Metallica se show in die Kaap verander venue na Bellville Velodrome.

In Wat is nuus? deur griffin4 Eiertjies

Metallica sal nou twee aande perform by die Bellville Velodrome: 24 en 25 of April en nie meer een aand by die Cape Town stadium nie. Joburg se vibes vir die 27ste bly onveranderd.

As jy reeds jou tickets vir die Kaapstad show gekoop het, kan jy dit as volg omruil:
1) Alle Golden Ticket kaartjies kan by Comuticket omgeruil word by Computicket outlets vir enige van die performances by die Bellville Velodrome vir die 24st of 25ste April
2) General Admission Standing ticket holders kan kalm bly en hoef niks te doen nie.

Tickets is online beskikbaar by Computicket.co.za  (Johannesburg show R340 – R850. Cape Town show R360 – R850) en onthou, jy kan Metallica tickets, DVDs en Blu-Rays hier op Watkykjy wen.

metallica

 

griffinMetallica se show in die Kaap verander venue na Bellville Velodrome.

Comments

  1. Evert

    Dis eintlik beter so.
    Die klank kan baie beter opgestel word in die Velodrome(dak is toe), is die nader aan die huis.

  2. fran

    Dis nou fokken ver van my huis af, sou die Mycity bus soontoe en terug gery het na Houtbaai. Nou moet ek naai ver Belville toe bliksem, nie 'n druppel drink nie en terug bestuur 11 uur op 'n donnerse weeksaand. Fok julle big concerts. Wanner gaan julle concerts reel in die Kaap oor naweke, 4 fokkin keer in 'n ry was dit in die middel van die week van die laastes wat ek bygewoon het. En die logistics van die concert daarom was average tot kaksleg. Wanneer gaan iemand anders groot bands begin bring na SA? Elke keer is daar een of ander fokop met Big Concerts. Jammer ek bitch so Griff, needed to get this of my chest.

  3. Evert

    Ai naai, ek kan nie skryf/spel nie.
    Ek moes laas van die Kaap af huis toe bliksem, my 'n uur en 'n half gevat en moes 4 ure later opstaan vir werk. Nou is dit net oor die bult tot by Kraaibak.
    Die mense wat sitplek kaartjies gehad het by die Kaap, gaan nou baie nader aan die band wees!
    By die Chilli Peppers moes ek die show op die fkn big screen kyk.
    Stem saam met Fran oor die konserte in die week.

Gooi Comment