Pienkbroekrugby en baie suip

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Raait, so die Varsity Cup begin vandag in alle erns en ons het besluit om weer so bietjie bal te wys en so paar predictions te maak. As jy skiem jy maak uit van pienkbroekrugby, join ons Superbru pool en staan die kans om absoluut fokkol te wen. Die pool code is SuipSession en die code is petstar.
Hurry up want die games begin amper.

Wat op die spel is, is trots en dalk so bietjie bragging rights. Ons try nog om Black Label te kry om so paar kaste elke week te sponsor vir die ou wat die geel keps wen, maar vir some rede dink hulle ek gaan als self uitsuip.

Dan try ek ook vir ou Griffin convince dat die overall wenner at least saam ons op 'n Super Rugby suip session gaan, maar ons sal eers moet check wat sê sy vrou want as dit van my afhang sal ek die pool so rig dat 'n sexy cherrie wen.

Linkerbal uit, reg vir aksie hier volg my expert opinion.

Maties v UJ 17:00
Opsomming: Maties het 'n nuwe breier en UJ het hulp by daai kaalkop coach wat laasjaar nog die Lions afgerig het gekry.
Voorspelling: Daar gaan vanaand hard gesuip word in Stellies, soos altyd. Die Jozi boys mag dalk so bietjie sukkel. Maties met so 9.

Pukke v Tuks 19:00
Opsomming: Hierie Tuks laaities begin bloubul horing wys en dit kan dalk later teen hulle tel, maar vir nou behoort dit te werk.
Voorspelling:  Suip sal vir lank koning bly op die Puk, maar die rugby sukkel so bietjie deesdae. Tuks met so (gewoonlik 'n close game)

Ikey v Madibas 19:00
Opsomming: Ikeys se span lyk nie te kak nie en as hulle sometime spreiligte kry sal hulle dalk weer die kompetisie wen. Ai, die Madibas moes hulself dal eerder die Zumas noem.
Voorspelling: "Kief tackle bru" – Ja die klomp souties dra pienk voor en na die game, maar behoort steeds met so 16 te wen.

Witsies v Shimlas 19:00
Opsomming: Die new kids oppi blok teen die Vrystaters wat maar sukkel in die kompetisie.
Voorspelling: Fok, ek's nie Siener van rensburg nie, so kom ons back die jong Cheetahs met so 7.

Piele vir Sannie. Geniet die games en as jy 'n dronk cherrie by die game opchat – gebruik tog net 'n pienk konna. Fokken Once.

Kaptein KortbroekPienkbroekrugby en baie suip

Gooi Comment