Watkykjy nuus round-up. Week 19.

In Wat is nuus? deur Vent Venter5 Eiertjies

Onderwyser geskors ná hy meisie met piesang klap
‘n Onderwyser, Jonathan Hampton, in Florida is vir ‘n paar dae geskors nadat hy een van sy vroulike studente na bewering met ‘n piesang oor die kop en nek gestreel het.

suig daai piesangDis ‘n risky en stupid move onder enige omstandighede wat nié binne jou huis en/of met jou chick/vrou is nie. Mense kyk neer op sulke kak. Maar as jy ‘n onderwyser is, kan jy dit seker regverdig deur te sê jy’t haar probeer wys hoe vrugte ruik (Chemie of iets), of jy wou vir haar die stingel wys (Biologie) of jy’t haar probeer leer om “Coco Cabana” reg uit te spreek vir die koor finals deur die uitspraak van “Banana!” in haar in te bliksem (Musiek).

Maar hier’s die kicker. Hy was besig om ‘n klas te gee oor Freudiaanse sielkunde. Jissis.

Vir dié van julle wat nie weet nie, Freud was nogal into simbole wat betref seksuele behoeftes en ondertone en sulke shit. Gaan soek dit bietjie op.

Nou, dat hy kon dink dis nie in die minste bietjie onvanpas om dit te doen nie, is ongeloofwaardig. Om ‘n onderwyser te wees moet jy seker ‘n IK van hoër as 50 hê. Hoewel, nou dat ek daaraan dink, meeste van my laerskoolonderwysers was alkies. Veral die ou wat my boekrak met ‘n blokhamer stukkendgebliksem het in Houtwerk. Fokken poes.

Anyway, die ou se lawyer tune dit was bloot ‘n piesang wat hy oorgehad het van lunch en hy wou die girl wakker maak met die ding want sy’t nie aandag gegee nie. Ja fokken right.

Die ou was ook voorheen onderwyser van die jaar by die betrokke skool.

Nou ja, daar het jy dit. Moenie enigiemand wat goed is in enigiets vertrou met enigiets nie. Veral nie vrugte en jou kinders nie.

Vir die van julle wat nog sukkel met wat die probleem is – ‘n piesang lyk nogal soos ‘n erekte voël. Wooah. Freaky. – Huffington Post

Man wat spook wou vang bust sy rondnaaiende chick per ongeluk met kamera
Julle maak uit van daai “Paranormal Activity”-flieks, né? Die eerste een was nogal poes scary. Basically is dit ‘n paartjie wat reken daar’s ‘n spook in hul huis, dan sit hulle videokameras oral op om dit af te neem en die results is broekpiswekkend.

So het ‘n bra in Tasmanië (daai plek wat op ‘n kaart lyk asof Australië ‘n kotsvlek in die oseaan gelos het) besluit hy gaan dieselfde probeer doen. Hy’t toe ‘n videokamera in sy kombuis staangemaak.

Hy het geen spoke vasgevang op band nie. Hy’t wel iets veel erger gesien.
rook hom spokie
Sy chick wat met sy seun vroetel.

Nee, jissis! Dit kan darem nie vir jou ‘n lekker gevoel wees nie.

Die chick (oftewel “partner”) is 28 en die ou se laaitie (by ‘n ander vrou, obviously) is 16. Op die video het hy gesien hoe hulle vry en cuddle. Hy’t die vrou toe gekonfronteer (groot woord vir “Wat in die fokken duiwelskont fokken doen jy fokpoesdonnerhoerfokghaaaa!” sê). Sy’t eers getune dis nie ‘n big deal nie, maar die laaitie het erken hulle het al drie keer gezaber.

Sy’t blykbaar gedink 16 is die age of consent. O, wel, okay, dan’s als reg. Lekker dag verder.

O, nee, wag. Sy’s skuldig op vyf strafregtelike aanklagte en word binnekort gevonnis.

Miskien sal hulle almal eendag as ‘n gesin oor die gebeure lag wanneer hulle rondom die krismisboom ou staaltjies vertel.

Miskien fokken nie. – The Mercury

Inbreker stop mid-chase vir ‘n bier of twee
‘n Ou het by ‘n huis in die suide van Florida (dafuq gaan aan in Florida deesdae?) ingebreek en ongelukkig vir hom het ‘n buurman dit gesien. Die cops het binnekort opgedaag en die ou het laat spat. Hy’t deur die buurt gehol en oor ‘n klomp heinings gespring terwyl die pote hom agternagesit het.

Wat sou jy doen in so ‘n situasie? ‘n Wegkruipplek probeer vind waar hulle jou moeilik sal opspoor? By ‘n ander buurt probeer kom waar jy makliker kan verdwyn? Ander klere probeer kry sodat jy inconspiciously kan rondmission? Tydens die chase by nog ‘n huis se stoep ophardloop om bier te steel?

As jou naam Andrew Robert Fatzinger is, het jy die laasgenoemde opsie gekies. Dan is jy ook nou in die tronk, jou dom naai. Nie álles is ‘n 90’s video game nie, jy kry nie extra life points of iets as jy bier swipe in versteekte hoekies nie.

Die arme Fatzinger is gebust nog voor hy die biere kon drink. In die huis wat hy probeer rob het, het hulle gevind hy’t basies die plek opgefok, mosterd oral uitgespuit en ‘n bietjie electronics gesteel.

Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… hy’t ernstige sielkundige probleme.
YEEEEAAAAAAH! – NBC Miami

Holy shit, ‘n bok wat beatbox!
Fok Idols en fok die Springbokke, check hierdie kak. Ons by Watkykjy probeer ‘n gig by die FNB Stadium reël vir hierdie bok. Sorry, die Beat Bok. Bedank ons later.

En nou vir jou nuus-oomblik van die week:
Check, almal weet Wolf Blitzer is 'n blazing idiot, maar jirre, hy't sy naam hierdie week met 'n 2×4 geslaan. Seker een wat hy na die moerse Tornado in Oklahoma opgetel het:

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 19.

    Comments

    1. BillyHill

      Griff,
      Tasmania mag dalk vir sekeres lyk soos een kotsvlek. Gaan jy egter na"Map of Tasmania" op Google Images sal jy sien dat n heel ander betekenis kry. (Haal die "Safe Seach af)
      Tasmania is ook die Rednecksville so enigiets is daar moontlik. Volg jy die verslaggewing vanaf die hof sien jy dat die paartjie later by n motel weer bymekaar was.

    2. Bokbal se Oupa

      "Miskien sal hulle almal eendag as ‘n gesin oor die gebeure lag wanneer hulle rondom die krismisboom ou staaltjies vertel"
      Hahahahahahaha

    3. Geronimo

      kry daai Bicth nie skaam om so K@K te praat nie !!!!!! mag sy lekker brand in HEL !

    4. Belhamel

      Geronimo, kry jy nie skaam omdat jy nog in die hel shit glo nie?

    5. Peter panda

      My fok. Altyd awsome hoe religous mense so finnig kan oordeel. Geronimo, jy weet seker dat hel "non-religous" mense glad nie bang maak nie. Dis soos om vir n groot mens te se dat vader kerfees nie vir hom n prezie gaan gee kerfees nie. Word groot!
      Gebruik biekie jou brein en gaan vrae jouself n paar vrae hoekom jy nog in jou imaginary vriende glo? Awsome video. Ek het gekyk toe die clip "live" was op cnn. Wou myself nat pis!

    Gooi Comment