Van Coke Kartel jol hierdie Saterdag by Arcade Empire!

In Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

Kom slat Saterdag, 4 Mei uit by Arcade Empire vir ‘n befokte aand saam met Van Coke Kartel. Die manne het verlede week vir Metallica ge-open en is moerse amped vir ‘n groot party. Chopper Charlie en Iron Leyden is ook hier alliepad van die Kaap af om vet RAM JAM rock ‘n roll vibes te kom gooi op die decks buitekant. Supergees! Oefen solank jou nekspiere.

Goodnight Wembley en Tot Stilstand maak ook deel van die line-up uit. Kom vroeg as jy nie wil uitmis op al die bands nie. Van Coke Kartel sal die stage seker so teen 23:00 se kant slaan. Kom proe sommer ook Braaiboy se wors as jy dit nog nooit gedoen het nie.

Moerse thanks aan Hilltop Live en Jagermeister wat hierdie parties wax.

Vyftig skille kry jou by die deur in. Lekker sous!

Arcade Empire
256 The Highway Street
Equestria

As jy nog nie daar was nie – jy bliksem basically net oos met Lynnwood Road tot jy Arcade op links sien. Jy kan dit nie mis nie.

Hier is die link vir die Facebook event  – loop nooi al jou tjommies ook uit.

VCK-watkykjy-jol

Deel met jou tjommies!

    griffinVan Coke Kartel jol hierdie Saterdag by Arcade Empire!

    Gooi Comment