Hoe die Bon Jovi/Justin Bieber heist by Soccer City afgepull is.

In Snotstories deur griffin8 Eiertjies

Dit was seker een van die grootste naweke ooit (naas die 2010 World Cup) vir die FNB Stadium in Jozi, met back-to back concerts. Bon "Botox" Jovi en daai lesbian meisie van Kanada met die kort hare, Justine Bieber het die stands tot die rafters ge-pack. Sowat 62000 mense het uitgeslaan vir Bon Jovi en omtrent 10000 meer by Bieber. By die Bon Jovi jol het omtrent almal gesuip teen R25 per bier. Ons weet nie wat alles by Bieber verkoop is nie, want ons was besig om 'n gat deur die kluiskamer by Soccer City te maak en weg te kruip het eers fokken halfdrie die oggend by die huis gekom na die Bon Jovi concert, ten spyte van die feit dat ons drie tunes voor die einde gefokof het. Jirre, wat 'n fokken gemors. 

Maar nie so groot gemors soos vir FNB Stadium en Big Concerts se managers nie. Check, 'n Oceans11-tipe bende het die hele naweek se takings gesteel in 'n moerse daring heist. Hulle het deur die mure van die not-so-safe kamer gekap, met toue afgesak en die HELE naweek se concession takings gesteel. Vir die dom mense: concession takings is al die kak wat by die show verkoop is se zak – daai glow stick gemors, bier, koeldrank, sooibrand pies, boeries, shirts, caps, hoodies. Daai tipe kak.

Reuters reken dis naby die R3m wat voete gekry het, maar Reuters kan nie fokken somme doen nie. Dit sal eerder naby die R6m wees. Hoe kom ons daarby uit? Ons het die geld by die huis getel. Poesbasic wiskunde: Kom ons veronderstel net 60k mense het by elk van die concerts een drink en een ietsie om te vreet gekoop. Die average spend sal dan omtrent R50 per persoon wees en dit is baie fokken konserwatief geskat. Die dronk mense wat ons by Bon Jovi alleen gesien het, het kakbaie drinks gekoop asook merch. Amper al die marabse voor in general standing het van daai simpel Bon Jovi bandannas gedra en moenie vir my kom vertel dat uit 'n crowd van 75k Bieliebers niemand merch gekoop het nie. Merch is kak-fokken-duur.

Die eerste gedagte wat ook by so moerse heist opkom is "inside job". Moenie vir jou fokken simpel hou nie. Natuurlik was dit 'n fokken inside job gewees! Hier is hoe dit gedoen is:

1) Steel iemand se beursie met ten minste R650 daarin.
2) Koop vir jouself 'n security guard kwalifikasie vir R650 (by 'n Roodepoort training college).
3) Gaan werk by Soccer city as 'n security guard.
4) Loop na die chicks badkamer verste van die stadium af. Dis in n cavity. Breek deur die dubbel muur en sak met toue af in die safe room in.
5) Steel al die fokken geld. (net die papiergeld, die coins is te poes swaar).
6) Maak mental note dat Rihanna daar speel in Oktober.

In hierdie foto wat deur ons tjommie geneem is terwyl ons deur die safe room se muur gekap het by die huis gebabeleer het, kan jy sien dat Bieber salig onbewus is dat al Soccer City se zak gesteel word.
Justin-Bieber-watkykjy

En in hierdie foto wat ons geneem het tydens die heist Maandag deur EWN geneem is, kan jy sien dat daar net so paar coins gelos is asook die BlackBerry wat ons as kommunikasie gebruik het
heist

Jirre, dis nou 'n moerse fokken skade. Blykbaar is daar 'n week lank ge-chisel om deur daar dubbele dik muur te breek. Dit sal net logies wees dat die ouens vinniger begin werk het toe Bon Jovi losgebars met die chorus van Living On a Prayer –  "Aaaaah, we're halfway there!". Jirre manne, kom ons looi dit!

So bietjie inspirasie, jy weet?

Hier is 'n tip vir die ouens wat sulke moerse concerts se security reël: As jy mense aanstel wat nie eers kan check of mense tot packs binne sig in hulle glase uitgooi of in die Golden Circle staan en kringetjies blaas met hulle daggazolle nie, hoe de fok gaan jou spannetjie spesialiste keer dat iemand met R6845345,35 omtrent R6mil by 'n venue uitloop sonder dat iemand hulle sien?

O ja, ek het vergeet… Dis 'n inside job.

(PS: Al julle Geld is by George Clooney, hoor)

Deel met jou tjommies!

    griffinHoe die Bon Jovi/Justin Bieber heist by Soccer City afgepull is.

    Comments

    1. Slingshot

      Jy't jou BlackBerry op die tafel vergeet saam met al daai kak coins wat jy nie wou saamvat nie!

    2. Zapatista

      Jirre Griff, jy het maar net `n manier met woorde, ek het nou amper in my broek gekak van die lag.
      Keep on playing the hits my bra!!!!

    3. Die Willeboer

      My gat afgelag nou. My een pel beduie hy wil net sy leer en toue terughê asb. Sy vrou gee hom kak daaroor.

    4. JagsJannie

      "I am a Belieber", lalalalalalala ens. Seker wat hulle gesing het terwyl hulle die hand in die til gesit het!
      Grif, dis met fokken skerp humorsin geskryf my bra!

    5. Neusman Jansen

      Griff goed geskryf maar jyt n paar details oorgekyk.Die gar in die muur was veroorsaak deur Blieber se skril stem toe hy Baby baby baby oeeeeh gesing het.Noemens waardig is dat JB se stem die een ding is wat Chuck Norris nie gebreek kan kry nie so dis eintlik als Chuck se skuld…

    Gooi Comment