Bizarre Bedonderde Donderdae – Watkykertjie kompetisie

Gewoonlik neem dit ons amper ‘n dag om een van hierdie outjies vir julle te maak en ons was nogals fokken besig die laaste maand en ‘n half. Dis nie die maklikste ding op aarde om te doen nie. Ons het begin timmer aan die nuwe outjie toe daar weer iets voorval. Check, ons kan hom klaarmaak, maar dit sal half stupid wees om dit op ‘n Vrydag uit te sit, so hier is die deal: Ons looi julle volgende Donderdag weer met ‘n lekker een en hierdie keer moet julle een maak. En ook nie vir fokol nie. Kom ons maak dit sommer ‘n kompetisie.

Die wenner van die beste Bizarre Bedonderde Donderdag video sal ‘n lekker klomp CDs wen, waarvan The Great Gatsby se sound track een van die pryse is (die movie begin more in SA wys en ons stick sommer by die theme van ou movies). Ons sal nog so vier befokte CD’s kies om deel te maak van die package vir die main konyn en vir tweede en derde plek ook elkeen ‘n CD pos. All-in-all so R1000 se pryse min of meer.

Hoe skryf jy in? Ons het klaar 90% van al die werk vir jou gedoen. Al wat jy moet doen is om ons half-gemaakte video hieronder te download (gebruik iets soos Keepvid) en jou eie stemme en so paar extra sound effects by te sit om ‘n storietjie te maak. Jy upload dit weer na YouTube toe en mail vir ons die link.

Die entries moet ons voor einde Woensdag, 5 Junie bereik en ons sal die wenner se video op 6 Junie post saam met ons eie een. Pismaklik. Of is dit? Nou kan jyself sommer kyk watse graft in so iets ingaan. Have fun, jy het twee weke!

Deel met jou tjommies!
Gefile in kompetisie. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

3 Comments

  1. Visvinger
    Posted May 23, 2013 at 7:24 pm | Permalink

    Is daar veronderstel om stemme te wees?

  2. Bazza
    Posted May 24, 2013 at 12:11 am | Permalink

    ja, maar as jy so bietjie bo lees, sal alles sin maak. As jy jou zol met drank meng is dit ok maar moet nie die mushrooms ook gebruik op die selfde tyd op n skool nag.

  3. Vingerinhol
    Posted May 24, 2013 at 11:33 am | Permalink

    Dis al poessnaaks sonder klank.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>