Kortbroek is in SuperBru rehab.

In Sport deur griffinRek jou bek

As jy nie in die top 300 van jou eie SuperBru pool is nie, is dit dalk beter om iemand wat wel uitmaak se advice te kry. Ek is tans in SuperBru Rehab. Fuck.

My performance lyk tans soos die ANC se service delivery. Dik deur die kak en moerse unreliable. Ek hou dus my PoeperBru opinion vir myself die week – mens kan tog net soveel humble pie in 'n kwessie van drie weke munch.

Hier is bra Skenier se Superbru solutions. Enjoy.

Soos 'n wildsbok wat smag na water, smag ek net na 'n normale fokken week op SuperBru waar daai skaapstekers down-under my nie 'n grandslam punt gaan kos soos laasnaweek nie.

In all fairness was die Kings seker meer verantwoordelik vir daai tos-op, maar ons gee maar die ouens 'n breek, want jirre, hulle het nie veel anders wat vir hulle gaan nie.

O ja en fok jou Kortbroek, dis bietjie 'n kak naweek om my eerste stel predictions op die interwebs uit te pomp  – daar is 'n paar tight games wat enige kant toe kan swaai, so moenie my te harsh judge nie. En as jy doen, fok jou, hou op lui wees en maak jou besluite.

Sover dit my credentials betref: ek speel in twee pools vir geld en as ek nie wen nie gaan die ouens my knieknoppe kom afmoer einde van die maand, so ek vat die kak nogal ernstig op.

Dis hoekom ek so skuins onder die Top 10 in Kaptein Kortbroek se pool lê en laasjaar nommer 9 in Watkykjy s’n geëindig het.

Punt is, respect mah authoritaah*.

*Disclaimer: Skenier aanvaar geen verantwoordelikheid vir jou kak besluite nie. Hy, net soos Moses, praat maar die gevolge van of jy gaan luister of nie is jou eie kak.

So is dit geskryf, en so sal dit hopelik wees:

Highlanders vs Brumbies:
Dis nie vir my lekker of maklik dié nie, maar ek reken die Brumbies het laasnaweek so kakhard geskrik, Oom Jake moes hulle die week behoorlik laat kots het op die training veld net sodat die fokkers bietjie bykom. Ons het nou al gesien vroeër die jaar die ouens kan ruggas jol as hulle besluit om die dag op te pitch. Die Highlanders aan die ander kant is so impotent soos ek as ek probeer draties gooi met Oprah aan in die agtergrond. Sal like as die Brumbies op hulle moere kan kry, maar hulle jol by die huis en die Highlanders speel soos kak.
My pick: Brumbies met 8

Chief vs Reds
Dis 'n taai naweek dié en ‘n paar games kan vir n verrassing of twee sorg. Hierdie is nie een van hulle nie. Die Reds lyk orraait by die huis maar die Chiefs gaan hulle hard opfok. Hopelik sal iemand ook vir Quade Cooper in die ballas skop.
My pick: Chiefs met so 10

Blues vs Hurricanes
Hierdie gaan 'n lekker game wees! Die Blues het in eerste rondte 'n upset gekry, maar since die eerste paar weke verby is begin die ouens weer soos laasjaar lyk. Sukkel maar om ‘n game klaar te maak met 'n wen. Steeds, as hulle wil kan hulle groot kak maak die dag. Die Hurricanes aan die ander kant lyk elke week beter en ek dink hulle is reg om 'n paar games te wen. Ek like die Kiwi-derbys en ek reken hierdie gaan 'n tight een wees. Blues speel by die huis maar Canes gaan hom net-net met so 5 punte vat en 10 teen 1 gaan Savea of daai poes-my-gesig Conrad Smith dit in beseringstyd doen omdat Piri Weepu besig is om aan sy after-game garage pie te dink.
My pick: Hurricanes met 5

Rebels vs Kings
Fokweet, toe die hele ding begin het, het ek gesweer ek haat die fokken Kings. Meeste mense het, maar jy moet bietjie krediet gee waar dit toekom en ek moet erken die ouens jol asof hulle lus is om hier te wees, wat meer is as wat mens laaste paar jare van die goue pussies kon sê.
Ek kan nog nie heeltmal besluit of hulle nou só fokken goed gejol het laasnaweek (gemeet teen tournament standards, nie PE standards nie) en of die Brumbies net rondgetos het nie. Either way, as die Kings 'n kans gaan hê om n game op toer te wen is dit seker maar dié een. Solank
hulle vir Justin Bieber daar op die Rebels se fullback kan dophou behoort hulle die een deur te haak. Al is dit dan nou net-net.
My Pick: Kings met 4

Force vs Crusaders
Nie veel te bespiegel hier nie. Dan Carter is terug en die Force is anyway tos.
My Pick: Crusaders met at least 11

Stormers vs Sharks
In die verlede sou die game 'n veel meer exciting prospect gewees het. Maar met die Kapenaars wat deesdae nog 'n tosser houding as gewoonlik het noudat hulle verloor, is dit sommer net kak om na hulle te kyk. Behoort steeds 'n tight game te wees. Gaan seker maar weer op penalties
en kak gewen word eerder as moerse exciting running ruggas. Sharks lyk met tye of hulle enigiemand kan opfok, ander kere lyk hulle soos Laerskool Carletonville se o/13B span. Stormers lyk selfs kakker.
My pick: Sharks met 3
Side note: Die Stormers moet maar hoop daar is n paar traveling Sharks fans by die game. As hul eie fans mekaar doodbliksem, imagine net wat hulle met daai Cape Crusaders sal maak. Problem solved.

Bulls vs Cheetahs
Hou maar die beste vir laaste – hierdie behoort 'n fokken lekker game te wees as die Cheetahs daai bal kan rondgooi soos hulle deesdae doen. Die Bulls is nou lekker gerus en met Sideshow Bob wat nou Sideline Bob is, het hulle n baie beter kans om n game daarvaan te maak. Ek like dit
om te sien hoe die Cheetahs dié jaar die groter ouens kak gee, maar ongelukkig dink ek die law of averages sê dat daai streak een of ander tyd bietjie moet klaarmaak, en ek dink na al die harde games en travelry die laaste ruk gaan n wen op loftus bietjie veel gevra wees. Hulle gaan dit 'n goeie go gee, maar die Bulls sal hom wen in die einde.
My pick: Bulls met 4

Kortbroek tune: (Soos elke week) Hou tog net fokken op om rond te tos, Cheetahs. Laasweek was te close. Ruk julle reg asseblief. Wys vir Heineken en sy Bulle waddefok aangaan.

Skenier praat ook so nou en dan kak op twitter. Checkit uit en volg die fokker @skenier
Lekker suip en ruggas kyk.

Deel met jou tjommies!

    griffinKortbroek is in SuperBru rehab.

    Gooi Comment