Watkykjy party met Van Coke Kartel & RAM JAM hierdie Saterdag – Arcade Empire.

In Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

Net ‘n vriendelike reminder dat ons hierdie Saterdag ‘n vet jol gooi saam met Van Coke Kartel oppie stage by Arcade Empire. RAM JAM (Dj’s Chopper Charlie en Iron Leyden kom ook affieKaap af om vir julle dik rock en metal tunes te gooi op die decks). Mission Metallica is nou agter die rug (ons final report kom volgende week uit), maar ons het intussen besef dat ons ook besig was met Mission VCK – ons het hulle by die Velodrome gecheck in Kaapstad vir Metallica se opening en so paar dae later by Park Acoustics. Die mission word nou voltooi by die Watkykjy jol.

Goodnight Wembley en Tot Stilstand maak ook deel van die line-up uit. Kom vroeg as jy nie wil uitmis op al die bands nie. Van Coke Kartel sal die stage seker so teen 23:00 se kant slaan. Kom proe sommer ook Braaiboy se wors as jy dit nog nooit gedoen het nie.

Moerse thanks aan Hilltop Live en Jagermeister wat hierdie parties wax.

Vyftig skille kry jou by die deur in. Lekker sous!

Arcade Empire
256 The Highway Street
Equestria

As jy nog nie daar was nie – jy bliksem basically net oos met Lynnwood Road tot jy Arcade op links sien. Jy kan dit nie mis nie.

Hier is die link vir die Facebook event  – loop nooi al jou tjommies ook uit.VCK en RAM JAM

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWatkykjy party met Van Coke Kartel & RAM JAM hierdie Saterdag – Arcade Empire.

Gooi Comment