Ons het The Kooks gaan kokkenodge…

Verlede Vrydagaand het ek vir die tweede keer in my lewe dronk geraak onder 'n brug. Die eerste keer was in Standerd 5 en ek praat nie daaroor nie, maar laas Vrydag se “5Gum Experience” party was darem heelwat meer befok gewees.

Ons het vroeg die aand deurgeskiet van Pretoria af Joburg toe om betyds te wees vir die busse wat ons na die jol toe sou vat. Dit was een van daai secret location vibes waar jy nie voor die tyd weet waarheen jy gaan nie. Moerse lekker vir die marketing mense om hype op te bou, moerse kak vir die mense wat vir ure in die reën moes staan by Oriental Plaza se parking lot.

Eintlik is die hele storie net een poesgroot marketing exercise gewees, want jy kon nie actually tickets koop nie. Jy moes deelneem aan 'n Facebook kompetisie en dan het jy verniet tickets gescore. 'n Vinnige 8000 likes op 5gum se facebook page later, het almal uiteindelik by die secret venue aangekom… onder die fokken M2 highway in die middel van Joburg.

Ek moet dit vir 5gum gee, hulle het die kak uit die plek uit ge-brand en ge-setup en die ligte, klank en stage was world-class. So goed dat 8000 mense fokol gedink het om onder 'n brug in die reën te staan en suip nie. Die kief musiek het seker ook gehelp.

Ek sal begin by die einde met The Kooks. Hulle was mos eintlik die rede hoekom almal daar was en alhoewel ek nie die vaagste benul gehad wie hulle was nie, het ek genoeg bekende tunes gehoor wat my laat gaan het “Ooooooo, so dis The Kooks wat daai song sing” om te weet dat hulle 'n big deal is. Dis daai tipiese Britse-indie-skinny-jeans-skerp-wangbene-happy-sad pop musiek wat pre-teen meisies na luister as hulle dink hulle verlief is, maar die ouens het 'n befokte show gespeel en was obviously weggeblaas deur die hoeveelheid fans wat hulle in SA het.

Voor The Kooks was daar twee local opening-acts. The Stellas is nog 'n band wat ek nog nooit eintlik na geluister het nie. As dit nie vir hulle accents was nie, sou ek gesweer het hulle is ook van the overseas. Ek besluit nog of dit 'n kompliment is of nie, maar hulle het weereens 'n lekker show gehad en beslis 'n hele klomp ekstra fans opgetel.

En dan was daar Shortstraw, wat die show begin het. Hulle doen op die oomblik heavy goed vir hulself en het onlangs 'n MK Award gewen vir Best Indie Band. Hulle het ook 'n nuwe album, Good Morning, Sunshine wat jy kan download vir 'n bedrag van jou keuse vir die volgende maand. Shortstraw is beslis een van my favourite SA bands op die oomblik, so gaan kry onmiddelik hulle muisek en moenie 'n doos wees en 'n bedrag van R0.00 insit as jy hom download nie. Hulle was in my humble opinion die coolste band van die aand en is gewoonlik die coolste band by enige show wat hulle speel.

So lank soos dit gevat het om Vrydagaand daar aan te kom, so vinnig het almal weer gefokof na die tyd en ons moes hardloop soos werfetters om die laaste bus te vang. All-in-all was dit 'n kaklekker aand gewees, al het dit gepis soos 'n boemie onder 'n brug.

Ons het tussen die gesing en gestamp en die aaptwak en die bier darem ge-manage om 'n paar fotos te neem en 'n kort video te skiet. Moerse dankie aan 5gum vir die lekker party en die long-ontsteking.

IMG_7309

IMG_7310

IMG_7326

IMG_7368

IMG_7389

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

2 Comments

  1. RocketLou
    Posted April 24, 2013 at 8:49 pm | Permalink

    Poes cool video! beter as meeste band s'n met baie groter budgets.

  2. pkr
    Posted April 24, 2013 at 9:57 pm | Permalink

    Gees video! lekker vibes! Ek moet chappies begin eet.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">