Watkykjy nuus round-up. Week 15.

In Wat is nuus? deur Vent Venter2 Eiertjies

Verlamde man kan te danke aan duimseks kom
reg soRafe Biggs (43) het ‘n ruk terug van ‘n dak af gebliksem en sy nek gebreek. Dit het hom van die heup af ondertoe verlam gelaat en blykbaar was sy heel eerste en grootste bekommernis dat sy voël by implikasie ook voorts buite aksie sal wees.

Volgens ‘n onbekende bron wat nie bestaan nie is daar kort na die ongeluk gedink hy is besig om onsamehangende pynkrete uit te laat, maar dit was in werklikheid ‘n herhalende uitroep van “Eli, eli, lama sabachtani!” (soek dit op, jou lui naai).

Nou, later kom (hiehie) hy toe iets agter. Sy chick het hom ‘n duim-blowjob gegee – dis presies soos wat dit klink – en hy het al meer … opgewonde geraak, tot hy mettertyd ‘n orgasme bereik het. Dit klink vir ons effe onderduims, maar die storie is al wyd op digit-al netwerke versprei.

Biggs het ook vingeralleen die ondersteunersorganisasie ‘Sexability’ gestig, wat mense met soortgelyke gestremdhede help om seksuele plesier te kan ondervind op alternatiewe wyses. Kyk, alle grappies op ‘n stokkie, dis pretty fokken cool.

Ek skat ‘n mens kan sê
(sit donkerbril op)
Hy’t nie die storie uit sy duim gesuig nie.
YEEEEAAAAAH! – The Sun

Liewe Mangosuthu, Ray Charles leef nog!
So, Margaret Thatcher is verlede week begrawe. Of so beweer hulle. Sy was mos immers die Iron Maiden, so bes moontlik is sy óf in daai medieval torture ding gedruk óf sy boogie steeds ongesiens in die Britse parlement se persgalery en gil so nou en dan “Run to the hills! Run for your lives! After tea!” Of dalk waggel sy daar rond en drink fokken baie brannas en coke en skree vir David Cameron “Do you belieeeeeve in life after love, after love, after love, after love!” Get it? Margaret Fat Cher. Hahahahha! Lag, jou poes, dis fokken snaaks.

Anyway, een van die TV-kameras swaai toe bietjie rond na die VIP’s wat die huge diens bygewoon het. Die kommentator reken toe dis Ray Charles wat daar sit.

Holy shit! Is hy nie al amper 10 jaar dood nie? Tegnologie is befok!

O, nee, dit was toe onse Mangosuthu Buthelezi wat daar sit, met die donkerbril en al, wat blykbaar vir die kakies nes Ray Charles lyk.

Hit the road, Jack…ob! – Mail & Guardian

mangosuthu-charlelezi

Dude oorleef ná hy homself met harpoen in gesig skiet
‘n Visserman van Brasilië het slegs minimale beserings opgedoen nadat hy homself per ongeluk deur sy gesig met ‘n harpoen geskiet het. Bruno Barcellos de Souza Coutinho het sy visvang-stuff skoongemaak, toe skiet die harpoen skielik. Jy weet, ‘n harpoen. Daai ding waarmee daai ander bra die groot walvis gejag het in Moby Dick. Is mos? Ek weet nie, Fiela se Kind het in standerd agt gemaak dat ek nooit weer lees nie.

Anyway, die dude is blykbaar tougher as Eben Etzebeth, want hy’t tien ure gewag voor hy gereken het hy moet seker dokter toe gaan. Dis nou nadat die spies ses duim diep in sy kop vasgesit het. Check hierdie fokken foto’s:

Miracle as man survives firing 12-inch spear to his own head

Hulle sê nou hy’t net al die sig in sy linkeroog verloor. Die spies het die belangriker are in sy brein net-net gemis. Ek sou dink alle are in jou brein is pretty fokken belangrik, maar nou ja, ek’s nie ‘n dokter nie … nie méér nie. :–( Huffington Post

Opsomming
Kyk, dit was nogal ‘n rowwe nuustydperk die afgelope ruk, what with die Boston-goed, daai fabriek wat in Texas ontplof het en klomp mense dood gelaat het, en die Bulls wat gewen het. Ons maak eerder nie grappies oor daai kak nie.

So hier’s ‘n video met tiete en katjies.

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 15.

    Comments

    1. #1 Pisscatt

      So dis pussy en boobies !      I ikes it a lots !

    Gooi Comment