Die nuwe Bokspan op Twitter

In Sport deur Kaptein Kortbroek3 Eiertjies

rugby twitterSaterdag jol die Bokke teen Nick Mallett se Italië en ons almal verwag dat hulle gaan wen want oom Heineken glo nie aan verloor in ons eie backyard nie. Okay, ons sal vir nou vergeet van daai draw teen Engeland in PE en die All Black pakslae op Sokker City. Dis mos 'n nuwe jaar en 'n skoon bladsy en vir die eerste keer in 'n baie lang tyd kon die average armchair coach (kakpraters soos ek) nie teveel bitch en moan oor die span wat gekies is nie.

Big-up vir die vyf manne wat hule international virginity gaan verloor. As dit by debuts kom het Coenie Shrek Oostuizen die bar redelik hoog gestel. Fine, Mallett (dieselfde bra wat ou Gary Teichmann voor 'n World Cup gedrop het) rig nouwel nie meer die die Azurri af nie, maar ek's seker hy is reg om Heineken se foute op SuperSport vir ons mooi uit te wys. Ons sien daarna ook uit. Ons sien uit na al die mense wat vir 'n slag vir dieselfde span skree en ons sien ook uit na 'n paar piele Tweets deur ouens soos Griff wat 'n graaf 'n graaf noem.

Fokkit ek's opgewonde! Nes die coach. So gepraat van die Twittersphere, ek het so bietjie gaan check wat die Bokke op tweeters doen. Gaan volg so paar van die manne gerus. Van hulle is moersnaaks terwyl ander dalk binnekort deur Saru getune gaan word om op te hou naam ruk.

Raait, so dis hoe die Springbokspan (wat Saterdag jol) op Twitter lyk:

15. @wjjleroux – Sowat 4000 followers, volg 250 en het amper 300 keer getweet. Een van twee Griewkas (3 as jy Bjorn ook tel) in die groep. Lekker bra Willie, ons het heactic duime vasgehou dat jy gekies word. Dalk lees Heineken watkyjy?
 
14. @BryanHabana – Donner, as hulle die kaptein op followers moes kies was hy loshande die wenner. Net so onder die 157 DUISEND vir dié Bok #legend. Ons record holding try scorer wat so nou en dan lyk of sy Puma toks op water is, het al so bietjie meer as 7400 keer getweet en volg 445 mense. Daar staan true to the Blue op sy background image…wat weird is vir 'n Stormer wat in Pretoria leer jol het. #PureBok
 
13. @JJ_Engelbrecht – Heel solid following van net so oor die 10400, volg net 79 (seker Habana is een van hulle) en het al 440 odd keer getwitter. Dalk bietjie van ‘n verassing in die span. Spiere, papa – as jy hom soek is hy heel moontlik in die gym. #JJ
 
12. Jean de Villiers – Nie @JeandeVilliers nie. Straight-up Jean de Villiers. Vatti Kakki, tweet nie klomp kakki. Doen die praatwerk op die veld. Ons kaptein. #respek #legend
 
11. @Bjornbasson14 – Speel wel 11 die week. Irony. Tweet nie teveel nie, maar dit is dalk ‘n fokken goeie ding as ons so na die Twitter handle kyk. Het al 272 keer probeer (thanks vir die piele phone Samsung tiepe vibes), volg net 38 en het 6 142 followers. Die man maak uit van die high-bal chase, maar sal moet sokkies optrek om sy pozzie te hou. #Bjorn2BeWild
 
10. @mornesteyn – Aan die beter kant van 75000 followers, volg 201 en het al so bietjie meer as 600 keer getwitter. Great om te sien die man se confidence is terug nadat hulle hom stukkend gejol het. Pale toe! #Morras
 
9. Jano Vermaak – Zero Sprinbok caps – zero tweets…hmmm. Okay fine Jano tweet nie, hy paas soos 'n masjien en like van steelkant gaan. Mens kan sien die bra werk sy gat af. Net jammer hy moes vir soveel jare sy gat af sukkel by die Lions. Congrats Jano, jy verdien hom. Gooi rooi #solid
 
8. @Pierrespies8 – Gaan binnekort die 2 000 tweet barrier breek, volg 123 op die interwebs. Moes nes Hougies sy tjomma Oscar unfollow. Shit happens. Spies klap so 80400 followers wat almal sal like as hy bietjie gatskop vir die Bokke – soos in die ou dae. #Spieeees
 
7. Willem Alberts – Nog nie op die tweet vibe nie, maar ons worry nie juis daaroor nie. Al wat ons van die yster wil sien is fokken solid tackles en ball-carriers wat manne laat bewe. Willie ons watch jou! #battering-ram
 
6. @FloLouw – So dis official, Heineken likes to “Go with the flow and not Brüssow”. Het al amper 1000 tweets gegooi, volg 173 en sowat 23000 followers. Impressive, maar nie so impressive soos die feit dat hy uit die buiteland gaan haal word om te jol nie… pressure, pappa! #FloRider
 
5. @JuandreKruger5 – Okay wag so bietjie. Kan die bra wat vir die Bulls manne getune het om hulle nommers met hulle twitter handles te combine net so bietjie minder brannas drink. Dis jammer dat die bra oorsee mission later die jaar. Hys' kakgoed, soos Matfield sonder hare. Blame die Bulls en hul kak kontrakte. So 966 tweets, volg 173 en het net so onder die 23000 followers. Die bra like van sponsors tweet en lynstane lees. #JK

4. @EbenEtzebeth – 130 tweets, 400 push-ups per minuut. Volg 45 en het al 35000 followers and counting. @ProfBokdrol het dit mooi opgesom: “Chuck Norris is Eben Etzebeth se bitch”. Enough said. #Ysterbeth
 
3. @JannieDup3 – Het al tweekeer meer as ons kaptein getweet. Dus tweekeer. Het so 2405 followers met daai twee tweets gekry en volg net 5 ander manne. Vier van hulle is Sharks en een is @RedHeartRum… want dit help glo vir skrum. Jannie is soos die Pa van die span en julle bloggers wat hom kak byt soos Mallett kan gaan kak! #JanStaal
 
2. Atter Strauss – lyk my die voorry maak nie so lekker van die technology vibes uit nie. Adriaan speel 'n moerse shot en dis amazing wat so bietjie blootstelling in die Boktrui vir ‘n man se game kan doen. Fokkit, ek laaik om te check hoe die man jol al is sy dummy so voorspelbaar soos die Bulls se gameplan. #HaakVrystaat
 
1. Beeeeaaaast – Dalk is die voorry-manne se duime net te dik om te tweet. Bly om te sien ons nommer een monster is terug. Hoop hy gooi kole om daai Growthpoint Kings Park of Mbomela Shadow Warriors. #Beast
 
Reserves – en hierdie ouens (voorrye uitgesonder) moet elk met ‘n selfoon uitgekit word om deur die game te tweet.

16. Chiliboy Ralepelle – daar is ‘n account…maar ek dink dis ‘n fake een. Chiliboy was al meer op die bench as enige speler wat nog ooit vir die bokke gejol het. #impactpappa
17. @Trevor-nyakane – glo dit of nie maar hy tweet ‘n ding raak so nou en dan. Het al so 111 keer dinge kwyt geraak en het net so onder die 400 followers; volg 67. Congrats met die amper debut bra. #Trrrrrevor
18. @shrek3oger – yes dit lyk of Coenie op twitter is. 10 tweets en volg 13 (‘n mix tussen tjommas en tjerries). Lekker Coena! Like die Klipdrift kiekie.#Shrek
19. @flipvandermerwe – Hy bloei vir sy land, en wys jou daai bloed op sy twitter page. Dis amper 'n PG13 page. 930 odd tweets, volg so 297 en het so 15800-odd followers. #yster
20. @AriGolf_Botha – yes die mannetjie het al so 104 tweets gegooi. Hy volg 49 en het 2710 followers. Solid knaap. Sien uit om hom op die veld te sien. Elke span kort 'n Botha…. #NouArno
21. Ruan Pienaar – tweet nie, hys soos Jano, hy paas. #utility
22. Pat Lambie – tweet nie, nog nie. Hy doen dandruff en onderbroek adds. #DieLam
23. @SerfonteinJan – Yes, hy het al 42 keer getwitter. Hy volg 32 en het amper 4 000 followers en nes al sy Bulls brasse is hy moerse #Blessed.

As julle nog nie het nie, join ons June Internationals SuperBru Pool.
Pool name: Unofficial Springboks Pool code: gentnits

Aweh. Check julle by die game. Ek's die bra met die brannas wat nog een van daai old-school Boktruie dra. Daai met die langmoue wat nog actually 'n trui is – nie some synthetic waterproof vibes wat aerodynamically improved is nie. Kort 'n nuwe een….skimp fokken skimp.

Kaptein KortbroekDie nuwe Bokspan op Twitter

Comments

  1. BaasDeBeer

    Aweh, lekker post.
    Ek (en met ek meen ek my inner geek) scheme dis 'n skande dat die manne nie meer tweet nie. Op die ander kant, mind you, is dit dalk nie so 'n kak idee om hul weg te hou van publieke kommunikasie nie. Hul is immers famous vir balvang en nie vir ik toetse nie :p
     
    Lekker, SuperBru pool gejoin na ek gegiggel het vir die kode. I dunno why.

  2. pisgesig

    Nick Mallet is nie meer die Italy breier nie…of hoe?

Gooi Comment