Is daar te veel liefde in rugby?

In Sport deur Kaptein Kortbroek

Kaboem Mielies het hierdie outjie geskryf en aangestuur vir Kaptein Kortbroek…


Nou ja, laat ek sommer uit die staanspoor sê dat ek glad nie so baie rugby soos die Bokke se tegniese analis, Rassie Erasmus kyk nie. Ek het eendag by ‘n ingeligte tjommie gehoor ou Rassie kyk kakbaie games baie kere oor om elke klein detail en moontlikheid te analiseer, maar gun my darem die kans om my keel skoon te maak.

Kyk, daar is nie veel dinge wat my pla as ek ruggas kyk nie, maar hierdie gedrukkies en soentjies deesdae nadat iemand gescore het, ruk nou bietjie handuit. Ek bedoel, wie de fok gee nog drukkies en soentjies hulle gescore het? Anyway, gaan kyk na enige van die drieë wat die afgelope naweek in die Superrugby-games gescore is en jy sal sien. Na omtrent elke drie moet almal eers aan die drukker se kop vryf, sy hol klap, op en af spring, sy magie vryf en hom ‘n drukkie gee. Dit lyk amper soos iets uit ‘n cheap porno. Agge nee man boys!

Die een scene uit hierdie naweek se Bulls vs Kings game op Loftus het my amper aan my billies laat verstik, want al dink ek die Bulls-spelers  is almal hopeloos te lief vir mekaar, het ek nooit gedink twee groot manne soos Jacques en Dewalt Potgieter staan amper op trou nie. Wel, dis anyway hoe dit die naweek gelyk het toe die takhaar-Potgieter vir sy drie oorgebars het en gescore het toe die blond hom kom gedruk en gesoen het. Fokkit! Kyk net hier! Sies man!!!
rugby1
rugby2
rugby3
rugby4
rugby5
rugby6
rugby7
rugby8
rugby9
rugby10
In die ou dae was daar nie sulke dinge gewees, behalwe as ‘n man dalk die wendrie gescore het in ‘n moerse belangrike game. Kyk byvoorbeeld na hierdie drie tries wat Ray Mordt in een van die kontroversiële 1981-toetse teen die All Blacks gescore het:

Na die eerste twee drieë het hy vinnig opgespring en haastig terug op sy plek gekom, want hy het geweet daar is nog ‘n game om gewen te word. Mens kon in sy gesig sien hoe hy sê: “Kom boys, laat staan die kak. Ons moet tries score.” Maar toe hy uiteindelik in die laaste beweging oorduik om die telling gelykop te maak, TOE EERS is daar gecelebrate. En met donnerse goeie rede ook. Nie net was dit ‘n hat-trick teen die All Blacks nie, maar dit was die game-clincher gewees. Dinge het ook nie te uitspattig geraak nie en ‘n paar van die manne het Mordt omhels en het hulle die bôl vir Naas gegee om die wenpunte te skop.

Die tyd het aangebreek vir vandag se spelers om weer bietjie die manlikheid in die game terug te bring en op te hou om mekaar drukkies te gee en op die boud te slat. Daar is nie tyd of plek vir hierdie kak in die game nie. As hulle dit REGTIG wil doen kan hulle eerder saam met die sokkerspelers gaan act en knaters gryp in Engeland. Kom ons hou dit skoon kêrels en los die lovie dovie goed vir later of iemand anders!

Hierdie post is 332 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,483,813 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Kaptein KortbroekIs daar te veel liefde in rugby?