Watkykjy nuus round-up. Week 17.

In Wat is nuus? deur Vent Venter12 Eiertjies

Bier sal uit die lug val by Oppikoppi 2013
Amper soos die manna en die kwartels wat supposedly uit die hemel uit geval het. Ons hoef nie verder te verduidelik nie. Check die video uit:

Rower vas ná werker hom met chili gooi
Nou moet julle eers uitmaak van chili – dis nou nie eeen van hierdie groenterige goed wat jou vrou op kersfees saam met viennas in die mac & cheese opchop kort voor jul onafwendbare egskeiding weens jare se onderdrukte woede oor die ontvoerding van jul enigste kind waarvan julle gesig aan die brandmekaar verdink nie. Dis meestal ‘n Amerikaanse ding, so ‘n bredierige affêre met die groenterige shit en boontjies en tamatie en so aan daarin.

Raait, so ‘n 24-jarige dude van Tempe in Amerika het probeer om ‘n takeaway-winkel te beroof deur geld uit die kasregister te swaai. Die werknemers van hierdie spesifieke takeaway-winkel was egter van die nie-kakvattende soort en twee van hulle het die deur gaan block. Een van hulle, ‘n vrou, het in ‘n tussle met die man betrokke geraak.

Die rower het die kasregister op die vloer stukkendgegooi en die vrou toe oor die bors geslaan. Sy het gedink “fok jou, ek hou nogal van my bors” [citation needed], ‘n bak van die poeswarm chili gegryp en dit oor sy kop uitgegooi. Dit was seer.

Die personeel het die cops gebel en die man is in hegtenis geneem.

Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… sy siel gaan nie kan rissie.
YEAAAAAAHHH! –   News.com.au

Vrou in hegtenis vir steel van Bybel
Hierdie is baie meer algemeen as wat ‘n mens dink. Hulle reken die mees gesteelde boek in die wêreld is die Bybel. Tsek bietjie – gaan na jou naaste boekwinkel (ons aanvaar maar jy kan lees, aangesien jy hierdie nou lees, en as jy hierdie nou lees en jy kan nie lees nie, dan’s jy ‘n fokken poes) en kyk of hulle Bybels op die rakke het. Meeste van hulle hou dit agter die counter – in fact, baie boekwinkels hou daai Christen-skrywer Paulo Coelho, wat onder meer daai aaklige stuk kak ‘The Alchemist’ geskryf het, ook agter die counter.

Anyway, kom ons vergeet vir ‘n oomblik dat Die Bybel soortvan tune jy moenie shit steel nie. Die ander ding is, dis blote logika – Bybels word fokken oral gratis weggegee of versprei of geruil vir bietjie godgegewe sendelingseks. Hoekom sal jy die ding gaan steel?

rtfm jesusAshley Fleming (23) van Georgia in Amerika is een van die mense wat nie lekker twee en twee bymekaar kon sit in hierdie opsig nie. Miskien het sy gereken daar’s ‘n elfde gebod wat tune “O, fok, nee, vergeet daai een van ‘Jy mag nie steel nie’, dit was veronderstel om ‘n joke te wees, maar ek skiem nou siende dit tussen nege ander gebooie is wat actually ernstig is sal mense seker nie die joke vang nie, jissis ek’s darem agtelosig partykeer! Ek is Moses en ek is fokken mal en loskop, tralalalala, hmm, nou moet ek seker ‘n nuwe gebod opmaak? Hmmm … jy sal nieeeeee … kak in my bed nie! Ha! Vatso, ma! Gehoorsaam die Here en shit!”

So steel sy toe ‘n Bybel. En word gevang. Idiot. – Huffington Post

Meningstuk: Die Gupta-sage
So almal weet nou al min of meer wat gebeur het met die Gupta-issue. Kortom, die Guptas is lekker hand-op-die-blaas met Zuma – hulle gee byvoorbeeld die pro-ANC-koerant The New Age uit. Hoe kan ‘n koerant wat deur fokken niemand gelees word nie voortbestaan, vra jy? Wel, ‘n koerant se grootste inkomste is advertensies en die regering adverteer die kak uit hulself in daai koerant.

zupta puppetSo een van die Gupta-dogters was aan die trou en hulle’t besluit om dit in Suid-Afrika te kom doen. Daar was ‘n bietjie agter-die-skerm vibes (ons sal seker nooit presies sal weet wat gebeur het nie, want dit lyk of die prez lieg as hy praat en selfs meer lieg as hy nié praat nie) en die hele groep troumense (amper 200 van hulle) is toegelaat om te land by die Waterkloof-lugmagbasis, wat ‘n nasionale sleutelpunt is waar mense nou nie juis eintlik sommer net mag land nie. Daar’s baie kersies op die troukoek in hierdie storie en een hiervan is dat polisiebegeleiding verskaf is vir die partytjie om Sun fokken City toe te ry. Daar’s ook stories dat die gaste geweier het om deur swart mense bedien te word en slegs wittes daar wou hê. Jissis.

So dis min of meer die kort opsomming. Nou hoef jy nie meer soos my musikant-tjommie by ‘n paartie nou die dag te vra “Wat is ‘n Gupta?” nie.

So ons reporter on the scene wat nie bestaan nie (sy eintlike beat is eksistensiële kwessies) het ons laat weet die Guptas het bloot ‘n fok gevoel en Zuma sou sommer ‘n eregas wees. Hy het op die nippertjie wisely besluit om dit nie te doen nie. Maar die Guptas voel ‘n fok, want hulle weet niks sal met hulle gebeur nie en hulle weet ook niks sal met Zuma gebeur nie. Hy’s mos untouchable – hoeveel, oor die 700 klagtes van korrupsie wat net laat vaar is omdat een van die inkriminerende tapes onwettig bekom is? Maar dis nou al lank terug. Sedertdien doen hy ook maar min of meer net wat hy fokken wil, insluitende om mense wat hom in die eerste plek gehelp het om stemme te wen (onse Juju, onder meer) se politieke tande sonder lokale verdowing uit te ruk.
zupta
Maar die bra moet versigtig wees, want sien, sy groot trekkrag toe hy leier van die ANC geword het, was dat hy beskou is as ‘n “man of the people”, iemand met ‘n rural agtergrond, min formele opvoeding en ‘n stryder vir die werkersklas. Dis nou in teenstelling met sy voorganger, Thabo Mbeki (ja-ja, Motlanthe was tegnies sy voorganger, maar dié was maar net ‘n hou-die-fokken-mense-kalm president vir so ‘n paar maande) – Mbeki was ‘n highly educated dude wat pyp gerook het en onnodig groot woorde gebruik het as hy probeer kommunikeer het. So Zuma was/is die man van die mense. Maar Cosatu raak gatvol vir die affêre – sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het al sy moer gestrip oor baie dinge wat deesdae in die ANC aangaan en ook nou die Gupta-ding. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC self en ook voorsitter van die SAKP, is ook lekker die poes in. Ons hoef seker nie uit te spel dat Cosatu en die SAKP nogal belangrike bene in die tripartheid-alliance is nie.

So kortom, Zuma is nou al lank besig om die hande te byt wat hom voed. Kom ons hoop hy’s nie versigtig nie, want, let’s be honest, hy’s ‘n embarrassment as ‘n president. Die een groot ding wat hom werklik aan die stuur hou, is dat daar geen werklike ander kandidate is vir presidentskap nie. Einste Motlanthe het teen hom gerun in Mangaung, maar die arme drol is about so charismaties soos ‘n baksteen en het nie werklik ‘n kans gestaan nie.

So ja, jammer om te sê, maar vir nou lyk dit of alles maar net gaan aangaan soos dit aangaan, want die enigste mense wat die mag het om Zuma en die Guptas aan te vat, is Zuma en die Guptaas. Go figure. aGupta continua! Viva! 

PS: Liewe President Zupta, as jy weer vlieg, vlieg asseblief in jou poes in. Dankie. (- griff)

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 17.

    Comments

    1. Bokbal

      Daai chili gooiende vrou is selfsugtig en totaal befok in haar kop. Hello, dis Tempe in die Use, Es of Ui.
      .
      Die viektim kan 'n massamoerse eis teen haar werkgewer instel. Bv, was die chili op standard (nie die bank nie), was dit nie te warm (like in hitte) nie, ens, ens. Onthou, ou Stella het haar poeslippe met warm McDonald koffie verbrand en kon haarself vir 'n week lank nie vinger nie. Nou kan jy nie meer warm takeaway koffie in die Use, Es of Ui kry nie. McDonald moes takke in Guptassiestan en Leshoetoe oopmaak om die faain te betaal.
      .
      Bwahahaa vir daai reisdomument checkery.
       

    2. ekke

      Vent Venter begin en Griff gooi die PS, mooi manne! As julle ook ooit in julle Vereeniging hoerskole op gelet het (weet nie in watter een julle was nie) sou julle geweet het dat die elfde gebod is dat jy nie gevang moet word nie!

    3. Bruce

      Volgens my was en is Wat Kyk Jy  nog altyd een van beste sites op die web en dis nou al jare dat ek weekliks hier rond krap, even die boek gekoop! 
      Hoe mal ek ook al is oor die site en die mense wat hier skryf se manier van dinge vertel en beskryf dink ek dat die bo-gaande stuk oor Die Bybel in die uiterste swak smaak en styl is.
       
       
       

    4. Gruwel

      Manne, ek moet ongelukkig hier saam met Bruce stem.

    5. Nog 'n vent

      Net 'n regstelling: daai Tempe is eintlik een van Sydney se 'burbs… So, sorry Bokbal, jou gal het verkeerd gebraak.

      Amen, Bruce.

    6. David

      Bruce en Gruwel, dis hoekom liebe hiesis ons almal anderste gemaak het, sodat elkeen n eie opinie kan he.
      Gruwel ek vermoed girls lees ook hier, ek fokken hoop so anyway

    7. einafok!

      Ag nee wat, kêrels, chill man. As mens eers begin offended raak oor alles wat jy op die internet lees, moet jy eerder ophou.
      Kerk by die kerk, werk by die werk en verder live and let live maar.

    8. JP

      Ek stem ook saam met Bruce en Gruwel, die hele site en alles is nice, maar die Bybel stuk is swak styl. FULL STOP

    9. #1 Pisscatt

      Aaag nee fok man – is hier ook nou fokken  "religious types"  – FOK kry 'n lewe – dink vir jouself – of is jy 'n skaap?

    10. Joe

      Ek stem saam met Pisscat. Dink man, of lees 'n boek.
      PS: "The Greatest Show on Earth' is 'n goeie begin…

    11. Bokbal

      Baie, baie, baie dankie Nog 'n onnie 🙂 Sydney is mos die naam van daai swart Merikaanse akteur of hoe? Toe het ek gedog………….

    Gooi Comment