RAMfest 2103 – Joburg recap.

In Fokken Main Videos deur griffin2 Eiertjies

RAMfest in Joburg was soos gewoonlik kaklekker gewees. Ons gaan nou nie ‘n in-diepte review doen nie want ‘n PC het ons ‘n vet pit gedruk direk na die festival en kak moes recover word. At least kon ons beter vaar as ons president wat nie uitmaak van recovery en retreat missions nie (CAR vibes). Om alles te kroon het 8ta tans ons broeke om die enkels en is besig met vieslike doggystyle vibes hier in die kazozpyp se omgewing.

Die international acts:

  • Bring Me The Horizon het veroorsaak dat daar slakstrepe in die voorste rye was. Kommerwekkend, want die laities het ook soos klein tienermeisies tekere gegaan, so dit was moeilik om die slakstrepe aan spesifieke eienaars te koppel. En dit vir ‘n klomp snotkoppies op stage? Toegeee, die ouens het die stage fokken uitmekaargeskeur.
  • Ons het ‘n moerse nice interview met Rise Against ook gedoen wat ons later sal drop. Gawe seuns.
  • Die weird Franse fokkers van Inspector Cluzo was ook heel entertaining. ‘n Band sonder ‘n bassist. Net twee ouens in die band wat absoluut aapkak gegaan het. “Fuck ze bass player and fuck ze French president! Ze bass player is like ze French president and fuck ze French president!” Hulle sound engineer het later darem kom handjie bysit met ‘n saxophone.

Onder die local acts het so paar dinge uitgestaan:

  • Man As Machine wat ongelukkig heeltemal te vroeg gespeel het. (Hey, iemand moes daai slot vul)
  • Jet Black Camaro wat ook eintlik ‘n band vir die donker is (het nogtans die crowd entertain)
  • Mind Assault se poes heavy weergawe van Wielie Walie en ‘n tight cover van Sepultura se Roots.
  • Van Coke Kartel se Sameswering (‘n klomp VCK tjommies wat mekaar op stage afgelos het en tot die performance bygedra het)
  • Black Cat Bones se hele fokken performace. Goeie moederlike fok! Geen wonder hulle het best live act by die MK Awards gevat nie (geluk, poeste!)
  • Beast (amper almal wou vir Inge Beckman zaber)
  • So gepraat van zaber: Jack Parow se poeshot drummer. Wag, ons gooi sommer gou ‘n klein clip van haar:


Goeie fok, dis ‘n mooi kind daai. Trou asseblief met my piel, Jade.

Anywayyy…  kom ons vertel eerder die storie verder in foto’s en ‘n video. Ons moet ons boude in elk geval weer gaan skoonmaak. 8ta raak weer besig hier by die agterstewe…

As jy daar was, check of jy jouself in die crowd kan spot. Ons het ‘n GoPro aan die stage ook vasgestrap in ‘n stadium. Fokken oulike apparaatjies. O ja, check of jy die chick wat haar tiete flash kan spot. Miskien is dit jou goose, jou niggie of jyself.

Ons het sommer ‘n Flickr stream gegooi omdat daar nie tyd was om ‘n gallery te bou nie. Hier is ‘n hele klompie world class foto’s om te check waarop jy uitgemis het. Jy beter jou fokken gat volgende jaar by RAMfest kry as jy nog nooit daar was nie.
(Foto’s deur Ingrid Swart en Henry Engelbrecht)

Deel met jou tjommies!

    griffinRAMfest 2103 – Joburg recap.

    Comments

    1. Jo Poos

      Baie kinders wat duiwel-horing handtekens maak. Ek kan voel hoe die Heilige Gees bedroef raak in my hart.

    Gooi Comment