An Appetite for Peas – Casey B. Dolan

In Watkykjy Reviews deur Sletsappie8 Eiertjies

Jy’s alleen by die huis. Jou tjerrie se pienkerige boek met die halfkaal hottie op die cover trek jou oog… of jy ís die tjerrie en dis jóú pienkerige boek met die halfkaal hottie op die cover.

Jy kyk rond met shifty eyes, trek die deur op ’n skrefie en slaan dit by die eerste hoofstuk oop. “Nailed” sê die opskrif.

“Excuse me, I’m looking for a screw… about this size?”, lees die eerste sin. Meteens voel jou palms bietjie sweterig en skielik hoop jy dis ’n DIY-boek en nie ’n DY-boek nie. Jy check weer die cover uit. Watse soort outobiografie is hierdie? Wie is hierdie seksnimf?

caseyCasey B. Dolan se roemryke loopbaan as aktrise, televisie aanbieder, verhoogkunstenaar, DJ, entrepreneur, sangeres en FHM South Africa se sexiest woman in 2000, word eerstehands ontleed in haar debuutroman – An Appetite for Peas.

Hoewel die boek beslis ’n stoute en grappige trant het, is dit bloot ook net ’n eerlike verhaal van ’n mooi, jong girl wat haarself deur ’n lewe vol groot planne, seks, roem, mans, familie en sukses probeer vind.

Wanneer sy vertel van haar eerste rowwe kafoefel met die vyf-en-twintig jarige “Trouble”, kry Casey B. dit reg dat jy gelyktydig cringe van skaamte, jouself doodgiggel en jou onderlip in spanning byt. Van daar af is die eskapades en skandes volop. Maar sy waarsku dat An Appetite for Peas beslis nie die Suid-Afrikaanse Fifty Shades of Grey is nie. Sy noem dit eerder die “antichrist of Fifty Shades” omdat dit ’n ware verhaal is en nie net ’n hygroman nie.

Casey B. praat openlik oor haar verhoudings en persoonlike battles, maar sy neem haarself ook nie te ernstig op nie, so dit het glad nie daai Grey’s Anatomy-tjankerige vibe nie. Die girl het Springbokkleure in karate for fuck’s sake.

Sy vertel dat sy verplig gevoel het om die boek te skryf en haar storie te vertel. “Someone great once said that ‘the conversations you least want to have are the ones you should be having’. Well, my book is kinda one freakin’ long conversation and I guess somehow that is pretty cleansing,” sê Casey B.

An Appetite for Peas sal jou laat lag, dit sal jou laat snik; maar dit sal jou ook laat besef dat selfs die mooi, bekende mense nie net shiny, happy people is nie. Hulle het hulle eie baggage en stuff.

Meisies, Casey B. se boek is ’n regte page turner en baie minder confusing as byvoorbeeld Game Of Thrones of die Huisgenoot. Ouens, koop die boek vir jul tjerries. Verkieslik voor die Super 15 weer begin en julle bietjie alleentyd saam met jul pelle wil hê, maar moenie dink julle kan nie ook iets hier leer nie.

Lees dit wanneer jy alleen by die huis is. Ons geheim.

Deel met jou tjommies!

    SletsappieAn Appetite for Peas – Casey B. Dolan

    Comments

    1. Insig

      Elke keer as jy kak soos hierdie op die website gooi Griff, dan verloor jy lesers. Jy het Sondag laas moeite gedoen (as jy self die girls se pics gaan soek het). Met jou 'Zefspotters' doen jy nie eers genoeg moeite om hulle spelling te check voor jy hulle sometimes non-zef fotos post nie. Mens kan nie Park Acoustics tel nie want jy kry obviously 'n kick back… Kom bra, waar is die shit 2010 to mid 2012???? Kry net ten minste jou gat in rat met die bizarre bedonderde Donderdae!!!

    2. griffin

      Moenie laat die deur jou op die poes slaan oppad uit nie. Wat Park Acoustics aanbetref – die enigste “kick back” wat ons kry is free tickets vir WKJ se lesers. En as jy jou shit ken, sal jy maybe weet dat WKJ ‘n groot bydrae gelewer het tot Park Acoustics se sukses met hands-on involvement aan die begin. Vir die somtotaal van fokol zak.

      PS: Ek het ook nie jou kak taal en spelfoute ge-edit of reggemaak nie.

    3. Belhamel

      Casey B Dolan is fokken hot. Sy het my gereeld met n semi laat sit. Wil sy nie dalk vir ons pose op duik pic nie? 
      Kom nou Casey, ek belowe ek sal jou boek koop. 

    4. Evert

      Wie de fok is Casey B Nolan?
      (Ek kyk nie tv nie)

    5. Grootseun

      Insig, fok ou maat, wat het jou cherrie nou weer gedoen? Dis nie nodig om jou huis-moles frustrasie hier te kom uithaal nie. Sommige van die lesers geniet 'n ou insetseltjie oor literatuur, al hou ons ook van poes vloek en zef karre kyk, is n bietjie variety soms nodig.
      iedergeval , jys n ou suurknol poes. Griff, fok jy maar net so aan, ek geniet hierdie webblad terdee, al sedert 2009, en as ek n voorstellitjie kan maak, sal ek dit moers waardeer as jy ons weer slaan met een van jou tuisgeskryfte snotstories, daardie opvolgverhale is goud werd in jou belese en geleerde ondersteuners.
      Maar kry jou gat in rat met Donderdae, jy kan nie iets so befok maak, en dit dan op idle gooi nie.
       
      Liefde/Groete
      Grootseun

    6. BokBal

      Ek wonner wie het diè goose in 2000 as die sexy ding in die RS of A gekies. Seker die lessies innie Kappie Kommando of die Van Rooien pedos.

    7. griffin

      Juis besig om een uit te kak. Ons doen dit wanneer ons tyd het (die goed vat poeslank om te maak) en as ons reken dis goed genoeg. Daar is al ‘n hele paar asblik toe in die verlede.

    8. Sletsappie

      Toemaar Insig, volgende keer sal ek elke tweede woord "poes" maak dat jy ook kan verstaan. Ek weet daar was nie veel boeke in Boys Town vir jou om te lees nie…

    Gooi Comment