Laasweek se zefspotters.

In Zefspotters deur griffin1 Eiertjies

So paar zef goetertjies,
Willem

tranksei limmo

haircut repairs

no smoking dagga

Hi Griff
Het hierdie een in Centurion mall gesien.
Gary

Ren

Hi Griff,
Het die gesien in Pitoors vanoggend. Weet nie regtig wat om hiervan te maak nie, maar sy lyk nogal na ‘n antie wat hard kan bliksem. O ja, verskoon die voëlkak op my windscreen! Dit is NIE ‘n nuwe bumper sticker vir BMW nie! haha
Cheers,
Xandré

koei

Hi
Hierdie meneertjie by Birmingham lughawe gespot.
Groete
Andre

haudi

Only in mooimooi
Paul

plaas implement

Nuwe dag van die week?
Raymond

wedesday

Die ou kak seker met n "c" want hy komunikeer met n "k"
Phil

kak kommunikashin

Hey Grif
Hier is twee mooi modelle vir Zefspotters.
Stephan

IMG-20130312-00137

IMG-20130312-00138

Hoe ry die trein?
Dolf

02-03-2013 013

02-03-2013 014

ag dis nou maar actually twee.DIE JUWEELTJIE is gesien in port st johns op onse resent trippie wille kus tu. hoop j wardeur. die sign is van a girls badkamer gekry in die sele dorpi.

Tnx
Sandra

133

138

Dag Griff,

Hier's 'n zef collage van die afgelope weke (Jirre – "collage" – ek kan fokken larney woorde uithaal as ek die dag tyd het, huh? Ek begin sommer prôt soooeees in Wôôterkloof…)

Ennieway, hier's die lot:

1) Gespot in Voortrekkerstraat, Pitooria – hopelik is hulle kombuise net so be-FOK soos hulle naam;

2) Hierdie mean machine gespot naby Seshego, Polokwane (JuliAss MalEnema se valley, vir die wat onder 'n klip woon) is so kakvinnig die ekstra downforce is absoluut noodsaaklik om hom op die pad te hou;

3) Kafee in Waterval Boven – ons het reeds een naambord maar nuuheeh, dis nie goed genoeg nie, kom ons sit 'n tweede een op en maak 'n doos van onsself in die proses;

4) Twee Zefmobiles by Jakarandasentrum – ek moet sê die bra met die Mini het nogal moer baie moeite gedoen, kyk daai ienniekyters in die spieëls ingebou, byvoorbeeld. Impressive attention to detail maar steeds bietjie pointless vir my – amper soos om tiete op 'n hoender oor te plant…

Groete,
Prof. Bokdrol.

Zef collection PTA-PG-WVB

Check vir Bergheks en Brombeer
Ludwig

bergheks en brombeer

griffinLaasweek se zefspotters.

Comments

  1. Beesbal

    Griff
     
    ek moet net weereens komplimenteer met Zeff- spotters – dit is gewoonlik die highlight van my Maandag! 
     
    Beesbal in Guernsey

Gooi Comment