bacon piel

Watkykjy nuus round-up. Week 14.

In Wat is nuus? deur Vent VenterRek jou bek

Skiet spek, bra!
bacon pielKla jou chick ooit dat daai Choice-effies wat jy so graag gebruik soos eergister se nat pizzaboks ruik en proe? Moeg vir haar gebitch? Wel, hier’s jou oplossing (tensy sy Joods is)!

Die maatskappy J&D’s Foods in Amerika het daarin geslaag om ‘n spekgegeurde kondoom (soos in bacon blavoured) te ontwerp.

Hier’s die maatskappy se press release: "Truly the new standard of animal protein themed prophylactics Bacon Condoms are proudly Made in America of the highest quality latex and rigorously tested to help ensure the utmost reliability and safety for when you’re makin’ Bacon."

Elke kondoom word ook bedek met die maatskappy se spesiale “baconlube”. God alleen weet watter diere ‘n mens alles moet doodmaak om “baconlube” te kan vervaardig. Jirre.

Maar hey, ek skat …
(sit donkerbril op)
… jy kan uiteindelik vir haar daai beloofte breakfast in bed gee.
YEEEAAAAAH! – Fox News

Kardiewe gee hul oor nadat polisiemanne vir hulle blaf
menshondDie polisie is gebel nadat twee gemaskerde dudes gesien is waar hulle by ‘n huis in New Haven, Amerika, ingegaan het. Daar woon net op die derde vloer van die huis mense – ‘n gesin – so iemand in die omtrek het suspicious geraak. Wel, die fokken maskers het seker ook gehelp.

Die cops het die huis omsingel en die ouens beveel om uit te kom, maar vreemd genoeg wou hulle nie. Die cops kon, te danke aan jare se opleiding en ervaring van hoe om misdaadsituasies te hanteer, tot die briljante en logiese gevolgtrekking kom dat hulle moet blaf. Soos honde. Om die ouens bang te maak.

En dit het gewerk. Kwame Wells-Jordan, 20, en Norman Boone, 23, het druipstert by die huis uitgekom en is in hegtenis geneem.

‘n Ingeligte bron wat nie bestaan nie het aan Watkykjy gesê die polisiebeamptes het hulself teen hierdie tyd heeltemal in hul rolle as honde begeef en het ook die misdadigers se ore gelek en hul onderbene gebroeknaai.

Woef, motherfucker. – WFSB.com

Jou metaalinplanting kan lewens red… deur padtekens te word
titatium plateMiskien is jy een van die baie mense wat met titaanplate en/of skroewe in jou rondloop. Ek dink amper Griffin is een. Serious, check hierdie inskrywing oor hoe hy opgefok is in ‘n bike ongeluk destyds. Wel, Griffin, goeie nuus – wanneer jy sterf, gaan ons daai plate uitruk, ‘n dorp se naam daarop verf en dit aan ‘n paal in die grond vasmaak sodat kinders dit met BB guns kan skiet. Happy, bra!

Dis nie net padtekens nie – afhangende van hoe waardevol jou robocop shit is, kan dit ook in vliegtuigenjins, motoronderdele of lamppale gebruik word.

Orthometals, die Nederlandse maatskappy hieragter, sê ongeveer die helfte van Brittanje se 260 krematoriums is reeds deel van die scheme, wat 75 ton metaal per jaar voortbring.

Klink dit faktap? Wel, hoe nodig gaan jy dit hê in die hiernamaals? As jy reken jy gaan dit nodig hê om st. Petrus mee om te koop by die Pearly Gates, het jy waarskynlik groter probleme. Buitendien, wat dink jy gaan st. Petrus daarmee wil doen? Vir homself ‘n kickass costume bou vir sy volgende pro wrestling match as “Die Rots” teen Johannes “Die Doper”? Moontlik… fokkit, die hemel klink ewe skielik nogal cool.

Anyway, nee, dis nie te faktap nie, want hulle vra die naasbestaandes voor die tyd. Party mense wil die metaaldele hou, maar die oorgrote meerderheid sê die krematoriums kan maar daarmee doen wat hulle wil. En hulle het met die besigheid al amper ‘n miljoen pond vir charity bymekaargemaak. – Daily Mail

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 14.

    Gooi Comment