So stil soos ‘n Stormer…

In Sport deur Kaptein Kortbroek6 Eiertjies

Dankie tog daai moerse lawaai wat ons uit die Kaap gehoor het voor laasweek se trippie Loftus toe is nou iets van die verlede. Daai windgat vibes is nou met 'n stilte vervang en ongelukkig is dit nie stilte voor 'n storm nie. Humble pie munch is piele, pappa en is op special by elke Spar in die Wes-Kaap.

Kyk nou hoe worry die Currie Cup champs, nes die Lions laasjaar, dat hulle teen die einde van die naweek steeds sonder log points kan sit. Na die week se uitstappie Shark tank toe jol hulle teen die Chiefs op Nuweland, so daar is 'n goeie kans dat die average Stormer vir so drie wekies gaan sharrafuck-up en daarvoor is ons dankbaar. Niemand like 'n bra wat brag nog voor die ref sy fluitjie geblaas het nie. Van die manne was so seker hulle gaan blou ballas braai dat hulle sonder "spice" in T-bone country opgedaag het en somehow vergeet het van daai game wat hulle in pre-season teen die Cheetahs verloor het.

Gaan check bietjie hoeveel van jou hardcore WP tjommas het die week die Sharks gepick om te wen? Dit was 'n tight toets tiepe game met Morras wat weer uitgefigure het om te skop terwyl Elton se moerse hairspray hom dalk so bietjie van balans af gegooi het.

Na die Kings se game het Griffin ook sy aansoekvorms vir die Bulls loop download. Vir Lions fans wat al jarrrrrrrrrre check hoe kak hulle span jol was dit maar 'n bitter pil om te sluk. Hulle worry ook nou heavy want daai promotion/relegation game kan dalk teen die Cheetahs of Stormers wees. O fok!

Wie sou kon raai die Cheeky se china's kan actually rugby jol? O ja, ek het dit gepick, want ek haat die Force meer as warm brannas. Al game wat ek sovêr verkeerd gehad het was die Hurricanes teen die Blues. Dink nie die Blues was so goed as wat die Canes kak was nie, maar anyway – ek weet mos fokkol. Terloops, uit so 330 Brusters in ons Duidelik pool is Korties tans negende – once bra!

Raait, nou vir die week se linkerklinker uitruk vibes en ek moet sê dat 'n Crusaders span sonder Richie McCaw net eenvoudig nie dieselfde is nie. Richie is mos op holiday – gaan check die link hieronder om 'n idee te kry hoe baie hulle hom gaan mis.

Vrydag
Blues v Crusaders (8:30)
Opsomming: Drie weke in die toernooi in en die Crusaders jol nou eers hulle eerste game. Sanzar se manne suip te veel as hulle die skedule opstel. Seriously ouens.
Voorspelling: Fokken taai een om te pick maar my gut reken Crusaders met so 4 – Die Blues was dalk bietjie lucky laasweek toe die Canes opgehou tackle het.

Waratahs v Rebels (10:20)
Opsomming: Koop 'n blik verf en kyk hoe dit droog word; dit mag dalk meer opwindend as die game wees.
Voorspelling: Een Aussie span gaan meer as die ander een opfok. Waratahs met so 10 – beserings naai tans die Rebels.

Reds v Hurricanes (12:20)
Opsomming: Amper genoeg rede om vroeg te try tjaila by die werk, but not quite. Beide spanne speel nog nie tot hul volle potensiaal nie so die kan dalk bietjie uitravel.
Voorspelling: Naas scheme altyd die tuisspan is 'n safe bet. Ek gaan die Hurricanes nog 'n kans gee. 'n Laaste kans. Canes met 4.

Saterdag
Chiefs v Cheetahs (8:35)
Opsomming: Haak Vrystaat sal moet kole gooi soos in die dae toe Naka nog gejol het. Wonderwerke gebeur soms, wie weet, dalk jol daai Goose laaitie 'n shot.
Voorspelling: Chiefs met so 15 – want duh.

Bulls v Force (17:05)
Opsomming: Die Force is about soveel van 'n Force soos ons land se weermag op die oomblik is. Ek scheme hou die Kings en boot die useless spul.
Voorspelling: Loftus gaan so bietjie leeg wees want dit is mos daai Druk hom in die Rooi party van Griffin by Arcade Empire. Bulls met 23.

Sharks v Stormers (19:10)
Opsomming: Sho sho sho, Sharks op 'n roll en Stormers met so bietjie bloed in die bêk.
Voorspelling: Eerste home game vir die Sharks. Reken hulle behoort met so ses te wen. Sal humble pie munch as ek moet.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekSo stil soos ‘n Stormer…

    Comments

    1. xkreniwp

      Die stormpoppies is nou dood stil!! Nou gaan hulle nog teen die Sharks kak, en dan die Chiefs… Gaan fokken interresant wees!! Haha

    2. Bruno

      Tyd dat die windgat stormers se bekke toegeplap word. Die skeitsregters is nie meer daar om te help nie

    3. Speensalf

      Lyk my meeste watkykjy aanhangers is daar doer ini Kaap dat die comment section so stil is.

    4. Spacedog

      Jou predictions so ver is kak. Why dont you show the 'comments' on your blog ? They are lekker funny.

    5. Werner

      Fokken awesume website mensies ons almal waardeer dit stormers is n poestoe kak span jul moet net jul website bietjie update met nuwe goed omtrent elke dag

    Gooi Comment