die eerste paragraaf met enige iets te doen, behalwe om alle mense van die Kaap oor die selfde kak kam te skeer?
    Die Transvaal run op drank en snoet dwelms, die Kaap op dagga. Daar is jou antwoord. 

  3. BokBal

    Hmm. Dis altyd hin probleem dat diè tipe shows slap bang op hin weeksdag val. Net 1/2 whitey Jackson was op hin Satterdaai.
     
    Die dag na die Ramstein bash het my baas my huistoe gejaag omdat ek op sy oumenstruitjies gekots het. Die wegjaag was permanent van aard. 

  4. Spitvark

    Yo, @watkykjy en @hilltoplive! Stuur my #ONICT toe! Gee my tickets, 'n CD en daai meet en greet met Manchester Orchestra. Thanks, ouens!
     
    Asb kêrels ek weet ek is laat, onverskoonbaar. Ek wil ongoddellik graag gaan, maar beskik nie oor die voldoende fondse nie. Ek sit met trane in my bloedbelope bruin ogies. Kan julle 'n bra uithelp?
     
    Liefdegroete

  5. Katya

    Ek don't praat die taal. Ek is from RUSLAND, omdat ek hou van deftones, yellowcard en Manchester orchestrue 
    baie asseblief 

  6. JagsJannie

    Dobra utra Katya. Ek praat Russian Njet garasjo, maar hou verskriklik baie van tiete. Wys ons joune. Spaziba

Gooi Comment