Aweh, die Cheetahs, Aweh!

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

En ‘n dubbel aweh vir al die Griekwas manne wat in daai span jol.

Ek wens sommer die Currie Cup begin al môre, dan kan ons almal weer lekker saam bierdrink en elke ding. So gepraat van ‘n paar doppe klap, check bietjie die twee Bulle wat saam met Buffels in die Bultuin uithang. Ek skiem daar moes ‘n paar blou ballas agteraan daai bakkie gewees het. Castle Light is nie vir sussies nie, hoor!
bulle

Ons is vandag weer bietjie dik babelas. Phuza Thursday was hectic. Ons was so gespat dat ons vir ‘n slag KykNet bekyk het. Dit was nou vir jou ‘n belewenis. Daar is so show, 9 Maande – ek het solank my reminders gestel sodat ek dit volgende week weer kan check. Dis kaksnaaks! Die een laaitie tune sommer op TV (quite rightly so) dat hy “gedink het dis ‘n moerse mistake” om die tjerrie op die paal te sit.

Hopelik repeat hulle die show by skole sodat kids kan sien wat gebeur as jy nie ‘n effie dra nie. Op skool is jou sperm soos vyftig keer meer potent want drank en smokes het dan nog nie alles vir jou opgefok nie.

Volgende week kan pret wees.

O ja, en daarna was daar so kom-ek-maak-kos-om-die-tjierrie-te-impress show op TV. Behalwe vir die bra wat die spiertier kakgebyt het, het dit ook donkiepiel gesuig. Al waaroor ek bly is, is die feit dat KykNet nie verplig word om subtitles op hulle shit te sit nie – so kan net onse mense sien hoe kak common ons actually is.

So van common gepraat – kry vir jou een van daai disposable kamera’s by Pep en hou hom naby as die Stormers more teen die Bulle jol. Dit kan kakfunny raak en meeste Bulls-manne met wie ek in die week gepraat het nip dik heavy. Die Stormers is mos mean as hulle fokkol het om te verloor nie.

Sweet, ek gaan nou iewers wegkruip voor daar vanaand weer iewers gebraai word.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekAweh, die Cheetahs, Aweh!

    Gooi Comment