Watkykjy nuus round-up. Week 10.

In Wat is nuus? deur Vent Venter3 Eiertjies

Ja-ja, ons was bietjie laks, maar Dinsdae is vir een of ander rede fokken Maandae by Watkykjy HQ. Hopelik is die sokkies nou hoog genoeg opgetrek sodat hierdie regular feature weer kan wortel skiet. In jou broek.


Ma en haar maat val tienerseun aan met dagga en tabasco-sous
lelike lettiesRobin Rumsey (38) van Utah in die Americaz het na bewering haar tienerseun mishandel met die hulp van haar bff, Krista Miller (33). Hulle het die laaitie glo oor ‘n tydperk van twee jaar dikwels aan ‘n stoel vasgebind en hom vir tot 90 minute op ‘n slag in die donker gelos om hom te straf en hulle sou hom soms ook dwing om aan ‘n bong te suig. Hulle’t hom glo ook een keer daarvoor gestraf dat hy ‘n glasbak gebreek het deur tabasco-sous in sy oë te gooi.
 
Nou, kyk, kindermishandeling is een van die mees supremely faktap goed wat ‘n mens kan doen en enigiemand wat kinders abuse moet met behulp van ‘n warm, stomp sker gedwing word om totsiens te sê aan hul geslagsdele.
 
Maar kom ons kyk hierna. Die laaitie is ‘n tiener. Hy word vir 90 minute op ‘n slag alleen in die donker gelos – meeste tienerseuns smag na hierdie soort alleen-tyd … die storie meld egter nie of sy hand(e) en/of sy voël te styf vasgebind is om draties te kap nie, maar kom ons neem aan hy kon wel. Dan is hy gedwing om dagga te rook … fokkit, ek’s seker dis elke tienerseun se ergste nagmerrie. Hulle moes hom seker verder gestraf het deur college girls aan te stel om hom in die gesig te slaan met hul tiete. Vatso, jou ondankbare klein kak! Lek daai tepels! Lek, fok!
 
Die tabasco-sous in die oë is net kakstyle. Fok hierdie twee Lette. – NY Daily News
 
Leeu vreet vrou ná haar naaimaaitjie weghol
vetgat leeu pensie vol‘n Vrou in Zimbabwe is deur ‘n leeu doodgemaak en opgevreet ná die dier haar en ‘n man aangeval het terwyl hulle in die middel van ‘n potjie seks was in ‘n beboste gebied naby die Kariba-meer.
 
Die dapper man het blykbaar poedelkaal (buiten vir die effie) na die straat gehardloop om hulp te soek. Niemand het afgetrek nie, want jirre.
 
Dit is egter onduidelik of die man wel geskrik het vir die leeu en daarom weggehardloop het. ‘n Ongeïdentifiseerde bron wat nie bestaan nie het aan Watkykjy gesê die vrou het moontlik die leeu gesien en “Leeukop!” geskree, wat die man moontlik as ‘n belediging vir sy pielgrootte gehoor het en daarom huilend weggehardloop het. Hy voel nou seker soos ‘n poes! Hahahaha! Die poes.
 
Anyway, die cops waarsku mense daar nou om nie die kat in die donker te knyp nie, want dis donker en daar’s katte. – My Zimbabwe
 
Man probeer ‘n Shawshank uit sy eie woonstel kap, misluk
simpel fokken man‘n Vyf-en-dertig-jarige man van Estland het van sy waansinnige vrou probeer ontsnap deur by die venster van sy woonstel uit te manoeuvre.
 
“So what,” sê jy, die leser, seker, “ek doen dit elke dag en/of nag.”
 
Wel, hierdie woonstel is op die agtste verdieping, so die ou het nogal ballas. O, en hy het dit op die old school manier probeer doen – deur bedlakens aan mekaar vas te bind om daarmee te kan afklim.
 
Hy het so een verdieping gevorder voor die lakens losgeraak en hy in die algemene rigting van die grond gefok het. Gelukkig het hy in ‘n paar bosse geval en nie erg seergekry nie. Hy het aan die cops gesê sy vrou het hom toegesluit en hy wou saam met sy tjommies gaan kuier.
 
Kyk, hierdie is nie ‘n berig vir House and Home nie, maar as hierdie verslaggewer so na daardie lakens kyk, lyk dit nogal asof die vrou fokken kak smaak in lakens het. Dalk het hy haar eintlik daaroor gelos en met die lakens probeer ontsnap in ‘n daad van wrede ironie.
 
‘n Polisiebeampte het die paartjie glo aangesê om nie hul vuil wasgoed in die openbaar uit te hang nie. Die polisiebeampte het toe ‘n donkerbril opgesit en geskree “YEEEAAAAH!” voor hy weggestap het. – Daily Mail
 
Dom doos gevang ná hy lieg oor doos
dom poes‘n Getroude man van La Feria, Texas, is in hegtenis geneem nadat sy storie dat hy beroof is van sy $1 000 tax refund as ‘n pot kak uitgewys is.
 
Jesus (!) Mata Jr. het eintlik die dollars gaan blaas by ‘n strip joint genaamd Whispers, maar was te bang om sy vrou die waarheid te vertel en het toe die storie van rowers wat sy geld at gunpoint gesteel het opgemaak. Die cops het toe op die chase gegaan, maar natuurlik niemand of niks gevind nie. Toe hulle agterkom daar’s ‘n paar gate (hiehie) in die storie het hulle hom weer ondervra, en hy het toe met die hele sak patats (hiehie) vorendag gekom (hiehie).
 
Hy het glo gesê hy’t ‘n paar Bud Lights en ‘n paar lap dances gekry vir die duisend dollars. Nou, “Whispers” klink meer soos die plek waar jou niggie oor wie jy nie praat nie in die Oos-Rand strip om child support aan die pa van haar vierde kind te kan betaal as ‘n classy plek waar jy ‘n duisend dollar moet betaal vir ‘n paar biere en ‘n lap dance of twee …
 
Hoop die kool was die sous werd, Jesus. – KRGV.com

Deel met jou tjommies!

    Vent VenterWatkykjy nuus round-up. Week 10.

    Comments

    1. einafok!

      "Die dapper man het blykbaar poedelkaal (buiten vir die effie) na die straat gehardloop om hulp te soek. Niemand het afgetrek nie, want jirre."
       
      Hehehe. 

    2. Prof. Bokdrol

      Wel, as jy bietjie sal fokken ophou om 'n Fukushima te doen op WKJ HQ sal jy dalk meer tyd op hande hê, nie waar nie? Fokkit, die lewe is soooo onregverdig…sou dit nou nie net die beste blessing ooit gewees het as daai Zim paartjie wat in die bosse gespyker het Bob en Grace Mugabe was nie – en die leeu ekstra honger en lus vir seconds was nie…

    3. ekke

      Prof, ek het dieselfde gedink maar nie geweet hoe om dit mooi te bewoord nie. Daar was n moerse mengsel van woorde wat in my gedagtes op gegaan het, behalwe Bob, maar ek het aan dieselfde vereterlike ma naaiende poes gedink. Mag die leeu wat hom vreet op ons geld vir ewig word..

    Gooi Comment