Hoe om jou iPad Mini vir cool shit te gebruik.

In Watkykjy Tips deur griffin17 Eiertjies

griffVoor jy enigsins verder lees, gaan vote eers groot asseblief vir hierdie Watkykjy review op HIERDIE Facebook link (of hierdie mobile link as jy op jou foon, of tablet is) en vra jou tjommies om ook te vote. Scroll af tot jy die “like” button langs Watkykjy sien en druk hom. Check, so paar interwebsmense is gevra om die nuwe iPad Mini te review as deel van ‘n bloggers challenge en die ou met die meeste votes kan ‘n R20k vakansie voucher wen. Ek het nie ‘n vakansie nodig nie maar…  *Sit heavy huilerige vioolmusiek saggies aan op die agtergrond* ek sal dit fokken erg like om vir my sussie in New Zealand te gaan kuier en haar nuwe laitie te sien wat onlangs gebore is. Zak is effens skraal en flight tickets is kakduur. Dan kan ek sommer vir julle ‘n documentary oor New Zealand ook film. Terselde tyd kan jy vir jouself ook ‘n R250k vakansie wen (details hier)


Baie van julle het seker al met ‘n tjommie se iPad rondgefok of besit self een. Dis lekker megaftertjies, maar fokweet hoekom hulle nou onlangs eers besluit het om die iPad Mini uit te bring. Hierdie een se size maak sin. Die eerste drie versions (alhoewel dit befokte devices is) was te groot. Die iPad Mini – dis die size wat sense maak. Iets waarvoor jy nie ‘n kruiwa of ‘n forklift nodig het nie. Dis ook fokken handig om “cloud computing” te gebruik. Almal praat mos deeasdae van die fokken “cloud”. Jou contacts en settings kan opgeback word na die interwebs toe en altyd terug gekry word, al steel een of ander doos by ‘n robot jou kak. Verby is die dae wat daai sker wat jy wil zaber se nommer saam met jou 3310 verdwyn in ‘n club se toilet af…

Die ipad sal egter nooit ‘n replacement vir ‘n laptop of ‘n PC wees nie (al het jy ‘n Bluetooth keyboard vir die ding gekoop), maar fok, daar is baie goed wat jy daarmee kan doen. Genoeg om jou heeldag mee besig te hou. Dis’n lekker apparaat om mee te jol en vir baie mense is dit ‘n kief business tool ook.  Ons doen byvoorbeeld so bietjie filming elke nou en dan en gebruik die iPad as ‘n clap board, ‘n teleprompter en so paar ander applications om admin rondom ‘n shoot te manage.
the-usual
Die usual stuff is voor die hand liggend – jy begin jou oggend met ‘n alarm wat jou wakker maak, jy’t ‘n kalender met reminders wat jou herinner om shit te doen. Meestal shit waarvoor jy glad nie lus is nie. Iets basic soos Notes kan gebruik word vir groceries shopping en natuurlik het jy twee kamera’s om videos of foto’s mee af te neem. En nee, nie soos ‘n doos by ‘n Bon Jovi Concert met jou fokken iPad omhoog nie. Sommer vir kak by die huis. Soos jou hond wat jou kom pla:
ninja
Omdat dit ‘n device is wat die interwebs tot by jou fingertips bring is kak soos Facebook, Twitter (ek gebruik Hootsuite), ‘n browser om Watkykjy te lees en YouTube altyd byderhand. O ja, en porn. Jy kan porn kyk. Baie. Ek gebruik dit natuurlik glad nie vir porn nie. Ek sit julle comments deur vanaf my iPad af wanneer ek browse. En kyk daarna porn. Ag ek bedoel… wat? Uhm… kom ons beweeg eerder aan… *kyk gou-gou porn*
the-interwebs
Entertainment en sport vibes? Easy. As jy DSTV het kan jy hulle guide gebruik om jou TV-kykery te beplan. Terwyl jy onder die komberse le en poep voor die kassie kan jy sommer ook IMDB raadpleeg oor die actors, directors of movie goofs of foute en almal se kykgenot om jou spoil. Jy maak uit van Iron Man3? “While Tony and Rhodey are talking to the Mandarin before getting onto the speedboat, the injuries to Tony’s left eye are shown on his right eye instead.” Fokken spoilsport. Lekker beterweterig.

Wanneer jy nie voor die TV is nie en live rugby of -krieket updates wil volg omdat jy moet skape oppas of overtime werk, is apps soos Ultimate Rugby en ESPN CricInfo daar om handjie by te sit. Daarna kan jy jou SuperBru app oopmaak om te kyk hoe erg jy afgekak het in jou pools. Of jy kan net so paar games jol. Ek is nie heavy op games nie, so Stick Cricket en Stick Tennis is heel aanvaarbaar vir my.
entertainment
Jou iPad is ook ‘n goeie kakhuis companion. Jy kan iets soos Stanza gebruik om boeke te lees terwyl jy ‘n modderotter uitrol, News24 lees as jy regtig depressed wil raak of solank jou volgende kak beplan in die vorm van ‘n resep vir jou volgende meal. Big Oven het byvoorbeeld meer as 250k resepte. Waar is daai fokken ox tail? RRrrrrt!
reading
Soos met enige tablet tipe affere is jou iPad Mini ook die perfekte communication device. OK, nou praat ek tos – hy pas nie in jou jeanpant se sak nie, so dis ‘n lekker communication device as jy by die werk of die huis op ‘n wireless network sit. Ek weet van omtrent niemand wat Factime gebruik nie (‘n videophone tipe app), maar goed soos WhatsApp en Viber is nogal handy. Met Viber kan jy free calls maak na enige plek local of in die overseas as jy aan ‘n wireless netwerk connected is – die enigste catch is, die ander persoon moet ook op Viber wees, maar install hom en jy sal verbaas wees hoeveel mense op jou phonebook reeds die outjie gebruik. Skype maak my net fokken kwaad want ek gebruik dit slegs om met my sussie in New Zealand te gesels. Op fokken weird tye. Want ek het nie zak om vir haar te gaan kuier nie (gaan fokken vote HIER). Fokken stupitte asshole fokken New Zealand.
communication
Jou iPad is ook ‘n lekker music centre met iTunes, maar as jy iets soos TuneIn gebruik kan jy uit duisende online radiostasies kies wat piele musiek speel 24/7. Soos byvoorbeeld Interwebsradio. Heeltyd speeltyd. Het jy dit al geluister? Dis kaklekker. Speel daar dalk iets op die radio of TV wat jy nie ‘n fok ken nie, tune jy vir Shazam om jou die info te gaan haal.
music-stuff
Die beste features vir my is egter die meer external tipe applications. Die tipe stuff wat jy kan replace met iets soos ‘n iPad. Met die iPad Mini het jy byvoorbeeld nie regtig meer ‘n duur GPS nodig nie. Google maps werk heel befok met voice guidance en dit maak vir ‘n lekker size map, so daar score jy. Dit sit ook darem nou nie jou hele kar se windscreen vol nie. Dit sal net fokken simple wees. Anders sou jy krimpies met hulle groceries op straathoeke omgery het. En Pretoria het juis so baie krimpies.
IMG_7728
Besit jy dalk ‘n GoPro? Piele. Daai goeters se fokken remotes kos omtrent ‘n duisend Rand en as jy ‘n viewfinder nodig het, kan jy solank nog ‘n grand blaas op ‘n LCD BacPac. Dis nou om te sien wat jy afneem Met die ipad skakel jy daai twee duur megaftertjies heeltemal uit. Sit die ding vas buite op jou kar se neus om jou shot uit te check en druk record vanaf jou ipad sodra jy 160km/h slaan op die highway. Dit was moerse handy by RAMfest gewees toe ons ‘n timelapse van die stage afgevat het. Lekker remote control vibes. ‘n Lekker add-on as jy reeds sulke speelgoed besit.
control-external-shit
Moenie ‘n fout maak nie, jy kan nogsteeds zak blaas op kak wat jy nie regtig nodig het nie. Ons het byvoorbeeld ‘n iRig recorder gekoop wat ons gebruik het om James Hetfield van Metallica mee te interview (so daai expense kan maybe ge-justify word. Dis James fokken Hetfield).  Dieselfde irigcompany maak ook ‘n mixer ook wat ons gekoop het. Die iRig mixer was dalk nie die slimste kopie gewees nie, maar fok, mens kan lekker DJ en party met so outjie. Jy kan twee tunes se beats match en scratch asof jy vir Jack Parow se backtracks sorg by ‘n Skouspel gig.
Dalk het jy ‘n DSTV Drifta? Yup, jy kan DSTV en veral sport skelm by die werk kyk as jy nie in ‘n bunker werk nie (daai goed se reception is soms verskriklik fokken kak). Maar ‘n bal? ‘n Fokken bal wat jy met jou ipad control? Dis bietjie fokken simpel. En duur. Hier is so vinnige video van bogenoemde speelgoedjies. Miskien is dit ‘n eerste vir jou. Daai bal is verskriklik fokken simpel. Jirre, dis nou ‘n dom koop, maar fok, dis lekker om met dit rond te fok:

Jy kan natuurlik aapkak gaan en vir jouself iets soos ‘n AR drone koop om jou iPad te vlieg en te beheer. Het jy daai kak al gesien? Lekker duur en lekker tien minute se pret tot jy jou melikoptertjie se fokken batteries weer moet charge.
ar drone

Laat hoor maar gerus watter apps jy gebruik. Verbreed bietjie ons horisonne. Dis mos lekker om elke dag iets nuuts te leer. Tune ons sommer in die comments…

Kief. En onhtou samblief om te gaan vote vir Watkykjy hierso

griffinHoe om jou iPad Mini vir cool shit te gebruik.

Comments

  1. Belhamel

    Jou hond lyk of hy fokkol verkeerd kan doen nie. Check daai oe.

  2. Doos

    Yo enige apple shiz is useless as jy nie vir apple ‘n storie spin dat jy iewers in Boston bly nie. Die Amerikaanse app store is die enigste een wat rêrig shup is. Almal weet die SA app store is doos sleg.

  3. oom kallie

    Apple is kak. Koop eerder 'n Android device

  4. Author
    griffin

    Dis soos om te sê BMW is kak, koop eerder Audi, dan ry jyself ‘n Kia.

  5. Ninja

    Oom Kallie jy is n poes as jy dink Apple is kak.
    Android is kak!

  6. Author
    griffin

    Beide het hulle voordele. Ek was poeshappy op Android gewees op ‘n HTC Hero foon. Toe kry ek ‘n iPhone en dinge het effens beter en vinniger geloop, maar ek is seker die nuwe Android devices loop ook soos stroop.

  7. Jagter

    Laat ek nou maar ook die debat betree.  Vir lank was iOS devices die shit, maar die nuwe generasie Android tabs en fone met JellyBean is Apple so effe vooruit.
    As die iOs developers nie vinger trek nie gaan hulle die rigting van die Apple II vs IBM pc.  Die spoed waarteen die Koreane Android hardware verbeter is ongelooflik.
    Anyway, sinnelose debat, dis it soos julle se, BMW vs Merc. Klippies vs Rikkie louw. Op die ou end gee net die hardcore fanboys om, die res van ons gaan maar net aan met die lewe en attach nie jou self worth aan jou foon se operating system nie. (Yet, here I am, besig om kak oor fone en tabs te skryf)
     
     
     
     
     
     
     
     

  8. Jagter

    1 nuttige bydrae.  as jy sport doen. Baie handige sport trackers daarbuite wat jou fietsry en draf roetes track en so aan. Dis nou meer vir 'n foon as 'n tablet, maar die verskil is besig om te verdwyn.
    En as jy van die minder flukse soort is, daar is cool golf apps wat jou met die GPS wys waar jy op die fairway is, en die afstand na die gat toe wys en so aan.  (asook afstand na die bar). Nie dat ek golf speel nie. het daai kak gestop.
     

  9. Jo Poos

    Kyk, ek smaak die Apple cult net mooi fokol, maar hulle produkte is top kwaliteit. Dis net moeilik om R6000 te regverdig wanneer jy 'n Nexus 7 teen R2999 kan kry…

  10. Mossel

    Ek gebruik al daai apps omtrent, dan is daar Car Logbook: So legit app wat al jou mileage en trips opneem en vir jou so piele grafiek gee en se watter petrol stasies jou kar die beste myle gee. En dan Temple Run 2, seker die beste kakhuis game, na 30min besef ek gewoonlik ek moet seker afvee een of ander tyd. En laaste Flipboard, moerse cool opsomming van al die nuus waarin jy belangstel reg oor die wereld, dit hou my oppit met nuwe tech en games.

  11. Author
    griffin

    Ek sal Car Logbook en Temple Run2 bietjie uitcheck, maar ek like nie so kwaai van FlipBoard nie, alhoewel ek dit nogals fokken lanklaas gebruik het.

  12. herman

    Lekker artikel maar ek like die iPad niks. My kinders het na 3 weke hul nuwe iPad nie eers weer gecharge nie. Die games is regtig flou en die apps….nee wat boys and girls. Boring toy die, behalwe miskien vir die 24/7 musiekstasies.

  13. Author
    griffin

    Miskien moet jy kyk na die apps wat jy opsit, want my tjommies se kinders gaan aapkak op die ipad. Bygese, hulle is 4 jaar oud.

  14. AliceD

    As jy 'n arrem gat soos ek is kan jy nie sonder AppShopper leef nie. Dit het 'n WishList waar jy kan se watter apps jy will he maar nie kan bekostig nie. Die app notiveer you dan as die prys van 'n ap op jou lys verander. Jy kan ook sien hoe die app se prys oor die maande/jare gewissel het en dan uithou vir 'n laer prys as jy kan. Dit het ook lyste van populere gratis apps en paid aps ensovoorts. Ek het ander aps van die soort al probeer maar al die ander het my lyste op een of ander staduim verloor, poeste. 
    Die ander app wat ek baie gebruik is iPassword, dit stoor passwords vir jou. Ek het eers SecureSafe gebruik, maar die etters will 'n subskripsie he en jy kan net 50 passwords verniet stoor, en dit het geen export funksie nie, nog 'n klomp poeste. So ek het meer as 50 passwords want ontrent elke site will he jy moet in log. iPassword het 'n export funksie vir jou passswords.

Gooi Comment