Bokbefokte Loftus hierdie naweek!

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Daar is presies twee redes waarom ek more die langpad Loftus toe gaan aandurf:

1. Die Tjerries.
Kyk, julle ouens van Slaapstad brag mos altyd oor hoe sexy die girls daar aan die hange van Tafelberg is en in all fairness is dit feite dat die seriously sexy babes in Stellies uithang. Of dis maar net wat ek skiem want ek was al drie keer in Slaapstad. Die girls van Pretoria is 'n ander tipe mooi. Doen jouself 'n guns en loop so bietjie deur Menlyn of Brooklyn mall en check hoe lank dit jou vat voor jy 'n nekspier trek. Ek doen dit gewoonlik op Maandae – dis 'n instant depression cure, pappa. Snor City se stukkies like ook van Fokkofpolisiekar en van hulle drink brannas. Yum.

2. Siya Kolisi oftewel Siya Collisions soos ons hom gedoop het
Die laaitie het laasweek ons gatte gered. Feite. Hy speel nog heel seisoen 'n hond uit 'n bos uit en moes eintlik laasjaar al 'n gap gekry het in die Groen en Goud. Feite. Maar wat my die meeste van die bra impress is dat hy orals op die veld is. Onthou julle nog laasjaar toe Scalla in die eerste game van die Stormers sy knie moertoe beseer het? Fokkit, die Stormers het gedink dit is die einde van die wêreld! Toe kom die jong mannetjie en wys ons 'n ding of twee. Hy's 'n lekker groot oopkantflank (so geen Brussow verskonings daar nie) en het 'n huge bydrae gemaak tot die span se solid defense rekord wat gesorg het dat die Kaapse streekspan die Conference Trophy gewen het. Siya was vanjaar weer een van die uitblinkers in 'n sukkelende Stormers span want met hom is dit bloot 'n geval van alles of niks. Al flank wat my meer impress het, was ou Lappies.
Teen Skotland laasweek was Siya sommer Man-of-the-Match. Op debut! Praat van 'n droom intro tot grootmanrappie.

Wat my pla is dat hy moontlik more teen Samoa van die bench af gaan jol. Hulle wag mos om te check of Willie Alberts reg is vir aksie. Vra ek jou nou met trane in my poefbruinogies… kan jy onthou wanneer laas Willie gejol het? Hoeveel minute het die man vanjaar gejol? Sovêr ek kan onthou was hy nog heeltyd in rehab vir 'n besering en het so bietjie aksie hier teen die einde gesien. Vra jou Sharks tjommas. Hulle het gewens hy was al laaankal op die been.

Sure, Willie op sy beste is iets om te aanskou maar is die man tans daar? Noddefok. Ek skiem as ons laaities soos Marcel Coetzee en Arno Botha die eer kon gee om in die starting 15 te feature, hoekom dan nie Siya ook nie? Is dit 'n geval soos by die Sharks waar daar vroeër vanjaar gereken is dat die soutie laaities sukkel om met die boere te mix? Is daar dalk iets wat ek iewers mis? Is ons land se keurders dalk tik addicts? Gaan ons weer soos laasweek kakskaam wees oor 'n gesukkel teen 'n span wat nie eers in die top 10 op die wêreldranglys is nie?

Dankie tog daar is nog so bietjie tyd voor ons teen die Aussies en Kiwi's jol, want soos dinge nou lyk gaan hulle ons soos 'n Skotland of 'n Canada laat lyk. En dit als begin met kak besluite deur die manne wat veronderstel is om uit te maak.

As Siya nie more in die 7 trui speel nie, gee ek my kaartjies vir een van die car guards.

Ek het hierdie stukkie kommentaar op die interwebs raakgelees. Dis geskryf deur 'n bra wat op 'n stadium van sy lewe heavy dik betrokke met die Bokke was. "South Africa has always been guilty of not using its resources and talents because of empire building and provincialism, favouritism and elitism. If we harnessed our strengths no one would come close to us"

True fokken that!

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekBokbefokte Loftus hierdie naweek!

    Gooi Comment