Die Beste SuperBru preview in die fokken Wêreld!

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

junkieAs jy laasweek fokken baie games reggehad het, stel ek voor jy klim sommer nou in jou kar en mission na die naaste Casino, want donner almal het klippe gekak! Twee Ozzie teams top of the log – nee, sif ouens, dit maak my bietjies-bietjies in my mond kots.

Vir die week se SuperBru session het ek vir Griff en Skenier getune om triggerhappy dose soos ek bietjie uit te help. Ek ruk ook die gebruiklike bal uit vir wat dit werd is want hier in SuperBru Rehab is een van die vyf stappe tot recovery om sinvolle rugbybesluite te probeer neem. Hoe bly is ek nou die shocktreatment is verby…

As jou Superbru so moertoe soos myne is, troos jouself daaraan dat ons nou eers die halfway merk tref, so daar is nog tyd vir daai marabse wat jou mok om op te fok.
 
Daar is weer twee kaklekker local games Saterdag. Check bietjie wat skiem Skenier en Griff oor ons Derbies:
 
Skenier: Sharks sal hom wen al score hulle fokkkol tries
Kyk, laasweek se predictions was 'n bitter pil om te sluk, maar ek dink daai kak het meeste mense maar omkant gevang. Maar na ‘n week se nabetragting gaan ek maar weer hoed-in-die-hand, ballas-in-my-keel ‘n paar predictions waag. My derby pick vannie naweek is Sharks vs Cheetahs. Altyd ‘n lekker game, en die Cheetahs is hoeka die Sharks se bogey team en soos daai brasse oor die mielievelde aangejaag kom deesdae kan mens net dink hulle gaan groot kak in Durban maak. Amper soos daai peri-peri pynappels wat die brasse by die strand verkoop onder die Valies. Ek gaan nou maar weer met die hart in plaas van die kop gaan en die Sharks net-net met so 4 die benefit of the doubt gee en net omdat hulle by die huis jol en die Bulls laasnaweek die Cheetahs se spoed so bietjie gebreek het. Wat wel befok gaan wees, as dit so uitwerk, is om Reinach vs Piet van Zyl uit te check – ek reken Piet is moerse opgepsych om vir Heineken ‘n vet fokken vinger te wys met dié game.
Vandat Jannie ook sy baard afgeskeer het, kak hy ook maar af voor. Dit, en die Cheetahs se los vories dink ek gee hulle ‘n goeie kans om voor te dominate, alhoewel die Sharks se backline sover soveel byt as jou average Stormer spoorwegpawiljoen supporter het, het hulle al die talent as hulle net hul kak kan uitsort. Tight een, Sharks met 4.
 
Griff: Kings verloor met ‘n kortkop
Vroeër die week het my tjommies, Donovan van Feed the Wolf en Hannes Brummer van Hannes Brummer my nuwe bar kom uitcheck. Ons moes of dronk of bored geraak het, want ons het oor Port Elizabeth begin praat. Donovan het met die beste beskrywing ooit vir die plek opgekom: Detroit by the sea. Check, ek is impressed met hoe die ouens sover doen en 'n klomp mense se biltong het in klein stukkies shut-the-fuck up verander terwyl hulle daaraan geknaag het. Die crowd in PE sal mekaar seker harder poes as wat die Bulls die Kings gaan poes, maar die Bulls behoort dit te vat. Daar in Detroit by the sea. Ek wil amper vir die Bulls 'n wen van 15 gee, maar die wind gaan meeste van die punte wegwaai as hulle aanhou skop. Steyn is in shape, maar Katrikil… Katsekielie… man daai fokken Griekse laitie – hy sal vir punte sorg. Maar nie genoeg nie. Bulls met 'n measily 3 punte vir 'n wen.
demetri 
Kortbroek: Fokkie Force en die Canes en die Ref
Dankie tog ek sit nie geld op hierdie SuperBru speletjie nie want in daai geval sou die Hurricanes my nou al ‘n klein fortuin gekos het. Net as ek dink hulle het spoed, dan tos hulle rond. Back ek hulle nie, dan wen hulle. Fok tog. En waddefok rook die Force? Verloor teen die Kings maar bliksem die Crusaders. Die feit dat die Ozzies eweskielik die brag gatte in die toernooi geword het behoort die eerste teken te wees dat Super Rugby besig is om een vet fokken joke te word. Ek meen as iemand daarbuite – Tappid Henning of een van daai ou reffs – net vir ons kan verduidelik hoekom elke donnerse ref die breakdown anders blaas sal dit piele wees. Fokkit, manne ons weet die game kan nie werk sonder julle imput nie, maar dit begin al hoe meer lyk of meeste van die refs uit die Bryce Lawrence school of kak decisions gegraduate het. Dis asof die feit dat daar ‘n TMO is beteken dat niemand meer hoef te worry wat actually gebeur nie. Ons is nou in round 10, for fuck's sake! Almal moet surely nou al op dieselfde bladsy wees.
 
Genoeg gekots vir ‘n oomblik, hier is befokte SuperBru advice deur Griffin en Skenier – met Kortbroek se kak opinion vir comical relief.
 
Vrydag:
Canes vs Force (9:35 kick-off)
Griff: Canes met 'n home game teen Force. Hmmmm, die Hurricanes is fokken unpredictable en het al baie ouens se SuperBru op hulle kniegies laat sak en bid, maar ek sal gaan vir die Canes met ‘n wen van so 8. Vat net al die Force se average punte waarmee hulle verloor het en die feit dat hulle op die Canes se grond gaan lyne snuif. Dis pure wiskunde en raaiskote.
Skenier: My oupa het altyd getune selfs n blinde hoender pik so nou en dan ‘n paar korrels raak. Force het laasnaweek die Crusaders gewen, maar dié was ook nou iets wat elke keer gaan gebeur nie. Ek reken die Crusaders was meer kak op die dag as wat die Force nou skielik die befokste span ooit is. Behalwe as Lance Armstrong nou hulle conditioning coach geword het. Force gaan afkak weg van die huis. Canes met 12
Kortbroek: Ek wens altwee die spanne kon verloor, maar wie is ek om met Skenier en Griff te stry? Canes met so 4 want die Force het meer confidence as ‘n stripper in Brakpan.
 
Waratahs vs Chiefs (11:40)
Griff: Hierdie is die fokken moeilikste game vir die naweek om te kies. Ek het regtig nie 'n fokken clue gehad nie. Chiefs is top of the log, maar hulle het teen nog net seemingly kak spanne gewen sover. Die holnaai wat hulle die Vrystaters gegee het staan dalk uit, maar jirre man, shame.  Ek het mense op Twitter ook gevra en meeste ouens reken dat Chiefs dit sal vat. Toe flip ek 'n coin en kies die ouderdom waarop ek die eerste keer bewus was van 'n stewige boner. Gevolglik gaan die Waratahs wen met 4. As ek verkeerd is, kan julle 'n R5 coin en my piel blameer.
Skenier: Jirre maar die Chiefs het rondegtos laasnaweek. Wat mens gedink het verseker die sterkste span in die kompetisie is, is mal gehardloop deur daai Reds. Chiefs behoort die obvious keuse hier te wees, maar judging op laasnaweek en dat die Tahs nou bietjie kon rus en by die huis jol, gaan dit closer wees as wat mens dink. Ek gaan vir die upset hier… maar eks deeglik bewus daarvan dat ek waarskynlik deur die kak is. Tahs met 3 vir die upset, as die Chiefs jol soos hulle moet wen hulle met 10.
Kortbroek: Lag ek nounet my gat vir Griffin af, en as iemand my kan sê wat Skenier se pick nou actually was… Anyway, noddefok sal ek die Waratahs back nie. Dalk as hulle teen die Rebels of some ander kak span jol, dalk. Die Chiefs lyk soos trophy wenners op ‘n goeie dag en dis tyd vir Mother Nature om sake weer mooi reg te stel. Chiefs met 14.
 
Saterdag
Crusaders vs Highlanders (9:35)
there can only be one poesGriff: Die Crusaders het nog nie een game teen 'n mede-skaapnaaispan gewen nie en sover al hulle games teen ons local ouens gewen behalwe teen Sharks. Die Highlanders darenteen het nog nie eers 'n fokken kopkou onder 'n brug gewen nie, let alone 'n Super 15 match. There can only be one, and it can like to be NOT you, poes! Die Crusaders sal hierdie enetjie vat en agter die Highlanders se eiers indruk vir so 12.
Skenier: Ag nee wat, Highlanders sukkel harder as wat Lourens van der Merwe sukkel om in Engels te ref. Crusaders sal ook nie sommer twee weke in n ry so kak aanjaag nie. Tos-saders met 16.
Kortbroek: Ja-nee kyk, so graag soos ek weer die enigste poepol wil wees wat die Highlanders back, weet ek ook nou al teen die tyd dat min dinge so gevaarlik soos ‘n Crusaders span met ‘n blou oog is. Ma’a Nonu maak elke week die kakste besluite. Fokkit, ek het altyd gelove om te check hoe jol daai Mauri motherfucker, maar deesdae kos hy my net punte. Fokki Highlanders. Crusaders met ‘n solid 6.
 
Reds vs Brumbies (11:40)
Griff: Die Brumbies gaan die Reds opfok. Met ‘n 2×4 plank sonder enige varnish. Splinters all around. There is no two ways about it – al het hulle (die Brumbies) teen die Kings gedraw. Daai was nie 'n vloek gewees nie. Die Kings lyk actually of hulle kan ruggas jol in die overseas en is besig om fokken vinnig reg reg te kom. Ek gun die Brumbies vir 'n wen met so 15. Een punt vir elke enemy speler. As dit op hulle home ground was, sou dit met 25 gewees het. Die Kings het hulle aan die ballas rondgepluk om wakker te skrik, so hulle moet uithaal en wys.
Skenier:  In Klerksdorp was daar op n tyd ‘n stripklub – iets soos ‘La Chicks’ of sulke kak. Sifste girls wat jy in jou lewe sal sien. Aussie derbies het omtrent dieselfde kans om my excited te kry as wat daai grotbabers gehad het. Daai tyd, anyway. Maar sover as wat Aussie-derbies gaan, behoort dié een van die beteres van die seisoen te wees. Brumbies het met n moerse spark weggespring en toe maar heel average geraak. Reds lyk al ‘n bietjie beter. Reds met 6
Kortbroek: Fok hoe like ek dit nou om eers die ander ouens se picks te sien voor ek myne maak. Ek bid vir ‘n draw, want tussen Jake White wat redelik uitmaak, en Ewin McKenzie wat soos Naas like om op die veld te staan en coach, wil ek kots. Naas vibes is wat ek voor gaan so home team (Reds) met so 4.
 
Sharks vs Cheetahs (17:05)
Griff: Hier kom ons by die emosionele deel van die predictions. Ek like altwee spanne, so dis moeilik vir die hart om so baie kak te vreet. Beide doen tans fokken goed. Onhou jy hoe die Sharks die Rebels se piele soos filo pastry met ‘n koekroller uitgerol het?  Met 57 punte? Jirre, pappa! En daai game wat die Sharks teen die Stormers verloor het moes ook nie gebeur het nie. Die Cheetahs aan die ander kant moes tegnies gesproke ook nie die game teen die Sharks verloor het nie, maar hulle het. Dus back ek die Sharks vir ‘n wen teen die Cheetahs. En hierdie keer met 9. Nee, wag, maak dit 11 for good measure.
Skenier: Nee fokof, ek't nou genoeg hieroor gesê. Sharks met 4.
Kortbroek: Wen die Cheetahs, is ons land se conference ‘n fokkop of note. Ek tune nog altyd die Sharks het die guns om die final te wen, maar goeie bliksem, beserings naai hulle hard op die oomblik. Dan wil ek ook nie die spoedkatte jinx deur hulle weer te back nie. Donner, die is ‘n moeilike een. Ek like die feit dat Coenie start en ek like ook die Sharks Flashers. Net omdat mens nie meer by Kings Park mag braai en suip nie gaan ek vir Haaaaaaak Vrrrrrrryyyyyyyyystaaaaaaat gaan. Cheetahs met 4 want hulle verdien ‘n plek in die play-offs.
sharks hottie 
Kings vs Bulls (19:10)
Griff: Ek het mos klaar gepraat. Bulls met ‘n measly 3.
Skenier: Sê wat jy wil, maar die Kings speel met groter ballas as wat aan die average bul-supporter se towbar hang. Hulle het die ding begin as seker die mees gehate span, maar jy kan nie help om die ouens respek te gee nie. En fokkit, ek gaan nou maar sê, ek like hulle. Fok hulle management, maar die ouens wat speel try moerse. Daai toer was darem kakhard, en die Bulls het seker nou bietjie confidence weer. Bulls met 8
Kortbroek: Luke Watson v Pierre Spies. Noupraaa jy! Dink dit is die perfect finale vir die naweek se ruggas. Check, Heineken sal fokken nooit vir ou Puke kies nie en die bra weet dit, dus het hy dalk ‘n punt om te bewys. Madiba stadium gaan fooooken vol wees, so kom ons kyk maar. In Super Bru Rehab leer hulle ons om die logiese besluit te neem, so okay piele – Bulls met so 5.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekDie Beste SuperBru preview in die fokken Wêreld!

    Comments

    1. Belhamel

      Al behoort die bulle te wen, gaan ek dit like hoe Luke vir Pierre "Jelly Baby" Spies n rugby-les leer. 

    Gooi Comment