Een super mother van ’n preview

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Tune solank jou vrou en kids jy gaan die naweek so bietjie besig wees. Okay fine, as jy een van daai sportmal meisies is gaan dit net soveel pret wees. Stock solank jou brannas en braaivleis en sorg dat jy jou DSTV upgrade gedoen het.
 
Ek het solank ’n nuwe lewer in die pos bestel en ek weet Griffin het lankal sy eerste bier geknak.
poeskak tackle
Op die Kortbroek menu vir die naweek:
Saterdag:
Japan v Wales (07:00)
Japan behoort ‘n ordentlike drag slae in die game te kry, so moenie teveel worry nie.
Griff se pick: Japan gaan met 25 genaai word
Kortbroek pick: Wales met so 18.
 
All Blacks v France (09:35)
Breakfast word beding met ‘n repeat van die World Cup final in Auckland. Yum. Kyk die Franse sukkel vanjaar so bietjie en gaan ‘n shot moet jol om die een te wen. Maar manne is so voorspelbaar soos jou vrou se mood.
Griff se pick: All Blacks met 12
Kortbroek se pick: All Blacks met so 9.
 
England v Australia (11:30) – Krieket, seuna
Ek is moer bly die Proteas het hulle eerste game verloor. Ons wen mos altyd als en bliksem dit in die play-offs weg. My zak vir die game is op die tuisspan, wat donner die Aussies suig deesdae…
 
Samoa v Scotland Sat 8 Jun 17:00 – Ruggas weer
Die Skotte het so bietjie geshape vanjaar en kan heel moontlik die Suidsee eilanders maak klippe kou. Tog wil ek hê Samoa moet die een wen want dan is daar mos ‘n beter kans dat hulle die Bokke op Loftus kan pak.
Griff se pick: Ek wil ook graag Samoa back, maar ek skiem die Skotte met 2.
Kortbroek se pick: Samoa met 4
 
Bokke v Italië (19:00)
Hier worry ek absoluut fokkol oor die final score nie. As ons met net een punt wen is dit cool. As ons met 60 wen, even beter. Wat ek van die Bokke wil sien is iets wat laasjaar so bietjie agterweë gebly het – hulle noem dit verbeelding. Laasjaar moes oom Heineken planne uitdink om te sorg dat sy span wen. Hy het dit “winning rugby” gedoop en dit het soos winning rugby gelyk. Dis nou ‘n jaar later en tyd vir Bok Befokte rugby waar vleuels meer bal as ‘n Sunnyside stripper sien. Die structures is mos nou mooi daar – nou kan ons bietjie begin wys dat ons manne nie net klomp “drones” is nie.
Griff se pick: Bokke met 6
Kortbroek se pick: Bokke met so 14 sal dit vir my doen.
 
Pumas  v Engeland (21:10)
Teen die tyd het ek al uitgepaas – Ruggas OD vibes. Tog sal dit piele wees om te sien hoe die Pumas so bietjie die Britte se gal wurg. As hulle met die Bokke kon draw…
Griff se pick: Die bleek naaiers wen met 6 teen die bruingebrandes
Kortbroek se pick: Pumas met 2 (yes please)
 
Sondag:
USA v Ireland Sun 9 Jun 02:30
As jy die game kyk het jy ‘n probleem. Hulle noem dit highlights pappie. Jou buurman gaan jou heavy uitkak as jy daai tyd van die oggend maak of jy die Irish volkslied ken. Together standing tall se hol.
Griff se pick: Who gives a fuck? OK, Ierland met so 35
Kortbroek: Ireland met so 97 – nes die Baby Boks!
 
Force v Waratahs (08:05)
Pumpkin Patch reruns behoort beter as die skaapspyker session te wees. My Super Rugby picks suig in any case
Griff se pick: Ek het hierdie ouens op virre draw
Kortbroek se pick: Waratahs met 8
 
New Zealand v Sri Lanka (11:30) – Krieket tjom
Ek like Sri Lanka vir die een, maar ek weet actually fokkol. Krieket werk vir babelas vibes.
 
Dis amper tyd om te duik. En onthou, as jy nie jou Boktrui vandag dra nie is jy ‘n loser!

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekEen super mother van ’n preview

    Gooi Comment