Watkykjy nuus round-up. Week 20.

In Wat is nuus? deur Vent Venter3 Eiertjies

Onthou seblief om eers gou vir griff te gaan stem as jy nog nie so gedoen het nie. Click die "like" knoppie langs Watkykjy, daar by die ninja suit…


Paartjie stab mekaar oor hulle nie kan saamstem oor Idols-wenner
Blykbaar is daar hierdie TV show – Idols, of so iets – waar deelnemers voor ‘n klomp judges staan en kerm-kerm tot die judges hulle óf beledig óf sê hulle is die beste ding sedert tiete.

So gebeur dit dan dat daar op die ou end twee finaliste is wat teen mekaar sing en dan word die wenner aangewys. Vanjaar kon die Britse paartjie Karen Harrelson (48) en Gregory Stambaugh (57) nie lekker saamstem oor watter deelnemer moes wen nie. Toe steek hulle om vrede te maak. Met ‘n mes. En met “vrede” bedoel ons “sterfte”. Soos in, rus in vrede, met my fokken mes in jou maag, poes, want daai chick wat ek like is like totally way cooler as joune. Klink nogal soos Vanderbijlpark …

Anyway, die bra en die vrou was albei glo lekker gesuip en kan nie eens onthou wie eerste ‘n mes opgetel het nie. Hulle’t mekaar ook nie kwaai seergemaak nie – net in die arms en hande gesny, soos twee tipiese dronkmense wat rondval en dink hulle is tough.

So Kree Glover of Candice Harrison of so iets het die kompetisie gewen. Voor poesbaie kykers, veral daai jonges wat so dead-eyed staan en gil. – –    York Dispatch

Ons gaan nie ‘n video daarvan hier insit nie. Want, fok Idols. Hier’s tiete:

Ma wys hol vir skoolbus
Lisa Grant, ‘n ma van Virginia in Amerika, word daarvan beskuldig dat sy hol gewys het vir ‘n skoolbus vol kinders. Jissis.

wys boudeOkay, daar is ‘n bietjie van ‘n gat in daai weergawe van die storie. Laat ons maar al die de-tail gee, anusster gaan mense weer op hol en kry die storie allerhande stertjies, and that does not boude well for our future.

Die vrou het blykbaar ‘n nota van die busbestuurder gekry dat haar laaitie stout was. Sy’t toe met hom baklei en toe hy wegry het sy hom ge-moon … hom en sowat 45 kinders, ja.

Sy ontken dit natuurlik en sê sy’t net met die bestuurder gestry en sy is wel jammer daaroor en so aan. Dit lyk of die owerhede nie haar storie koop nie en sy sal bietjie tjoekie toe gaan.

Ma se hare. – Fox News

Man probeer geld by fortuinverteller terugsteel ná kak towerspreuk
Ons like hierdie soort storie. Want al smaak ons ou, interessante kultuurgoete, is daar darem maar min mense so slinks en vol kak soos fortuinvertellers en mense wat arme familielede en so oortuig dat hulle kan kommunikeer met die afgestorwenes. Dit gaan gewoonlik so iets:

Psychic: “Jou man se naam het begin met ‘n … ‘n … ‘n ‘D’, né?”
Weduwee: “Uhm, nee, maar my nefie het een keer ‘n prozzie genaamd Daizy gespyker.”
Psychic: “Ja, ja, ek het definitief ‘n ‘D’ gekry. Wag, ek kry nog iets … het … het julle naby vars water gewoon? ‘n Rivier of iets?”
Weduwee: “Uhm, nee … maar Daisy het my nefie crabs gegee.”
Psychic: “Ja, daar was krappe, definitief krappe. Jou man sê hy’s lief vir jou.”
Weduwee: (tranerig) “O, dankie! Dankie, dis wat ek wou hoor!”
Psychic: “Cool, nou gaan die TV-kanaal vir my nog kontbaie geld gee om mense verder emosioneel uit te buit.”

So anyway, ‘n fortuinverteller in Spanje het ‘n ou 212 000 dollar gecharge vir ‘n towerspel wat kwansuis sy voormalige geliefde sou oortuig om na hom terug te kom.

Voorspelbaar genoeg … of, wel, nie … het dit nie gewerk nie. Die sakeman,  Jose Laparra, en vier van sy tjommies het toe by die fortuinverteller se huis ingebreek om die geld terug te kry. Terwyl hy in die huis was, het hy egter ‘n angsaanval gekry en moes hy hospitaal toe geneem word. Ons gaan besluit om te dink dis nie effe creepy nie. – UPI.com

Fok, daai was nou depressing …

Idols, psychics … shit man. Kom ons glo weer bietjie in die mensdom.

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 20.

    Comments

    1. fran69

      Ek gaan daai 'touching 1000 boobs' ding probeer in die waterfront die naweek, myne gaan ek 'touching 2000 boobs'  noem. befok

    2. fief

      ek het in my fokken lewe nie so baie mooi girls op een slag gesien nie, waar is dit? tys om te trek

    3. Bokbal

      Daai têtvatrekordopsteller dude is hin fokken genius.
      Wonner nogal hoe gemoedelik diè têt beauties so gewees het as dit hin 1,000 paravrywe rekord poging was?
      .
      Ek sal daai tannie leer hoe om met spirits te kommunikeer:
      1) Gooi 2 dele Klippies en coke, vir vet maak, in hin glas.
      2) Druk oopkant van glas teen lippe en sluk
      3) Binnegoed sal die res van die kommunikasie onwillekeurig afhandel.
       Trust my dit vat fokkol treining of kontsetrasie om by die annerkant uit te kom.

    Gooi Comment