Kom ons fire gou so paar coaches..

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

Maar voor ons hul fire, kom dink ons mooi daaroor. Dalk is dit beter as ons eerder vir so paar coaches 'n pluimpie of twee gee.

  1. Frans Ludeke is top of the South African conference en sy span kan dalk net 'n ding mal ruk. Aweh en sterkte met die volgende paar klipharde examens.
  2. Naka rock daai lyfie asof die Spoedkatte dalk lus het om in 'n knock out eliminator finals play-off (of dalk net old school semifinal) wil jol. Dinge lyk goed vir die Vrystaat vanjaar. Ons hoop net Atter se klokke is orraait na daai Samoan marabs hom betas het.
  3. Dan kan ons maar vir al die Kings coaches, Sexton oom Salemo Solomons – manne dit was alklaar iets om op trots te wees. Mooi hoor.
  4. Vir Allister en die Stormers… julle het 'n fokker van 'n draw gekry, maar daar is dalk meer piele aspekte in julle game as ons so na die jong manne kyk. Try (ja dit was ook 'n grappie daai) bietjie om in die vervolg te sorg dat julle nie al die laaities aan die Bulle afstaan nie – Pollard, Hougaard en dies meer.
  5. Plum. Ai shame bra. Die man moes soos sy tjomma Mitch laasjaar voor die seisoen verby was sy tassies pak. Of dit nou hy was wat wou waai of hulle wat hom nie gelike het nie… whatever. Dalk was almal heel cool met die besluit. Wat my wel laat worry is dat Plum en Mitch altwee ouens is wat 'n All Black mindset na ons game gebring het.

Fokken feite

Eweskielik kon stutte paas en slotte vir scrummies wat plat getackle is instaan. Altwee die ouens se spanne was kak mean op turnovers en beide breiers het in hul laaste jaar meer beserings as drië van hul spelers gesien.

Op 'n meer positive note is die Kiwis altwee beskikbaar om vir Heineken met die Bokke te help. Ek meen, wie kan ons beter help om die All Blacks te beat as 'n paar Kiwi's?

Kom ek praat dalk eerder oor iets wat ek fokken baie (min) van weet. Met Superbru ek is tans so onder die top 400, maar ons pool is nogal groot want ons kyk hierdie game so nou en dan en like dit so biejite. Griff se advice mag jou dalk help. Dalk.

Gaan maak jou picks. Hier is myne.
Chiefs v Hurricanes (9:35)
Kortbroek pick: Chiefs met so 4 – nie 'n clue hoekom nie
Griff Pick: Chiefs met 8

Saterdag:
Highlanders v Crusaders (9:35)
Kortbroek Pick: Crusaders met 3 – want Highlanders is hul tjommas
Griff Pick: Crusaders met 12

Sharks v Blues (15:00)
Kortbroek Pick: Sharks met 13 – want Plum is nie daar om hulle uit te kak nie
Griff Pick: Sharks gaan struggle en net-net wen met 2

Bulls v Kings (17:05)
Kortbroek Pick: Bulle met 20 – want Pierre Spies speel nie
Griff Pick: Bulls met 15

Cheetahs v Stormers (19:10)
Kortbroek Pick: Stormers met 3 – dis Nuweland en elke ding… Go Spoedkatte!
Griff Pick: Cheetahs met 4

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekKom ons fire gou so paar coaches..

    Comments

    1. Werner

      Mens mag NOOIT die Kings of enige een van hul konte komplimenteer nie. Onthou, hulle is daar ten koste van die Lions, na n moerse Lions seisoen. Buiten Superrugby, het die Lions teen die tyd soveel meer verloor as gevolg hiervan. En fok die Watsons

    Gooi Comment