‘n Moerse lekker Afrikatrippie op in Tanzanië en Zambië

In Travel deur griffin5 Eiertjies

Ford was gaaf genoeg gewees om my saam uit te nooi na ‘n epic journey – Die Ford Ranger Odyssey, ‘n kompetisie waarin twintig contestants dinge moes uitbattle om ‘n Ford Ranger met omtrent R160k se ekstra’s te wen terwyl hulle deur 6 Afrikalande travel en meer as 8000km cover oor ‘n periode van 21 dae. Amper soos Survivor, maar nie so kaklame nie en met befokte 4×4’s.

Ongelukkig was my deel van die journey net 6 dae lank en twee ander dudes het my ge-join: ‘n ou van Wegry tydskrif en een van die bra’s van FHM. Ons het by OR Thambo opgehook om Dar Es Salaam toe te vlieg en vandaar af al die pad deur Tanzania na Lusaka in Zambia toe te fok. Soos met 90% van my travels het ek soos my fokken ass voorberei. Ek het byboorbeeld nie die e-mail mooi gelees nie en nie ‘n slaapsak ingepak het. Ek het wel vir twee van die contestants slaapsakke saamgebring nadat hulle s’n gesteel is aan die begin van die trip. Fokol alarm bells in my kop. Hier klok ek in met twee slaapsakke by die airport. Fokol vir myself. En toe vat security my deodorant en Tabbard spray ook weg. En my Monster Energy drink en my Coke. Want ek is ‘n fokken poepol. Ek het geweet mens kan daan kak nie deurvat nie maar het dit probeer chance. Die slaapsaksituasie is uitgesort deur vir myself ‘n bottel brannas by duty free te koop, want as ek sonder ‘n bersie moes regkom was die enigste ander option om die ore rooiwarm te drink en ‘n fok te voel. Vir enige iets.

Na ‘n vier ure vlug stryk ons neer in Tanzania, organise ‘n taxi en mission na een of ander hotel toe. Ons het geskiem ons gaan daar kiep maar die ouens het ander planne gemaak. Ons is opgelaai en na die yacht club geneem vir ‘n befokte dinner en toe  na Francois Van Coke se oom se huis geneem, oom Louis Van Coke. Ek praat eintlik tos. Louis, die grootbaas van Coke in Tanzania en sy vrou, Ronel was gaaf genoeg gewees om ons in hulle huis te laat slaap – so moerse fancy huis. Dit het amper gevoel asof jy by ‘n boer met mooi dogters se plaas aankom en moerse stilletjies moet gaan slaap, maar in hierdie geval het die oom omtrent al sy nice drank uitgehaal en saam met ons op die stoep gekuier en lekker kak en rugby gepraat. ‘n Springboktrui sal jou vêr kry in expat country regoor die wêreld. Heavy gees!

Kwart-oor-vier die volgende oggend moes ons opstaan en missions begin maak om die res van crew en contestants te gaan ontmoet, sowat 5 ure later. Hierdie kwart-oor-vier vibe sou homself elke dag repeat vir die res van die trip. Dis my enigste kak met enige trip – ek like fokol van vroeg opstaan, maar die contestants het dit harder gehad, want hulle moes elke oggend tente en stretchers afslaan en oppak (en weer in die aand opslaan) vir 28 mense. Ek slaan nie eers my eie fokken tent by Oppikoppi op nie.

Die hele groep het bestaan uit 10 contestants, 5 instructors, 4 film crew, 4 ouens wat kosmaak, 3 media ouens (dis nou ons) en 2 organisers of sorts en ons het in agt Ford Rangers getravel. Heel fokken gemaklik, tens spyte van supertos traffic by tye op die eertse dag op die pad. Trokke en -busdrywers in Tanzania is mal – dis asof hulle permanent rondry met ‘n fokken death whish van diabolical proportions. Ons het kort-kort fucked trokke in ditches langs die pad gesien. Jirre, my nerves!

piliOns moes kort-kort stop vir pis breaks omdat Jaco Kirsten van Wegry iemand wat nie sy naam genoem wil hê nie, die blaas van ‘n fokken honderd-en-vier-jarige geriatric tannie gehad het. Ons sal maar die brannas by oom Van Coke se huis en die baie water om die babelas te fight daarvoor blameer. Ek wou ook actually die heeltyd pis en wou nie soos ‘n doos lyk nie, so ek het gewag dat hy eerste sy move maak en my laat goed lyk. Ons het eventually vir lunch ook gestop. Lekker dun Cokes en prego’s met Pili-Pili sous. Nie seker watter deel van die piel hulle vir die sous gebruik nie, maar hy brand lekker. En die volgende dag brand hy weer…

By ons eerste kamp aangekom het die contestants kamp opgelsaan terwyl ons so paar brannas en biere geniet het en ‘n pommie by vir ons potjiekos gevoer het. Die bruinbere het ook lekker baklei die volgende oggend vroeg. Dis nog OK, ‘n bruinbeer kan ek worstel maar daar is altyd die gedagte in ‘n ou se agterkop dat ‘n mamba of ‘n freak spinnekop jou in die longdrop aan jou eiers gaan rondpluk soos ‘n scene uit ‘n Leon Schuster fliek uit.

So het ons verder getravel en gekamp en even ‘n game krieket ingedruk op ‘n helipad, lekker gevreet elke aand en pad gevind na die Tanzanian/Zambian border post. Die kakste border post in Afrika, possibly planeet aarde of selfs ons melkweg. Dit is min of meer op hierdie stadium wat die instructors van De Rust my heavy impress het. Ons is deur hierdie border post met military precision na slegs vier-en-‘n-half ure. Dit klink lank, maar glo my dis fokol as mens in ag neem dat sommige mense soms maklik vir twee tot vier weke by hierdie notoriously kak grenspos vassit. Die agt Rangers het net onder R60,000 gekos in nie minder as vyf taxes om deur te vat: road tax, carbon tax, councellor’s levy, import tax en die vyfde een waarvan ek vergeet het. Seker tax om hulle lug in te asem. Of doostax. Hier is vir jou ‘n tip as jy ooit daar uitslaan: Kids, seker so 7 jaar oud wat back summies maak by die border post op die sypaadjie is miskien ooulik maar dis ‘n tactic om jou aandag af te trek sodat die ouer kinders van die ander kant af jou kak kom steel. Ons was te slim vir hulle.

Ek het julle al vantevore getune watse kaklekker road trip tune daai Klein Tambotieboom van Die Heuwels Fantasties is, so kom ons vat eers ‘n smoke break en kyk na ‘n video van my kort tydjie in Tanzania en Zambia. Dit som die trippie nogal goed op:

So rukkie na ons deur die border was het ek agter die stuur van een van die Rangers ingeklim om so 800km op die klok te sit en dis hier waar die konsep van ‘n konvooi my ‘n les geleer het. Ons was in die sewende 4×4 gewees met ‘n “sweeper” 4×4 agter ons. Hulle job is op te sweep – dit beteken hulle het gesien hoe my paspoort en yellow fever card by ons Ranger uitwaai en een van daai 18 wheelers die ding faktap ry. As dit nie vir daai ouens en walkie talkies was nie, het ek nou nog iewers in die bosse in Zambia van goggas en gras gelewe. Of die kraaie het my opgevreet. Dik skaam. Ek het so slim soos ‘n kas vol ape gevoel.

africa houseOns voorlaaste aand het ons by Kapishya Hot Springs spandeer, so plek met natural hot springs en ‘n river wat heeltyd met ‘n laag stoom bedek is. Die eienaar van die plek is fokken interesting en daar is ‘n boek oor hulle plaas geskryf. Die ou se oupa het na die oorlog op die plek agfekom, vir homself ‘n 40 kamer mansion gebou en later huise, skole en ‘n hospitaal vir die locals. Sy pa het eventually die plek oorgeneem, maar is is in 1993 (volgends hom) deur die ANC vermoor. Hy het ‘n state funeral ontvang wat deur omtrent 10000 mense beygewoon is. Vandag is 80000 Zambians afhanklik van hierdie plaas vir hulle lewensbestaan. Gaan lees gerus die boek wat oor die plek geskryf is, The Africa House deur Christina Lamb. Verder het ons met die bra sit en kak praat en bier drink voor ons getreat is met die lekkerste kos op die trip – 5 verskillende vleise, bykosse en befokte pudding.

Die laaste stretch wat ons moes aanpak was voorafgegaan met die warmste stort ooit in my hele lewe since I was born, met water wat sommer direk uit die hot springs pomp. Dit het ‘n kalmerende effek op my gehad, want so 5 minute voor die stort het ek met modderotters geworstel terwyl ek na ‘n koevert met my naam op gekyk het wat ek as kakpapier sou gebruik. ‘n Traan het gebiggel oor my wang. Gelukkig het Jaco van Wegry my kreune en krete gehoor en vir my boudservette onderdeur die deur ingerol. Witgoud!

Ons het afskeid geneem van die hot springs maar het eers kennis gemaak met twee krimpies van Suid-Afika oppad uit: ‘n Omie van 72 en sy vrou van 69 wat op hulle eie hierdie soortvan trip aanpak elke jaar vir holidy. Met ‘n ou Hilux met 450,000km op die dials. Fokweet, ek sal tien teen een net sit en Days Of Lives kyk op daai ouderdom…

Hierdie was een befokte trip gewees en ek sal julle aanraai om vir die volgende een in te skryf, want dit lyk of daar ‘n hele klomp gaan wees. Daar is sprake van Suid-Amerika, Vietnam, Europa en Australia om so paar te noem. Behalwe van die ge-pimpte R650k Ranger wat op die spel is, is hierdie tipe trips iets wat jy graag saam met die ouens van De Rust wil aanpak, want hulle ken seriously hulle shit. Hier is vir jou so paar tips van so paar van die contestants af om jou ‘n voorsprong te gee. Ek het hulle by die eindpunt gaan kry vir lunch toe hulle ingery het. Ek sal julle laat weet wanneer die volgende een is, want dan doen ek defnitief die hele fokken trip saam:


Hierdie adventure was actually so befok gewees dat ek besig is om zak te probeer insamel om ‘n Watkykertjie en sy tjommies op ‘n road trip iewers in Suid-Afrika te stuur. Low budget, maar lekker. Gaan check hierdie YouTube channel uit vir ‘n recap van wat elke dag gebeur het. Hulle is so 3 minute elk en moerse nice produce deur die film crew wat die hele trip meegemaak het.

Die wenner van die Ford Ranger word die 8ste Augustus aangekondig.

griffin‘n Moerse lekker Afrikatrippie op in Tanzanië en Zambië

Comments

  1. Belhamel

    Dit lyk befok. Virseker op my wish list. 

  2. Stekel

    Klink vir my ook kak lekker. Weet net nie so mooi van van daai Cortina Bakkies nie! Ek sal eerder my trust op daai toppie se Hilux sit.

  3. Belhamel

    Daar was n paar flambojante dames ook saam gewees. Chloe lyk neutvars!

  4. Nardus

    Dit klink na fokkin lekker vibes!.. Ek sal nie omgee vir die roadtrip nie veral nie as daar brannas betrokke is nie!

Gooi Comment